Showing posts with label Koos du Plessis. Show all posts
Showing posts with label Koos du Plessis. Show all posts

Sunday, 30 November 2025

Kerslied: Somerkersfees

1. Welkom o stille nag van vrede,
Onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die verlede
Oor sterrevelde ruis.

2. Hoor jy hoe sag die klokke beierin eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.

3. Voel jy ook nou Sy warm liefde
As ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
Ons grootste Kersgeskenk.

KOOR
Kersfees kom, Kersfees kom -
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.

* Die eerste twee verse is deur Koos du Plessis (1945-1984)) geskryf in 1971 en die derde deur Jannie du Toit in 2001.

[Klik HIER om na 'n video te kyk. Bron: HIER ]

Monday, 28 July 2025

Gebed van Koos du Plessis

Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het u my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.
Lei my Heer vanaand daarheen.

- Koos du Plessis - 10 Mei 1945 tot 15 Januarie 1984 -

[Bron: HIER]

Monday, 23 December 2019

Stille nag van vrede ...

Welkom‚ o stille nag van vrede‚
onder die suiderkruis‚
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue oue taal.
Kyk selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk‚
toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
ons grootste Kersgeskenk.
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Amen

(Koos du Plessis – 1971‚ strofes 1-2 & Jannie du Toit – 2001‚ strofe 3)
(Lied 358‚ Liedboek van die Kerk)