Monday 31 December 2018

Sunday 30 December 2018

Friday 28 December 2018

Thursday 27 December 2018

My top 3-lesse...

Johnny Hamman en Marius Uys van Slippery Spoon Kitchen en Studio sê:
*   Om mekaar en mense nooit as vanselfsprekend te aanvaar nie - geduld en empatie is ons leuse.
*   Behou geesdrif, al is jy gedaan. Dink terug aan hoe ver die projek al gevorder het.
*   Moet nooit met tweede beste tevrede wees nie. Neem gereeld "ek-tyd" om te herlaai.
(Sarie Julie 2017)

Wednesday 26 December 2018

Tuesday 25 December 2018

2018: Geseënde Kersfees ...

Die beelde wat Kersfees by 'n mens oproep, is gewoonlik aangenaam: Familie en kinders rondom ‘n kersboom, geskenke en heerlike kos. Mense wat lag en gesels en gelukkig is.

Maar, daar is ook diegene wat baie eensaam tydens dié feesseisoen is, ook in Dutoitspan-gemeente, wat nie deel in die vreugde van Kersfees nie. Christene en ook baie nie-Christene vier almal Kersfees.

Wat, na meer as 2 000 jaar, maak dat dit nog steeds só ‘n belangrike geleentheid is; 'n geleentheid sonder ‘n vervaldatum? 

Dit gaan oor ‘n Koning wat sy alles gegee het – Sy enigste Seun, Jesus Christus, wat gekom het om die wêreld te red – om ons as sondaars van ‘n ewige verderf te red . Dit is die enigste rede waarom ons Hom moet loof en prys. En in die feestyd doen ons dit deur Kersliedere te sing wat oor ‘n baie spesiale Koning gaan.

Hoe kan ek my deeltjie vir hierdie Koning doen? 

Het jy Hom lief en het jy jou naaste lief, diegene wat daagliks jou pad kruis? 

Dit is wat Hy van ons vra. Ons word opnuut gedurende die kersgeleentheid daaraan herinner om alle eer en dank aan hierdie Koning wat Sy alles vir ons gegee het, te bring. Kersfees is veel meer as geskenke, gesellig bymekaar kuier en kersliedere sing. Dink gerus daaroor na.

Die beste plek vir ons om in 2019 te wees, is in die holte van Sy hand.

Mag dit vir jou en vir jou familie ‘n mooi en 'n geseënde Kersfees wees.

A Christmas Prayer ...


Monday 24 December 2018

Sunday 23 December 2018

Kersvees - uit die oogpunt van 'n laerskoolseuntjie ...

Kersvees is die mooitste tyt van die jaar. Die meeste mense het dan vekansie, ek ook. Ons het 'n krip in die sitkamer wat Pa drie weeke voor Kersvees daar ingebring het en ek en my klein sissie kan ook help.

Baie krippe is vervelig, maar nie ons sin nie, want daar is baie oulike figiere daar in.

Ek het een keer vir Josif en liewe Jesus op die stoof gesit dat hulle nie kout kry nie, toe was dit te warm. Liewe Jesus het swart geword en Josif het ytmekaar gebars, een van sy foete het in die deeg in geskiet en dit was nie 'n mooi gesig nie. Ma was baie kwaad en gese dat nie eers die hyliges beskerm word deer my domgeit nie.

As Maria so sonder man en kind rondstaan lyk dit nie goet nie.

Maar ek het gelukkag baie figiere in my speelgoedboks en nou is Josif, donald Duck. Vir liewe Jesus wou ek Asterix vat omdat hy die enigste een is wat so klyn is dat hy in die voerbak kan pas, maar ma het gese dat liewe Jesus tog nie Asterix kan wees nie dan liewer verbrant is beter. Nou is liewe Jesus swart, maar nog steets liewe Jesus.

Agter liewe Jesus staan twee osse, 'n esel, 'n seekoei en 'n brontosaurus. Die seekoei en die brontosaurus het ek self daar ingesit, want die osse en die esel het so aleenag gelyk.

