Tuesday, 6 October 2026

Mandjie Hoop: As jy ...

As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes. 

Monday, 5 October 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Die Here is voor jou om die pad gelyk te maak.
Die Here is langs jou om jou hand vas te hou.
Die Here is agter jou om die Bose te verslaan.
Die hand van die Here is onder jou om jou te dra as jy swak is en jou op te help as jy val.
Die Here is rondom jou om jou te beskerm.
Die Here is bokant jou om jou te seën.
Die Here is binne-in jou, want Hy lei jou deur sy Heilige Gees.
Die Here is vir jou, want Jesus pleit vir jou.
Die Drie-enige God is by jou, van nou af tot in ewigheid.
Amen.

Sunday, 4 October 2026

Flitsgedagte: 'n Stukkie hemel

Mossiestilte: 2 Sam. 16:9

Maar die koning sê: Wat het ek met julle te doen seuns van Serúja? As hy vloek, en as die Here aan hom gesê het: Vloek Dawid! Wie mag dan vra: Waarom maak jy so?

Die satan versoek jou om te reageer op sy aanvalle; om sodoende jou aandag van die Here af te trek.
Maar wat as die Here die bose toelaat om jou te vloek, of aan te val soos vir Job? 
In beide gevalle is dit goed om eers stil te bly en te sien watter uitkomste die vloek het.
Dit mag meerendeels goeie gevolge vir jou hê. As dit Satan is, weerstaan hom en hy sal van jou wegvlug. Toon geen vrees en vertrou God, om die vloek om te draai of niks te kan uitrig.
As dit die Here is wat dit toelaat sal Hy sy soewereine krag tot stand laat kom. 
Hoe dit ook al sy: Daar sal van alles goeie dinge vir jou na vore gebring word, om jou tot voordeel te wees en God te verheerlik.

Dankie Here en God, vir u goedheid wat U oor my wil uitstort elke dag. Daagliks staan ek op deur u genade. Ek staan op u woord wat my beskerm van elke bose mag. Ek het klaar u geregtigheid. Ek het klaar u genade. U het vir my guns en krag en wysheid gegee om in oorwinning op te tree. My verwagting is van U. U sal my nooit alleen los nie en my nooit begewe nie. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Oesmaande: Oktober

Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring
of Sondae in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Saturday, 3 October 2026

Kerkgenotjies: ’n Senior moment

’n Bekende vrou (kom ons los maar die naam!) vertel van ’n senior moment: ’n Paar jaar gelede het ek na afloop van ’n vergadering in ’n hotel desperaat na my motorsleutels gesoek. Hulle was nie in my handsak nie. ’n Vinnige soektog in die lokaal het ook niks opgelewer nie. 

Skielik het ek besef dat ek hulle in die motor gelos het. Waansinnig het ek na die parkeerplek gestorm. 
 
My man was al by tye baie kwaad omdat ek die sleutels in die aansitter los. My teorie is die beste plek om sleutels nie te verloor nie, is om hulle in die aansitter te los. My man se teorie is dat die motor gesteel kan word. Toe ek deur die deur van die parkeergarage bars, het ek tot 'n skrikwekkende gevolgtrekking gekom. Sy teorie was reg. Die parkeerplek was leeg! 

Ek het dadelik die polisie gebel. Ek het hulle van my ramp vertel en bely dat ek die sleutels in die motor gelos het en dat dit gesteel is.  

 Toe het ek die moeilikste oproep van almal gemaak: “My liefie,” het ek gestamel, ek noem hom altyd “my liefie” in tye soos hierdie. “Ek het my sleutels in die motor gelos en dit is gesteel.”  

Daar was ’n paar oomblikke van stilte. Ek het gedink dat ek die oproep verloor, maar toe hoor ek sy stem. “Maak jy dalk ‘n grap?” blaf hy, “ek het jou afgelaai!” 

Nou was dit my beurt om stil te bly. Na ’n rukkie sê ek skaam:  “Wel, jy kan my nou maar kom haal.” 
Hy antwoord: “Ek sal, sodra ek hierdie polisieman kan oortuig dat ek nie jou motor gesteel het nie!” 

