Soos die lewende Vader my gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hulle ook wat My eet, ook deur My lewe. Dit is die brood wat uit die hemel neergedaal het - nie soos julle vaders die manna geëet het en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
Eerstens: Jy het die Brood van die ewige lewe; Jesus se stukkende liggaam, die Lam wat vir jou geslag was.
In die woestyn het hulle manna geëet en gesterf; Jesus het vir hulle brood gegee en hulle het gesterf; maar sy liggaam is jou voedsel en jy sal in ewigheid nooit weer honger kry nie; die brood wat uit die hemel neergedaal het.
So sal jy ook wat Christus eet nooit sterwe nie, maar deur Hom lewe.
Danke Here, U woord sal verewig lewe en ek sal vir ewig voedsel hê. Ek sal vir altyd lewe met die liggaam van Christus en nooit honger kry nie. As ek u brood eet, kry ek wysheid en open my oë. U verfris my en gee my nuwe krag. Ek wag op U my God en Heer. Soos U deur die Vader lewe, so lewe ek deur U. Amen
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