Lings van die stal kom nou net die drie wyse manne in. Een van die wyse manne het laas Kersvees geval toe Pa hom wou skoonmaak nou is hy heeltemal stikkend. Nou het ons net twee wyse manne en 'n wyse Batman.

Gewoonlik het die wyse manne baie giskenke vir liewe Jesus soos gout, wierook en pirpir of so iets. Ons sin het in plaas van gout 'n sygstokkiepapierkie wat so mooi blink. Die ander ene het prymtwak in sy hant omdat ons nie wierrook het nie, maar die prymtwak maak ook rook as mens dit aansteek. Die wyse batman het 'n pistool. Dit is nie eintlik 'n goeie giskenk vir liewe Jesus nie, maar daarmee kan hy hom teen die brontosaurus beskerm.

Agter die drie wyse manne is 'n paar rooihuid indiane en 'n glasengel. Een van die engel se voete is afgebreek, daarom sit hy nou op 'n motorviets sodat dit maklikker is vir hom. Nou kan hy met die moterviets ry as hy nie lis is vir vlieg nie. Regs van die stal het ons vir rooikappie gesit. Sy het 'n pizza en drie kaasels vir ouma saamgebring.

Ek het nie meer 'n wolf nie, nou loer daar 'n ninja tirtel agter die boom yt in wolf se plek. Daar is nie nog goet in die krip nie, want Ma het gese dis nou genoeg.

In die aant sit ons die lig aan dan lyk die krip eers regtig mooi. Ons sit om die krip en sing kersvees liekies. Pety is baie mooi maar die meeste is sommer hartseer. As 'n mens weer sien is kersvees verby en sommer die jaar ook.

Die giskenke is ytgepak en 'n mens kry niks voor paasvees nie, behalwe as jy voor die tyt verjaar.

Maar een ding is verseker: kersvees kom altyd weer.  

('n Opstel deur 'n laerskoolleerder - Kerkbode Desember 2006)

Saturday 22 December 2018

Ma Snyman en ds. Raats ...

'n Baie bekende figuur, nie net binne ons gemeentegrense nie, maar ook in Kimberley, was Ma Snyman. Sy het in Dixonplek gebly. Ek glo nie iemand het ooit haar regte naam geken nie. Vir oud en jonk, was sy net Ma Snyman. Sy was 'n onderwyseres by Dutoitspan Laerskool, in die tyd toe oom Gouwsie (mnr. HG Gouws) die skoolhoof was.

In daardie jare, 1950's, 1960's en 1970's het kinders nog gevoel as hulle nie in hulle spoor getrap het nie. Sy was 'n besondere streng vrou, maar met 'n goeie skoot humorsin. Indien een van die leerders in haar klas straf moes kry, het sy hom met 'n briefie na die skoolhoof gestuur met die volgende woorde: "Salig is hy wat arm van gees is ..." En dan moes die skoolhoof maar na goeddunke die straf uitdeel.

En terwyl ons in Dixonstraat is, gaan maak ons 'n vinnige draai by die huis van mnr. en mev. Raats. Hulle het nie ver van Ma Snyman af gebly nie. Hulle seun het vir predikant gaan leer. 'n Groot en indrukwekkende man wat bekend was daarvoor dat hy nie van wanorde in die kerk gehou het nie.

Ds. AD Raats
Voordat die diens begin, het hy vir die kinders gesê dat almal wat wil draaie loop, dit dadelik moet doen, want hy wil nie kinders hê wat tydens die diens rondloop nie. Indien daar wel een of ander dapper of ongehoorsame kind was, het hy stilgebly, en die kind met sy oë tot by die deur gevolg en as die kind terugkom, dieselfde hantering. Ouers het dus gesorg dat hulle kinders stilsit, want die feit dat die hele gemeente se volle aandag op jou kind gevestig is, was vir baie 'n verleentheid.

Hy het direk met ouers wat hulle kinders ten doop gebring het, gepraat. Hy was nie 'n man wat doekies omgedraai het nie. Hy het die verantwoordelikheid wat ouers teenoor kinders het, direk vir hulle gesê, ook dat dit jou Christelike plig en roeping is om jou kind in die vrese van die Here groot te maak. Hy was lief daarvoor om vir die ouers te sê: "Hier is julle 'marching orders.'"