Friday, 2 October 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 22 - Vrydag)

4.5.5 Jesus se lewe was volkome aan die wil van God toegewy (Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God) 

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.5.5 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 5: Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God 
Dag 5: Jesus se lewe was volkome aan die wil van God toegewy — ware aanbidding is ’n lewe wat Hom gehoorsaam. 

Lees: Heb. 10:5–10 


Oordink: 
Wat beteken Jesus se volmaakte gehoorsaamheid aan God se wil vir my eie bereidheid om my lewe aan Hom toe te vertrou?
 
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Ons lewens is soos kombuisvloere ...

Ek was vanoggend die kombuisvloer en 'n gedagte neem vorm in my kop. 

Is ons lewens nie maar soos kombuisvloere nie? 
* Ons word gewas, want ons is vuil.
* Soms is ons nog "nat" en terwyl ons nat is, stap iemand oor ons pad en los 'n modderspoor, en God kom en was ons weer skoon. 
* Maar soms los ons die vloer vuil en ons laat toe dat baie meer vuil ingetrap word en eendag dan gaan ons op ons knieë en dan vra ons Jesus, was my Lewe Skoon, en die harde mop word ingespan en die ou vuilgoed word afgeskrop en die trane rol en die pyn is groot maar die vloer kom skoon. 
* Dan word dit jou keuse - ‘n keuse of jy die vloer gaan skoon hou en of jy gaan toelaat dat die vuil spore weer ingetrap word.
* Maar wees nie bekommerd, want wanneer jy die vloer weer laat vuil word, draai Jesus die Krane van Genade weer oop en Hy skrop jou weer skoon. So groot is Sy genade en die ammoniak wat uit Sy woord vloei en jou ontsmet en skoon was, maar wees gewaarsku, as jy die emmer nie vol hou en die waslap byderhand hou en op die knieë gaan en "was" nie, gaan nog vuil voete oor jou vloer trap ...

Wees geseënd ... wees nederig ... wees dankbaar ... en onthou ... 
Jou Bybel is jou onuitputlike bron van skoonmaak ... 
Moenie jou botteltjie cleaner in die kas bêre, toegemaak vir die vuilste vloer of vuilste bak skottelgoed nie, haal dit gereeld uit en maak elke dag skoon ... elke dag Bybel lees ... elke dag bid ... elke dag vertrou op Jesus, want Hy is by jou elke dag.

[Aangestuur]

Terugblik: Ons stel voor ...

Baie welkom aan die persone wat met bewys van lidmaatskap oorgekom het na hierdie gemeente. Die kerkraad nooi u hartlik uit om dadelik in te skakel by die werksaamhede van hierdie gemeente - word 'n aktiewe lidmaat wat groei in u Geestelike Lewe. Ons het so baie name ingeskryf in die lidmaatregister, en tog is die bywoning van die eredienste en bidure nie altyd 'n getroue weerspieëling van ons lidmaattal nie. Skakel asseblief in en word so deel van die kern van hierdie gemeente. 'n Groeiende gemeente het aktiewe lidmate.

Na die verwelkoming volg die name van 12 lidmate wat van ander gemeentes en dorpe gekom het.
 

[Uit: Dorstfontein NG Gemeente Dutoitspan Maandblad Oktober 1986]

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Thursday, 1 October 2026

Statistiek: 725 000 gewaardeerde e-kuiergaste

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 22 - Donderdag)

4.5.4 Aanbidding vra soms ’n werklike prys. (Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God)
 
Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.5.4 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 5: Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God 
Dag 4: Aanbidding vra soms ’n werklike prys. 

Lees: 2 Sam. 24:19-25 


Oordink: 
Wat sien jy in jou lewe as die grootste prys wat van jou gevra word? 
Is jy bereid om dit te betaal?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Dink hieroor: Tiendemaand

Nie wat ons aan God GEE nie, 
maar wat ons van Hom TERUGHOU, 
dit maak ons arm. 

Oktober-verjaardae

Wednesday, 30 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 22 - Woensdag)

4.5.3 Christus is groter as alles wat ons prysgee. (Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God)
 
Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.5.3 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 5: Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God 
Dag 3: Christus is groter as alles wat ons prysgee. 

