Hy lui die deurklokkie en die hond se eienaar maak die deur oop en sê aan hom dat die hond in die agterplaas is.
Hy loop toe saam met die eienaar na die agterkant van die huis toe en daar sien hy ’n brak wat op ’n polletjie gras sit. Die eienaar los die drawwer daar, sodat hy self kan vasstel of die hond kan praat of nie.
“Praat jy?” vra hy.
“Natuurlik,” sê die brak.
“Dis interessant. Vertel my meer. Wat is jou storie?”
“Wel,” sê die brak en kyk hom stip in die oë, “ek was nog maar ’n jong brakkie toe ek al besef het dat ek hierdie besondere vermoë besit, en ek wou graag ’n speurder word. Maar toe kom die Departement van Buitelandse Sake van my te hore en hulle besluit ek is die volmaakte internasionale spioen. Kort voor lank stuur hulle my toe van land tot land waar ek allerhande hooggeplaastes afgeluister het sonder dat dié die vaagste benul gehad het dat ek kon begryp wat hulle sê. Sedert James Bond was daar nog nie ’n geheime agent soos ek nie. Ek was ag jaar lank ons land se waardevolste spioen. Maar toe word ek moeg daarvoor en keer ek terug om ’n fabriek te stig wat hondekos vervaardig, wat toe ook mettertyd die mees geslaagde onderneming in sy soort in die land was. Ek is selfs bekroon as die Knorrigste maar Suksesvolste Entrepreneur van die Jaar! Ek het ook ’n dierbare vrou gehad en baie jong hondjies, maar nou is ek net ’n pensioenaris, na 'n vol en opwindende lewe.”

Die kêrel slaan sy hande in ongeloof saam. Hy haas hom terug na die brak se eienaar en vra hoeveel hy vir die hond wil hê.
“R100,” sê die eienaar.
“R100?” vra die kêrel verbaas. “Hierdie hond is die grootste fenomeen wat ek nog ooit teëgekom het. Hoe op aarde kan hy vir jou slegs ’n R100 werd wees?”

“Man,” sug die eienaar, “’n mens kan nie ’n woord glo wat dié ou drommel sê nie!”