Hy het tydens die eeufeesvieringe van die kerk in 1972, hier gepreek. Dutoitspan het 'n besondere plek in sy hart gehad, aangesien hy 'n gemeenteseun was, wat self as predikant die Woord verkondig het.

Your cross ...


Elke nuwe oggend ...


Friday 21 December 2018

Die poskaart met 'n uitnodiging ...

Agterkant van poskaart
Poskaarte is by die deure van die kerk uitgedeel om met die nuwe intrekkers kennis te maak. Op 'n stadium was dit die gebruik dat nuwe intrekkers by iemand se huis in die wyk waar hulle woonagtig is, bymekaar kom en sommer so die ander wykslede ook ontmoet.

Let biejie op na die telefoonnommer op die poskaart. 
Voorkant van poskaart

Dutoitspan se elektrisiën ...

Attie Daubt was een van Dutoitspan se aktiewe gemeentelede. Hy het nie net sy diakonale pligte gedoen nie, hy het sy tyd en vaardigheid tot voordeel van die gemeente aangewend. Hy het in Dyerstraat gebly, sommer stapafstand van die kerk. Hy het gesorg dat die kerk se elektrisiteit in 'n tip top-toestand is. En die tipe mens wat hy is, het hy die kerk nie 'n sent gevra vir wat hy gedoen het nie.

Sulke mense is die "lig" in ons gewone mense se lewe, veral waar beurtkrag ons deesdae gereeld aan die onmisbaarheid van goeie vakmanne herinner.     

Kimberley se hospitaalleraar met 'n passie ...

Ds. MH van der Colff
Ds. DJ Steyl was die hospitaalleraar in die vyftigerjare. Hy is opgevolg deur ds. MH van der Colff. Ds Van der Colff was 'n minsame mens vir wie dit geen moeite was om siek mense te besoek nie. Hy het op die sendingveld gearbei, was onder ander predikant op Piet Retief en voor sy aftrede het hy die pos as hospitaalleraar in Kimberley aangeneem.

Op die sendingveld het hy sy vrou, Mara, ontmoet. Sy was 'n maatskaplike werkster en het dieselfde lewenswaarde en liefde vir mense gehad as ds. Van den Colff.

Daardie jare (in die jare sestig) was daar 'n kantoor in die hospitaal vir die predikant. Hy het alle mense besoek, ongeag aan watter kerk hulle behoort het. Ds. Van der Colff was te alle tye beskikbaar vir diegene wat in geestelike nood verkeer het. Na sy besoek het hy 'n kaartjie met 'n teksversie by die pasiënt gelos.

Hy het in die hospitaalleraar se pastorie in Scannonstraat gebly. Naweke was daar altyd 'n klomp mense wat graag hulle dominee wou besoek het. Hy het 'n groot liefde vir rose gehad en sy pragtige roostuin het daarvan getuig.

Sy antwoord op die vraag of dit nie 'n uitputtende, neerdrukkende werk is nie, was sy antwoord: "Die Here het die lekkerste werk vir laaste gelos."

Griekwa Psalm


Thursday 20 December 2018

My top 3-lesse...

Lisa Carinus en Gitte Muller van FOUND.Collection sê:
* Maak nie saak hoe klein 'n saak is nie, bid daaroor. Moet nooit kortpaaie kies nie.
* Daar is altyd ruimte vir verbetering. Hou jul gedeelte visie in gedagte.
*  Moenie wag tot jy stokoud is voor jy jou drome waar maak nie... maar tydsberekening is belangrik!
    (Sarie Julie 2017)

Wednesday 19 December 2018

Leraar en kerkraad se kerswense ...

 

Met Kersfees 2018 om die draai, is dit nogal interessant om in die gemeente se geskiedenis te delf en te kyk na een van die gebruike van so ongeveer 50 jaar terug. In die laat 1960's en gedurende 1970's het die kerksraadslede hierdie boekmerkies met die handige bladsynommers van die Bybelboeke by die deure uitgedeel, net voor die kersdiens. Hierdie bladsynommers agterop die boekmerk het verwys na die 1953-vertaling van die Bybel.

