Showing posts with label Jeremia. Show all posts
Showing posts with label Jeremia. Show all posts

Sunday, 15 March 2026

Mossiestilte: Jer. 33:11b

Bring lof aan die Here, die Almagtige want die Here is goed. Sy liefde en trou hou nooit op nie!


Hierdie vers staan uit teen die agtergrond dat God weer die Israeliete sal herstel. Maar weens hulle sondes, sal hulle eers na Babel verban word vir 70 jaar.
Die Here is in die herstelperiode. Sy Seun het reeds die prys betaal vir die sonde van die mensdom.
Kom daagliks tot bekering en laat jou lei deur die Heilige Gees, want daar sal weer opgewekte liedere gesing word om hul dankbaarheid aan die Here te bewys.

Here, baie dankie vir u genade om ons weer te herstel. U planne werk altyd uit ten spyte van my sondige natuur. Ek wil U loof en dank vir u goedheid wat van die ewigheid is; U planne van die voortyd. U liefde is so omvangryk en U wil die hele mensdom red en ewig in u koninkryk en rykdom laat leef. U Naam moet geloof en verheerlik word tot in ewigheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 10 September 2025

Mossiestilte: Jer. 32:27

Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir my te wonderbaar wees?

Kyk vir 'n oomblik weg van jou dag se probleme wat vir jou wag, en sien die God van in vlees.
Sal hierdie God jou vlees wil vernietig? Nee, maar Hy het die vlees met sy begeerlikhede kom oorwin met sy soendood. 
Dit is die Here jou God; in staat om jou te verlos van die vlees, wat Satan misbruik, om jou te probeer oortuig dat jy met jou vlees kan doen wat jy wil.
God het jou vlees geskape vir sy heerlikheid soos hy alles geskape het.
Niks is vir Hom te wonderbaar nie; Hy kan jou vleeslike begeertes ook bystaan en voorsien om dit te versorg. 

Dankie, o Here my God, U het lankal voorsien vir my vlees. U het my gees herstel en my geregverdig voor die Vader. Na alles wat ek aan U en my medemens gedoen het, kom U my steeds nog haal om by U te wees. Daagliks voorsien U in my behoeftes, in my huwelik, my werk, my kinders en my liggaam. U is Almagtig en verhewe, groot is u Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Thursday, 17 July 2025

Dink hieroor: Hoe begin jy jou dag?

Kyk na die Bybelse voorbeelde, put inspirasie hieruit en leef dit daagliks:

● ​​Moses sou sê: "Here, as U nie saam ons vooruit gaan nie, laat ons dan net hier bly."
● ​​Abraham sou sê: "Die Here sal voorsien."​​
● ​​Jakob sou sê: "Ek sal U nie laat gaan, totdat U my geseën het nie"​​
● ​​Josua sou sê: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."​​
● ​​Samuel sou sê: "Spreek Here, U dienskneg luister."​​
● ​​Nehemia sou sê: "Die blydskap in die Here is my beskutting."​​
● ​​Dawid sou sê: "Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie"​​ en "Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons juig en bly wees."​
● ​​Salomo sou sê: "Vertrou die Here met jou hele hart en leun nie op jou eie insigte nie, in alles wat jy doen maak dit bekend aan die Here en Hy sal jou paaie gelyk maak."​​
● ​​Jesaja sou sê: "Staan op, word verlig want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou" en "Geen wapen wat teen jou gesmee word sal iets uitrig nie."​​
● ​​Jeremia sou sê: "Die Here het planne om my voorspoedig te maak en sal my nie teleurstel nie."​​
● ​​Jabes sou sê: "Dat U my sal seën en my grondgebied vermeerder"​​
● ​​Sadrag, Mesag en Abednégo sou sê: "Ons buig voor geen beeld nie, maar ons sal die Here dien"​​
● ​​Esegiël sou sê: "Enige droë bene in my lewe, sal weer lewe"

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie inspirasie met ons deel.]

Sunday, 14 July 2024

Mossiestilte: Jeremia 17:7-8


Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te ...

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 2 June 2024

Mossiestilte: Jer. 31:25

Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

Die Here wil ook jóú siel vandag verkwik en weer krag gee en oprig. Dit is die wil van God dat al sy kinders verkwik sal wees sodat sy Naam verheerlik kan word. God wil jou versadig met sy goedheid en wil sy barmhartigheid aan jou gee vandag. Berei jouself voor om aan tafel te sit met God se spys wat Hy vir jou voorberei het.

Here, U is wakker oor my, om my weer op te bou en weer te plant in u goedgunstigheid. My verwagting is van U en ek weet U het my deur u liefde en genade verlos van die bose en aan my die oorwinning gegee deur Jesus Christus. As ek moeg van bekommernisse is, sal U my weer vrede gee en my siel verkwik. Ek soek U koninkryk en u geregtigheid. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Monday, 8 July 2019