Friday 21 December 2018

Dutoitspan se elektrisiën ...

Attie Daubt was een van Dutoitspan se aktiewe gemeentelede. Hy het nie net sy diakonale pligte gedoen nie, hy het sy tyd en vaardigheid tot voordeel van die gemeente aangewend. Hy het in Dyerstraat gebly, sommer stapafstand van die kerk. Hy het gesorg dat die kerk se elektrisiteit in 'n tip top-toestand is. En die tipe mens wat hy is, het hy die kerk nie 'n sent gevra vir wat hy gedoen het nie.

Sulke mense is die "lig" in ons gewone mense se lewe, veral waar beurtkrag ons deesdae gereeld aan die onmisbaarheid van goeie vakmanne herinner.