In daardie jare was dit die gebruik om die Bybelboeke op die punte van jou vingers te ken. Dominees het die kinders van die kansel af aangemoedig om te sien wie eerste by die gelese gedeelte uitgekom het. Hierdie boekmerkies was baie gewild, veral onder die kinders. Die bladsynommers het hulle sommer baie vinnig op die regte spoor gesit.

God se hande ...


Tuesday 18 December 2018

Monday 17 December 2018

Sunday 16 December 2018

The Three Little Birds...

There once was a man named George Thomas, a pastor in a small New England town. One Easter Sunday morning he came to the Church carrying a rusty, bent, old bird cage, and set it by the pulpit. Several eyebrows were raised and, as if in response, Pastor Thomas began to speak: "I was walking through town yesterday when I saw a young boy coming toward me swinging this bird cage. On the bottom of the cage were three little wild birds, shivering with cold and fright. I stopped the lad and asked, "What you got there son?"

"Just some old birds," came the reply.

"What are you gonna do with them?" I asked.

"Take 'em home and have fun with 'em," he answered. I'm gonna tease 'em and pull out their feathers to make 'em fight. I'm gonna have a real good time."

"But you'll get tired of those birds sooner or later. What will you do then?"

"Oh, I got some cats," said the little boy. "They like birds. I'll take 'em to them."

The pastor was silent for a moment. "How much do you want for those birds, son?"

"Huh??!!! Why, you don't want them birds, mister. They're just plain old field birds. They don't sing, they ain't even pretty!"

"How much?" the pastor asked again. The boy sized up the pastor as if he were crazy and said, "$10?"

The pastor reached in his pocket and took out a ten dollar bill. He placed it in the boy's hand. In a flash, the boy was gone. The pastor picked up the cage and gently carried it to the end of the alley where there was a tree and a grassy spot. Setting the cage down, he opened the door, and by softly tapping the bars persuaded the birds out, setting them free.

Well, that explained the empty birdcage on the pulpit, and then the pastor began to tell this story.

One day Satan and Jesus were having a conversation. Satan had just come from the Garden of Eden, and he was gloating and boasting. "Yes, sir, I just caught the world full of people down there. Set me a trap, used bait I knew they couldn't resist. Got 'em all!"

"What are you going to do with them?" Jesus asked.

Satan replied, "Oh, I'm gonna have fun! I'm gonna teach them how to marry and divorce each other, how to hate and abuse each other, how to drink and smoke and curse. I'm gonna teach them how to invent guns and bombs and kill each other. I'm really gonna have fun!"

"And what will you do when you get done with them?" Jesus asked.

"Oh, I'll kill 'em," Satan glared proudly.

"How much do you want for them?" Jesus asked.

"Oh, you don't want those people. They ain't no good. Why, you'll take them and they'll just hate you. They'll spit on you, curse you and kill you!! You don't want those people!!"

"How much?" He asked again. Satan looked at Jesus and sneered, "All your tears, and all your blood."

Jesus said, "DONE!"

Then He paid the price.

The pastor picked up the cage he opened the door and he walked from the pulpit.

Mother Teresa ...


Saturday 15 December 2018

Your children are not your children...

(From) THE PROPHET
~ Kahlil Gibran ~

Your children are not your children.
They are sons and daughters of Life’s longing for itself.
They come through you but not from you,
And though they are with you yet they belong not to you.

You may give them your love but not your thoughts,
For they have their own thoughts.
You may house their bodies but not their souls,
For their souls dwell in the house of tomorrow,

which you cannot visit, not even in your dreams.
You may strive to be like them, but seek not to make them like you.
For life goes not backward nor tarries with yesterday.

You are the bows from which your children as living arrows are sent forth.
The archer sees the mark upon the path of the infinite,
and He bends you with His might that His arrows may go swift and far.
Let your bending in the archer’s hand be for gladness;
For even as He loves the arrow that flies, so He loves also the bow that is stable.

Build a door ...


Friday 14 December 2018

Bestaat er iets mooiers dan...