Lees: Fil. 3:3–11 


Oordink: 
Hoe beïnvloed Paulus se voorbeeld jou verstaan van wat werklik waarde het binne God se koninkryk?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp


Kom kuier gerus saam met ons om 11:00!

Mossiestilte: Joh. 5:11

Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.

Die Here wil jou verlos van die aardse ding waarop jy vertrou het.
Hy wil jou vrymaak van dit wat jou in gevangeneskap gehou het.
Van vandag af moet jy die nuwe lewe wat Christus oor jou uitgespreek het, oor jou uitspreek in sy groot en Heilige Naam.
Jesus maak jou gesond, sodat jy heilig met Hom kan lewe en jou Godgegewe doel suksevol kan bereik

Almagtige Vader, ek bely dat Jesus my gesond gemaak het en vry van die sondelas wat 'n binding in my lewe was. Ek is nou vry in die Heilige Gees. Laat u Naam, Jesus, vir ewig verheerlik word. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 29 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 22 - Dinsdag)

4.5.2 Ware lewe word gevind deur selfverloëning. (Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.5.2 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 5: Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God 
Dag 2: Ware lewe word gevind deur selfverloëning. 

Lees: Mat. 16:24–26 

Oordink: 
Hoe help Jesus se woorde jou om ware lewe te verstaan as deelname aan God se groter doel (plan) eerder as die behoud van jou eie?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Mandjie Hoop: Moenie oordeel nie

Moet my NIE oordeel
op die HOOFSTUK van my lewe
waarop jy instap
en my beter leer ken nie.
Hierdie is nie wie ek is nie,
want Jesus is nog nie
klaar met my NIE.

Monday, 28 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 22 - Maandag)

4.5.1 Geloof word sigbaar wanneer ons gee wat kosbaar is. (Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God)
Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.5.1 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 5: Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God 
Dag 1: Geloof word sigbaar wanneer ons gee wat kosbaar is. 

Lees: Gen. 22:1–14 


Oordink: 
Stap saam met Abraham teen die berg op. 
Wat openbaar hierdie reis oor vertroue in God?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

En Ek sal hulle en die plekke rondom my heuwel tot 'n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees.
Esegiël 34:2

Sunday, 27 September 2026

Flitsgedagte: Mededeelsaamheid

Mossiestilte: Ps. 93:14

Omdat hy my liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm omdat hy my Naam ken.


God het jou eerste liefgehad. Met sy oorweldigende liefde het Hy jou gedra tot 'n liefdes verhouding met Jesus.
Die Here is jou Redder en sal niks ontsien om jou te help en te red van die bose nie.
Omdat jy sy Naam dra en Hom ken, wil Hy jou beskerm.

Dankie, Here, vir u genade en barmhartigheid, wat my liefde vir U laat groei. Dankie vir u redding daagliks. Ek ken u Naam, daarom is my verwagting van U; U guns en u goedheid sal my lei al die dae van my lewe, en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Hoe groot is U my God

Hoe groot is U goedheid, 
wat U gebêre het vir dié wat U vrees, 
wat U berei het vir dié wat by U skuil, 
voor ons teëstanders!
In die skuilplek van U teenwoordigheid 
verberg U ons vir die samesweringe 
en listige planne van mense. 
U hou ons in die geheim 
in 'n skuiling teen die twis van talle mense.

Wat is ware liefde?
Ware liefde VERSTAAN.
Ware liefde VERGEWE.
Ware liefde HELP ander.
Ware liefde gee ERKENNING.
Ware liefde GENEES.
Ware liefde INSPIREER.
Ware liefde sien net die BESTE in ander.
WARE liefde fokus nie op die negatiewe nie.
Ware liefde manipuleer nooit.
Ware liefde BESKERM.
Ware liefde gee HOOP.
Ware liefde REIK UIT.
Ware liefde GEE graag.
Ware liefde stel VRY.
Ware liefde LUISTER.
Ware liefde stel opreg BELANG.

Hoekom is liefde so KRAGTIG? 
Want ... GOD IS LIEFDE!

