Showing posts with label Basaaridees. Show all posts
Showing posts with label Basaaridees. Show all posts

Sunday, 1 June 2025

Basaar 2025: 'n GROOT DANKIE uit die hart!

Basaar 2025 is iets van die verlede. 'n Uit-die-hart-Dutoitspan-dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat só hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Vrydag en Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het.

Ons waardeer julle.
Soli Deo Gloria!!

Sunday, 27 April 2025

Basaarinspirasie

Klik HIER vir idees vir die basaar!!

Monday, 6 May 2024

Basaar 2024: 'n GROOT DANKIE uit die hart!

'n Dankie klink so min, maar dit kom diep uit die hart. Dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat só hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het. 

Die gewillige hande wat Vrydag al die tente opgeslaan het en die tafels reggeskuif, het nie ongesiens verby gegaan nie. En hierdie selfde vlytige werkers het Saterdagmiddag die terrein opgeruim en reggemaak en mooi gemaak. Ons waardeer dit baie.

Ons is só dankbaar dat 2024 se basaar tot op hede 2023 s'n oortref. Die finale bedrag sal eers later beskikbaar wees.  
Klik HIER vir 2024-foto's.

Sunday, 30 July 2023

Basaar 2023: 'n DANKIE uit die hart!

Dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat só hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het. Ons waardeer dit baie. 
Klik HIER vir foto's.

Friday, 28 July 2023

Basaar: 29 Julie 2023 - sien jou daar!

Kom geniet Saterdag, 29 Julie, saam met jou bure, vriende en familie. Ons kuier in, om en agter Dutoitspan Kerksaal! Kom koop heerlike braaivleis en gee jouself Saterdagaand af! Viva basare!

Monday, 24 July 2023

Dankfees: 29 Julie 2023

Kom besoek gerus die beroemde Disneyland teen 'n baie bekostigbare prys. Die wisselkoers is uitstekend en geen paspoorte en toustanery is nodig nie ... 'n Een maal in 'n leeftyd geleentheid vir alle kinders. Een van die vele celebs vir die dag is Mickey Mouse wat spesiaal vir die kinders gaan kom sing en dans - hierdie is die hoogtepunt van 'n baie spesiale kuier!

Gee vroulief die naweek af en kom koop 'n heerlike ete saam met poeding om die gesin te bederf. Bring jou vriende en bure saam. 

Waar: Dutoitspan-gemeente, Dyerplek, Beaconsfiel, Kimberley
Wanneer: Saterdag, 29 Julie 2023

SIEN JOU DAAR!!

Friday, 21 July 2023

Dankfees: 29 Julie 2023

29 Julie is om die draai en so ook die kerk se jaarlikse dankfees. Ons benodig jou hulp, betrokkenheid en bydraes, onthou ... daar is selfs 'n tafel vir die wit olifante in jou huis. Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.

Donasies kan gedurende kantoorure afgegee word by die kerkkantoor.

Friday, 14 July 2023

Friday, 7 July 2023

Basaar: 29 Julie 2023 - raak betrokke!

29 Julie is om die draai en so ook die kerk se jaarlikse dankfees. Ons benodig jou hulp, betrokkenheid en bydraes, onthou ... daar is selfs 'n tafel vir die wit olifante in jou huis. Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.

Donasies kan gedurende kantoorure afgegee word by die kerkkantoor.

Thursday, 15 June 2023

Saturday, 25 June 2022

Onthou: 30 Julie - die dankfeesdatum!

Klik HIER vir oulike en goedkoop idees!

Thursday, 16 April 2020

Slim plan hoe om jou basaarkoekies 'n langer lewe te gee ...

Gaan loer gerus na vorige jare se basaar foto's. Klik slegs op die betrokke jaar. Stuur gerus vir ons foto's as jy êrens in die laai nog het.

Basaar: foto's van 1969 - 1975

Basaar 2010

Basaar 2012

Basaar 2015

Basaar: blink idees!

Saturday, 13 July 2019

Op soek na 'n paar basaaridees?

Op soek na iets nuuts ... iets anders? Besoek gerus ons basaarbladsy.

Wednesday, 3 July 2019

Oor 'n maand ...

Oor 'n maand vier Dutoitspan sy dankfees. Nooi solank die bure, vriende en familie! Kontak vir Elsa by die kerkkantoor vir meer inligting!

Saturday, 28 July 2018

Die nederige toiletrol, kan geld laat inrol ...

Gaan kyk gerus na die honderde idees wat daar is om toiletrolle en die plastiese bottel te herwin. Trek dit 'n vrolike baadjie aan en sit dit dan op die lekkergoedtafel. Min kinders loop verby 'n kreatiewe lekkergoedhouer. Mooi boodskappies laat selfs die grootmense twee keer kyk. Maak 'n draai hier vir nog idees. Daar is nog so 'n paar dae oor, voor ons agter ons tafels moet staan! Lekker werk!

Thursday, 26 April 2018

Basaar: Idees vir die lekkergoedtafel...

Katelyn Marais saam met haar juweel-juffrou,
Christine Pretorius!
Met die basaar op hande, is dit nodig dat ons gaan kers opsteek by "kenners" - die eintlike klante van hierdie vrolike tafel. Katelyn Marais, 'n bekkige 4-jarige deel haar lekkergoedidees met ons. En uit "ondervinding" weet sy dat dit werk... Sy het dit immers eerstehands ondervind tydens hulle entrepreneursdag by die skool. Kliek hier vir nog idees!

Saturday, 5 September 2015