Bestaat er iets mooiers dan
iemand die je begrijp,
je niet uitlacht;
iemand voor wie jy nooit
wartaal spreekt,
die heel veel kan verdragen
van jou.

Iemand die zegt: kom,
hier is het warm -
en zijn arm om je heenslaat?
Daar gaat niets boven
Absoluut niets.

Bly kalm ...


Thursday 13 December 2018

My top 3-lesse...

Ilze Saunders - mej. Aarde Suid-Afrika 2015 sê:
*  Moenie ander volg nie, begin self dinge verander wanneer dit jou pla.
*  Glo in jouself, anders sal niemand anders nie.
*  Wees oopkop. Daar is soveel verskillende maniere waarop jy dinge kan aanpak. Onthou dat 5 + 4 gelyk is aan 9, maar so ook 3 + 6 ...

(Sarie Februarie 2015)

Wednesday 12 December 2018

Liefdes op aarde?

Wat is 'n ma?
'n Ma is 'n drukkie-mens,
'n soentjie-mens,
en ek-is-lief-vir-jou-mens.
Jou ma is 'n koningin wat jou soos 'n slaaf bedien.
Wees lief vir haar - gee haar aandag!

Wat is 'n pa?
'n Pa is jy-was-stout-mens,
ek-gaan-jou-straf-mens,
want-ek-het-jou-lief-mens.
Jou pa is 'n koning wat soos 'n slaaf vir jou werk.
Wees lief vir hom - gee hom 'n druk!

Wat is 'n broer?
'n Broer is 'n gee-terug-my-goed-mens,
want-ek-gaan-jou-klap-mens.
Jou broer is soos 'n prins. Hy sal jou altyd red.
Gee hom 'n soen!

Wat is 'n suster?
'n Suster is 'n klikbek-mens,
'n toemaar-troos-mens,
maar ook 'n vriendin-mens.
Jou suster is soos 'n prinses. Sy sal jou altyd bystaan.
Gee haar 'n roos.

Wat is 'n vriendin?
'n Pragtige mens wat jy baie na aan jou hart dra.
'n Vriendin en 'n deel-mens.
'n Luister-mens, maar ook 'n seermaak-mens.
Jou vriendin is soos 'n roos. Gee haar gereeld water.
Koester daardie vriendskap.

Wat is jy?
Jy is 'n pragtige mens, 'n liefde-mens,
en ek-kan-alles-doen-mens.
'n Ek-is-hartseer-en-ek-is-bly-mens.
Jy is... 'n spesiale mens!
Baklei dikwels onnodig met jouself en kla onnodig oor jouself.
Gee jouself 'n klap en 'n soen!

Wat is God?
God is Hy-sonder-wie-ons-nie-kan-of-wil-lewe-nie.  
Gos is Hy-wat-ons-anker-in-die-lewe-is.
God is Liefde.
Gee vir God ... jouself!
(Oorgeneem)

It takes a strong person ...


The 5 R's


Tuesday 11 December 2018

Monday 10 December 2018

Three ways to teach your child...

There are only three ways to teach your child-
The first is by example,
The second is by example,
The third is by example!
(Albert Schweitzer)

Your goal ...


Sunday 9 December 2018

Admire your parents...

It is more important that children admire their parents, than it is for parents to admire their children.
(Anonymous)

Wat gee ek hierdie Kersfees vir Jesus?

Een van ons gereelde lesers, Marguerite Pienaar, deel hierdie treffende dagstukkie van Milanie Vosloo met ons - juis omdat Kersfees om die draai is. Almal is naarstiglik op soek na geskikte geskenke vir familie en vriende - geskenke wat beïndruk, maar darem nie 'n duik in jou bankbalans maak nie. Ons hardloop van winkel tot winkel op die wysie van Jingle Bells, terwyl ons die tafelversierings en spyskaart oor en oor in ons gedagtes verander.

"Saam met die koop van kersgeskenke, wonder ek wat ek hierdie Kersfees vir U kan bring. 'n Goudblink toegedraaide pakkie vol  ... wat?"