Oesmaande: September

Ons help tans 20 behoeftige gesinne met kospakkies.
Enige bydrae - klein of groot - is opreg welkom.
Ons vra dat elke lidmaat,
indien dit enigsins moontlik is,
om wanneer jy kruideniersware koop,
ietsie ekstra te koop.
Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring
of Sondae in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Saturday, 26 September 2026

Kerkgenotjies: Vyf ringe plus twee

Vraag: Hoeveel ringe ontvang 'n vrou van haar man? 
Antwoord: Vyf.
Die eerste wanneer sy met hom begin uitgaan - 'n vriendskapsring.
Die tweede is die verloofring.
Die derde die trouring.
By die geboorte van hul eersteling volg die bewondering.
En wanneer hy doodgaan, kry sy die versekering.
Vraag: Wat kry hy?
Antwoord: Twee.
Eers die trouring.
Dan die ontnugtering. 

[Bron: Finansies & Tegniek, 29 September 1995]

Friday, 25 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 21 - Vrydag)

4.4.5 Hoop en dankbaarheid hou geloof lewendig. (Verheerliking as verhouding en reaksie)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.4.5 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 4: Verheerliking as verhouding en reaksie 
Dag 5: Hoop en dankbaarheid hou geloof lewendig. 

Lees: Klaagl. 3:18–26 

Oordink: 
Het jy al situasies ervaar waar jy sonder hoop was? 
Indien wel, het dit jou dankbaarheid en aanbidding beïnvloed? 
Wat sou gelowiges te doen staan tydens sulke ervarings?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Is ons gereed om ons Skepper te ontmoet?

Marthie van der Merwe vertel:

Ek ry kerk toe (soos gewoonlik) en natuurlik alweer laat. Toe ek 8h55 by die kerk se hek kom, staan 'n broer met 'n clipboard. Ek draai my ruit af. "Jammer, maar jy kan nie ingaan nie. Ons het die 500 kapasiteit bereik."

Ek ruk my dadelik op, want ek is deel van die orkes en my man is immers die voorsitter en ek is elke week in die kerk.

Maar sy woorde bly dieselfde: "Jammer jy's te laat! Jy kan nie ingaan nie."

En skielik is dit soos yskaswater oor my. Sien ek die Engel met die rol in sy hand (en die vers kom in my gedagtes "Nie almal wat vir my sê Here, Here sal die koninkryk binnegaan nie. Jy's te laat jy kan nie ingaan nie."

Wat as ek nou my oë in die ewigheid oopgemaak het? Wat as ek voor die Hemelpoorte gestaan het? Wat as die basuin geblaas het en my lampie was nie vol olie nie? Jammer helaas te laat!

Dit gaan dan nie saakmaak hoeveel Sondae of Saterdae ek in die kerk was, of op watter raad ek gedien het nie, of watter musiekinstrument ek vir die kerk bespeel het nie.

Wat wel gaan saakmaak:
- Is my naam geskryf in die Boek van die Lewe?
- Het ek 'n verhouding met die God van die Hemel en Aarde?
- Is ek gereed?

Hoe verskriklik was daardie werklikheid!

Daar was niks wat ek kon doen nie. Ek moes maar verleë omdraai in my kar en terugry huis toe.

* En die werklikheid is ... 
* Dis my eie toedoen ...
* As ek agterbly, sal dit ook my eie toedoen wees ...

When I stand on that great Judgement morning ... I'LL FACE NOBODY'S RECORD BUT MY OWN.

Is ons gereed om ons Skepper te ontmoet?

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Verjaardagwense

Thursday, 24 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 21 -Donderdag)


4.4.4 Aanbidding groei uit persoonlike ervaring van redding (Verheerliking as verhouding en reaksie)

Klik HIER en kyk na die video.

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.4.4 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 4: Verheerliking as verhouding en reaksie 
Dag 4: Aanbidding groei uit persoonlike ervaring van redding. 

Lees: Ps. 116:1–19 

Oordink: 
Is daar vir jou ʼn verband tussen geloofsekerheid en aanbidding?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Dink hieroor: Die dief

'n Man het na die mark gegaan met sewe muntstukke in sy sak. Langs die pad het hy 'n bedelaar teëgekom en hom ses van die geldstukke gegee, terwyl hy een vir homself gehou het.

In plaas van dankbaar te wees, het die bedelaar die goeie man agtervolg, hom oorval, en die sewende geldstuk ook gesteel.

