Showing posts with label Genoeg. Show all posts
Showing posts with label Genoeg. Show all posts

Tuesday, 17 February 2026

Mandjie Hoop: Om God te kies, is om:

• Ewige lewe te kies
• Volkome liefde te beleef
• Genade te ontvang
• In Sy voorsiening te leef
Dis nie altyd maklik nie, maar dit’s altyd die moeite werd.
* KIES WYSLIK. 
* KIES VIR GOD.
Wat jy vandag saai in geloof, 
sal jy môre in seën oes!

Tuesday, 10 February 2026

Mandjie Hoop: Konstante krag ...

Jou geloof is nie 'n eindpunt wat jy moet bereik nie;
dis 'n reis van genade wat elke oggend nuut begin.
Laat ons vashou aan hierdie wete:
ons is nooit alleen op hierdie pad nie,
en Sy liefde is die konstante krag wat ons vorentoe dra.

Tuesday, 3 February 2026

Mandjie Hoop: Psalm 116:7

"Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen:"

Vrees en angs het 'n vreemde manier om in ons harte en lewens in te kruip.
Maar ons moet onsself herinner aan hoe God in die verlede vir ons onderneem het.
Getrouheid is deel van Sy karakter en Hy bly getrou.
So 'keer terug na jou rus', vind weereens jou vrede en veiligheid in Hom.

Gebed: Vader, as ek nadink oor hoe U my gehelp en goed vir my was, kan ek net verheug wees en in U vertrou. Ek sal in U rus en op U vertrou. Amen.

Tuesday, 20 January 2026

Mandjie Hoop: Hier is 'n pleister vir jou hart

Mag jy altyd  ...
... genoeg GEDULD hê om jou dierbaar te maak.
... genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak.
... genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak.
... genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te maak.
... genoeg VRIENDE hê om jou te troos.
... genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe.
... genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van more te laat uitsien.
... genoeg GELOOF om jou swartgalligheid af te weer.
... genoeg WILSKRAG om elke dag ′n beter dag as gister te maak.

Tuesday, 28 October 2025

Mandjie Hoop: Mag jy altyd ...

genoeg GEDULD hê om jou dierbaar te maak
genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak
genoeg VREUGDE hê om die sonskyn met ander te deel
genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak
genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te hou
genoeg VRIENDE hê om jou te troos
genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe
genoeg DANKBAARHEID hê om jou seëninge te deel
genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van môre te laat uitsien
genoeg GELOOF hê om jou staande te hou in vandag se lewe vol uitdagings
genoeg WILSKRAG hê om elke dag 'n beter dag as gister te maak!

[Dankie, Rosetta]