Tuesday 4 January 2022

Saturday 1 January 2022

2022-wense


Dutoitspan-gemeente bid vir jou toe: die Here se Genade, Liefde, Vrede, Sorg, Beskerming, Voorsiening en alles wat jy & dié naaste aan jou, hierdie nuwe jaar nodig mag kry.
Mag Hy in Sy Goedheid jou omvou in Sy Omgee-Liefde, jou gebede & diepste hartsbegeertes verhoor, jou beskerm en elke dag in jou behoeftes voorsien.
En mag jy die genade ontvang van daaglikse gehoorsaamheid aan Sy volmaakte Wil en altyd die beste gebruik maak van élke geleentheid (Ef 5:16) tot Sy eer om ook jou roeping in Sy Diens met dankbare, bevoorregte erns, daagliks uit te leef.