Wat 'n gemene ellendeling! Wat 'n lae skurk!

Ja?

En sou jy, aan wie God ses dae gegee het om te werk en te ontspan, die sewende dag ook wil steel? 

'n Gesprek met spyt

(deur die ONS GOUE JARE-redaksie)

Hy was laat.

Natuurlik was hy laat.

Ons het al amper die ligte afgeskakel toe die deur stadig oopgaan. Geen dramatiese aankoms nie. Geen selfversekerde glimlag nie. Net ’n skraal figuur met ’n ou jas, skoene vol stof, en ’n hoed wat te laag oor sy oë getrek is.

Hy het gaan sit.

Nie regop nie.

Kop onderstebo. Skouers ingetrek. Hande styf gevou, asof hy bang is iemand herken hom.

Jy is laat.

SPYT: Ek is altyd laat.

Dis seker hoekom jy SPYT genoem word?

SPYT: Ja. Ek kom selde vroeg genoeg om iets te verander.

Hy kyk nie op nie.

Waar kom jy vandaan?

SPYT: Van mense se stil kamers af. Van hospitaalbeddens. Van grafte waar mense ná die tyd praat. Van kinders wat wens hulle het meer gevra. Van ouers wat wens hulle het meer geluister. Van mense wat jare lank gewerk het vir dinge wat nie kon terugpraat nie.

Jy klink moeg.

SPYT: Ek dra swaar. Mense dink ek is net ’n gevoel. Ek is nie. Ek is ’n argief. Ek dra sinne wat nooit gesê is nie. “Ek is jammer.” “Ek vergewe jou.” “Kom ons begin weer.” “Ek is lief vir jou.” “Ek was verkeerd.” Daardie sinne word soms te laat in my sakke gestop.

Besoek jy net gewone mense?

Vir die eerste keer lig hy sy kop effens. Nie genoeg om ons in die oë te kyk nie, maar genoeg dat ons sy stem duideliker hoor.

SPYT: Nee. Ek het al by groot mense ook gesit. Bekendes. Leiers. Rykes. Mense wie se name in boeke staan. Mense wat applous gekry het. Mense wat miljoene bereik het, maar nie altyd hul eie kinders bereik het nie.

En wat sê hulle gewoonlik?

SPYT: Hulle praat min oor titels. Min oor pryse. Min oor geld. Hulle praat oor tyd. Oor verhoudings. Oor ’n huis wat vol mense was, maar leeg van aandag. Oor ’n kind wat grootgeword het terwyl hulle besig was om belangrik te wees.

Hy glimlag flou, maar daar is geen vrolikheid daarin nie.

SPYT: Op die einde vra min mense: “Hoekom het ek nie nog meer vergaderings bygewoon nie?” Hulle vra eerder: “Hoekom het ek nie daardie Sondag saamgegaan nie?” “Hoekom het ek nie gebel nie?” “Hoekom het ek gewag?”

Is dit die grootste spyt - tyd?

SPYT: Tyd is een van hulle. Maar tyd is net die houer. Die ware spyt is wat mense nie daarin gesit het nie.

Soos?

SPYT: Sagtheid. Waarheid. Moed. Vergifnis. Geloof. Teenwoordigheid. Mens dink mos altyd daar sal nog ’n geleentheid wees. Nog ’n Kersfees. Nog ’n kuier. Nog ’n kans om reg te maak. Ek leef van daardie “nog”.

Daar is ’n lang stilte.

Buite beweeg die wind teen die venster. Binne sit SPYT soos iemand wat al te veel einde-van-die-pad-gesprekke gehoor het.

Jy het geloof genoem. Hoekom?

SPYT vou sy hande stywer.

SPYT: Omdat ek dikwels daar is wanneer mense besef hulle het hul siel laaste op die lys gesit. Hulle het planne gehad vir aftrede, vir geld, vir eiendom, vir vakansie, vir gesondheid - maar nie altyd vir God nie.

Dis ’n swaar ding om te sê.

SPYT: Ek weet. Daarom sê ek dit sag. Maar sag beteken nie onwaar nie.

Hy sluk swaar.

