Monday, 28 July 2025

Gebed van Koos du Plessis

Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het u my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.
Lei my Heer vanaand daarheen.

- Koos du Plessis - 10 Mei 1945 tot 15 Januarie 1984 -

[Bron: HIER]