Friday 21 December 2018

Kimberley se hospitaalleraar met 'n passie ...

Ds. MH van der Colff
Ds. DJ Steyl was die hospitaalleraar in die vyftigerjare. Hy is opgevolg deur ds. MH van der Colff. Ds Van der Colff was 'n minsame mens vir wie dit geen moeite was om siek mense te besoek nie. Hy het op die sendingveld gearbei, was onder ander predikant op Piet Retief en voor sy aftrede het hy die pos as hospitaalleraar in Kimberley aangeneem.

Op die sendingveld het hy sy vrou, Mara, ontmoet. Sy was 'n maatskaplike werkster en het dieselfde lewenswaarde en liefde vir mense gehad as ds. Van den Colff.

Daardie jare (in die jare sestig) was daar 'n kantoor in die hospitaal vir die predikant. Hy het alle mense besoek, ongeag aan watter kerk hulle behoort het. Ds. Van der Colff was te alle tye beskikbaar vir diegene wat in geestelike nood verkeer het. Na sy besoek het hy 'n kaartjie met 'n teksversie by die pasiënt gelos.

Hy het in die hospitaalleraar se pastorie in Scannonstraat gebly. Naweke was daar altyd 'n klomp mense wat graag hulle dominee wou besoek het. Hy het 'n groot liefde vir rose gehad en sy pragtige roostuin het daarvan getuig.

Sy antwoord op die vraag of dit nie 'n uitputtende, neerdrukkende werk is nie, was sy antwoord: "Die Here het die lekkerste werk vir laaste gelos."