SPYT: Party mense wag tot die lewe hulle stilmaak voordat hulle begin luister. Hulle het deur die jare gevoel iets roep, maar hulle het dit uitgestel. “Later,” het hulle gesê. “Eendag.” “Wanneer ek tyd het.” Maar geloof is nie ’n ornament vir die einde van die lewe nie. Dit is lig vir die pad.

En jy? Jy sit hier kop onderstebo. Jy praat oor almal anders. Maar sê my, SPYT…

Hy beweeg nie.

Waaroor is jý spyt?

Vir die eerste keer kyk SPYT op.

Sy oë is nie kwaai nie. Net oud. En hartseer.

SPYT: Ek is spyt dat mense my so laat ontmoet.

Die vertrek word stil.

SPYT: Ek is spyt dat ek dikwels eers kom wanneer berou nie meer ’n gesprek kan red nie. Wanneer liefde nie meer hardop gehoor kan word nie. Wanneer ’n graf die enigste luisteraar is.

Hy haal diep asem.

SPYT: Maar die grootste spyt?

Hy kyk na die vloer.

SPYT: Ek gaan nie hemel toe nie.

Wat bedoel jy?

SPYT: Spyt gaan nie hemel toe nie. Spyt is te laat. Spyt dra die smaak van gemiste genade. Maar berou kan hemel toe gaan. Vergifnis kan. Geloof kan. ’n Mens wat omdraai, kan.

Sy stem raak sagter.

SPYT: Dit is waaroor ek spyt is: dat mense dink ek is genoeg. Hulle sê: “Ek is spyt,” maar hulle gaan nie verder nie. Hulle vra nie vergifnis nie. Hulle maak nie reg nie. Hulle draai nie terug na God toe nie.

So spyt is nie die antwoord nie?

SPYT: Nee. Ek is net die klop aan die deur. Berou maak die deur oop. Genade nooi jou in.

Hy staan stadig op. Weer soos iemand wat nie lank op een plek bly nie.

Gaan jy nou?

SPYT: Ja. Daar is altyd iemand wat my roep.

By die deur draai hy om.

SPYT: Maar sê vir julle mense: moenie wag vir my nie. Bel vandag. Vergewe vandag. Bid vandag. Maak reg vandag. Sê vandag wat gesê moet word.

Toe is hy weg.

Laat gekom.

Stil gegaan.

Maar hierdie keer, miskien, nie te laat nie.


[Aangestuur deur Valerie - dankie!]

Wednesday, 23 September 2026

Statistiek: 699 000 gewaardeerde e-kuiergaste

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 21 - Woensdag)

 4.4.3 God se genade wek lof en vertroue. (Verheerliking as verhouding en reaksie)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.4.3 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 4: Verheerliking as verhouding en reaksie 
Dag 3: God se genade wek lof en vertroue. 

Lees: Rom. 5:1–11 


Oordink: 
Wat sou jy sê is die verband tussen sondebesef, vergifnis, dankbaarheid, lof en aanbidding?
 
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Mossiestilte: ‘n Bybel wat in jou hart gebêre is, is meer werd as ‘n dosyn in jou tas.

Die Bybel is: 
* die reisiger se padkaart, 
* die pelgrim se staf, 
* die loods se kompas, 
* die soldaat se swaard, 
* die Christen se landkaart, 

'n Myn van rykdom, 
'n Paradys van heerlikheid en
'n Rivier van genot. 
Met die Here se Woord as die Lig, kan ‘n mens selfs in die donker tye en plekke van die lewe met vreugde reis.
1Tim 4:13 
"Totdat Ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering."

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp


Kom kuier gerus saam met ons om 11:00!

Tuesday, 22 September 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 21 - Dinsdag)

4.4.2 Liefde vir God lê aan die wortel van ware aanbidding. (Verheerliking as verhouding en reaksie)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.4.2 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 4: Verheerliking as verhouding en reaksie 
Dag 2: Liefde vir God lê aan die wortel van ware aanbidding. 

Lees: Deut. 6:1–9 

Oordink: 
Kan emosies soos byvoorbeeld vrees, verwondering en ontsag of selfs gewoonte ook lei tot ware aanbidding? 
Kan my persoonlike ervaring en beskouing van God ʼn rol speel?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Mandjie Hoop: Onthou die ses geheime van geluk

1. Maak jou hart skoon van haat.
2. Werp al jou bekommernis op Hom, want Hy sorg vir jou.
3. Leef eenvoudig.
4. Gee meer.
5. Verwag minder
6. Geniet elke dag ten volle - in Jesus-liefde.