As ons die kernvraag van Kersfees saam met Milanie lees, stuit dit ons in ons spore en draai dit vir dae in ons kop, want is hierdie kersinkopies nie 'n gejaag na wind nie?

Die antwoord lê in die treffende gebed opgesluit.

Gebed:

Hier staan ek
met leë hande:
Al wat ek het, is my
gelapte gedagtes,
krom woorde
en gebroke hart.

Sal U dit asseblief neem
en omtower in
'n sneeuwit lewe
toegedraai in suiwer kristal
waarin u heerlikheid
die heeljaar weerkaats?

Hier staan ek, Jesus.
Neem my."

Saturday 8 December 2018

Three shifts...

Most homes nowadays seem to be on three shifts:
Father is on the night shift.
Mother is on the day shift
and the children shift for themselves...

You paint with the colours of your soul ...


Friday 7 December 2018

Die beste versorging...

Die beste versorging wat 'n pa vir sy kinders kan gee,
is om hulle ma lief te hê -
en om naas die Here - haar eerste te stel in sy lewe.
(Francois Hanekom)

The greatest advice ...


Thursday 6 December 2018

My top 3-lesse...

Karen Smit - adjunk-voorsitter van OKOSA se konsultant-forum vir gestremdes sê:
*   My toekennings kom nie naby die wonder van ma-wees of liefde van my man nie.
*   Moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie, enigiets kan in 'n oogwink verander.
*   Wees doelbewus dankbaar vir elke dag wat jy opstaan en asemhaal.

     (Sarie Februarie 2015)

Wednesday 5 December 2018

A salad without dressing...

Love is an attitude of the will, not a state of the emotions!
The right feelings can follow the right actions!

Marriage without novelty is like a salad without dressing.

(W Lederer)


You can't change the beginning ...


Tuesday 4 December 2018

Martin Luther...

Let the wife make the husband glad to come home,
and let him make her sorry to see him leave.

(Martin Luther)

'n Tweede kans ...


Monday 3 December 2018

Musiekjuwele ...

Mev. AR van der Westhuizen het vir baie baie jare op dié musiektydskrif ingeteken. Vanaf die laat 1920's tot die laat 1940's. Die kwaliteit van hierdie tydskrif is baie goed, veral as die ouderdom van die tydskrifte in ag geneem word. Hierdie maandelikse tydskrif is dwarsdeur die Tweede Wêreldoorlog gedruk en oor die wêreld heen versend. 'n Mens wonder onwilllekeurig of hierdie Amerikaanse tydskrif per skip of per vliegtuig versend is.
Hier is 'n paar foto's van die buiteblaaie van die tydskrifte. Mev. Van der Westhuizen het hierdie tydskrifte vir Alda gegee toe sy en haar man Strand toe verhuis het en nou het dit hulle regmatige plek gekry by haar wêreldberoemde kleindogter, wat tans 'n professor in musiek aan die UOVS is.

Die Etude was 'n Amerikaanse tydskrif wat deur Theodore Presser (1848 - 1925) begin is. Die eerste tydskrif is in Oktober 1883 gedruk en die Theodore Presser Maatskappy het voortgegaan om hierdie gespesialiseerde tydskrif uit te gee tot 1957. Tans is die 1930 - 1940-uitgawes so R554,65 werd, afhangende van die toestand van die tydskrif.

Mev. Van der Westhuizen het ook haar eie "biblioteek" gehad. Dit was vir haar belangrik dat haar musiekleerders op hoogte van die komponiste se lewens moes wees. Daarom het sy elke week vir haar leerders 'n boek gegee om te lees en dan moes hulle vir haar die storie vertel. Hierdie agtergrondskennis van die komponiste was volgens haar broodnodig om die musiek beter te verstaan.

 
 
 
 
 
 
 
 


'n Goddelike opdrag...

Jy tree eendag uit jou beroep -
Jy tree uit die aktiewe diens van ouerskap -
maar jy tree nooit af uit jou huwelik nie.
Jou huweliksverhouding bly 'n Goddelike
werkopdrag tot en met jou dood.

(Francois Hanekom)

U liefde is meer werd ...