Sunday 23 December 2018

Kersvees - uit die oogpunt van 'n laerskoolseuntjie ...

Kersvees is die mooitste tyt van die jaar. Die meeste mense het dan vekansie, ek ook. Ons het 'n krip in die sitkamer wat Pa drie weeke voor Kersvees daar ingebring het en ek en my klein sissie kan ook help.

Baie krippe is vervelig, maar nie ons sin nie, want daar is baie oulike figiere daar in.

Ek het een keer vir Josif en liewe Jesus op die stoof gesit dat hulle nie kout kry nie, toe was dit te warm. Liewe Jesus het swart geword en Josif het ytmekaar gebars, een van sy foete het in die deeg in geskiet en dit was nie 'n mooi gesig nie. Ma was baie kwaad en gese dat nie eers die hyliges beskerm word deer my domgeit nie.

As Maria so sonder man en kind rondstaan lyk dit nie goet nie.

Maar ek het gelukkag baie figiere in my speelgoedboks en nou is Josif, donald Duck. Vir liewe Jesus wou ek Asterix vat omdat hy die enigste een is wat so klyn is dat hy in die voerbak kan pas, maar ma het gese dat liewe Jesus tog nie Asterix kan wees nie dan liewer verbrant is beter. Nou is liewe Jesus swart, maar nog steets liewe Jesus.

Agter liewe Jesus staan twee osse, 'n esel, 'n seekoei en 'n brontosaurus. Die seekoei en die brontosaurus het ek self daar ingesit, want die osse en die esel het so aleenag gelyk.

Lings van die stal kom nou net die drie wyse manne in. Een van die wyse manne het laas Kersvees geval toe Pa hom wou skoonmaak nou is hy heeltemal stikkend. Nou het ons net twee wyse manne en 'n wyse Batman.

Gewoonlik het die wyse manne baie giskenke vir liewe Jesus soos gout, wierook en pirpir of so iets. Ons sin het in plaas van gout 'n sygstokkiepapierkie wat so mooi blink. Die ander ene het prymtwak in sy hant omdat ons nie wierrook het nie, maar die prymtwak maak ook rook as mens dit aansteek. Die wyse batman het 'n pistool. Dit is nie eintlik 'n goeie giskenk vir liewe Jesus nie, maar daarmee kan hy hom teen die brontosaurus beskerm.

Agter die drie wyse manne is 'n paar rooihuid indiane en 'n glasengel. Een van die engel se voete is afgebreek, daarom sit hy nou op 'n motorviets sodat dit maklikker is vir hom. Nou kan hy met die moterviets ry as hy nie lis is vir vlieg nie. Regs van die stal het ons vir rooikappie gesit. Sy het 'n pizza en drie kaasels vir ouma saamgebring.

Ek het nie meer 'n wolf nie, nou loer daar 'n ninja tirtel agter die boom yt in wolf se plek. Daar is nie nog goet in die krip nie, want Ma het gese dis nou genoeg.

In die aant sit ons die lig aan dan lyk die krip eers regtig mooi. Ons sit om die krip en sing kersvees liekies. Pety is baie mooi maar die meeste is sommer hartseer. As 'n mens weer sien is kersvees verby en sommer die jaar ook.

Die giskenke is ytgepak en 'n mens kry niks voor paasvees nie, behalwe as jy voor die tyt verjaar.

Maar een ding is verseker: kersvees kom altyd weer.  

('n Opstel deur 'n laerskoolleerder - Kerkbode Desember 2006)