Gebed: O Here, U is so getrou. Van die dag van my geboorte af, kyk U na my. Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar! Ek sien, hoor, kan dink en redeneer, gesels en lag. En as daar 'n traan is, is U daar om te troos. U is groot en magtig. Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en 'n pragtige deel is vir my afgemeet. Dankie Vader, elke dag is vol van U genade; en dit is alles onverdiend. Bly by my, o Heer - nou en altyd. Amen.

Monday, 21 September 2026

Gaan leef dit uit wat jy in die kerk hoor ...

'n Persoon skryf 'n brief aan 'n tydskrif en kla dat dit vir hom geen sin meer maak om kerk toe te gaan nie.

Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kannie een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek". 

Die brief is in die tydskrif gepubliseer en 'n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg op die artikel geantwoord het: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daardie etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie, sou ek vandag geestelik dood gewees het. "

Wanneer jy af is, is God besig met iets! 

Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die onmoontlike! 

Dank God daagliks vir ons fisiese en geestelike voeding.

[Aangestuur]

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 21 - Maandag)

4.4.1 Dankbaarheid vorm die hart van aanbidding. (Verheerliking as verhouding en reaksie)
 
Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.4.1 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 4: Verheerliking as verhouding en reaksie 
Dag 1: Dankbaarheid vorm die hart van aanbidding. 

Lees: Ps. 100:1–5 


Oordink: 
Hierdie Psalm wys daarop dat dankbaarheid die ‘brandstof’ is van ons aanbidding – dink jy daar is ook ander motiewe vir aanbidding?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...


Die Here sal jou seën en jou behoed; 
die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; 
die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Numeri 6:24-26

Sunday, 20 September 2026

Internasionale Alzheimer-dag: 21 September

Septembermaand is Alzheimer-maand. Kom ons vergewis ons wat dit behels en reik uit na ons bure, familie of vriende wat elke dag Alzheimer in die gesig moet kyk, omdat dit dalk een van hulle ouers of grootouers se noodlot is.     

Die amptelike wêreldwye tema vir 2026 is deur Alzheimer's Disease International (ADI) vasgestel as:
"The Earlier You Know, The More You Can Do: A Dementia Diagnosis Matters." 

In Suid-Afrika moedig organisasies soos Alzheimer's South Africa (ADASA) gesinne aan om vroeë waarskuwingstekens van demensie te herken, vrees te oorkom en vroegtydig mediese hulp te soek. ’n Vroeë diagnose help om vinniger toegang tot behandeling, ondersteuningsnetwerke en beplanning vir die toekoms te kry.

'n Mens weet nooit wanneer hierdie geheuedief aan jou deur kom klop nie.

Flitsgedagte: Positiewe gedagtes

Oesmaande: September

Ons help tans 20 behoeftige gesinne met kospakkies.
Enige bydrae - klein of groot - is opreg welkom.
Ons vra dat elke lidmaat,
indien dit enigsins moontlik is,
om wanneer jy kruideniersware koop,
ietsie ekstra te koop.
Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring
of Sondae in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Mossiestilte: Ps. 128:1-2,4

1. Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in sy weë wandel!
2. Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
4. Kyk so sal sekerlik geseën word die man wat die Here vrees.

Jy wat die Here vrees, Hy wil jou seën vandag, selfs as jy gaan slaap, en sal jy wakker word met seën van die Here oor jou.
Jou huis sal geseënd wees, jou kinders sal geseënd wees.
Vrede sal oor jou huis die wag hou.
Dit sal goed gaan met jou en jy sal die vrug van jou hande eet.

Here, my Almagtige God, dankie vir die vrede oor my huis en my kinders. Dankie, Here, vir my vrou en die vrug van haar liggaam, wat 'n seën is vir ons en om ons tafel. Ek sal die voorspoed van Jerusalem aanskou, terwyl U my seën vanuit Sion. Dit gaan goed met my, want U het my uitverkies om in u guns te mag deel. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]