Maar ek - op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.
Vertrou op God, die een wat jou opgewek het, nadat Hy oor jou die wag gehou het deur die donker nag.
Hy wil vandag jou heil wees.
God wil aan jou goed doen, want dit is wie Hy is en dit is wat God doen van die skepping af; alles wat God gedoen het, was goed.
Laat jou hart bly wees, vol met vreugde; begroet God met dankbaarheid.
Here, vanoggend roep ek U aan, want U sal vir my goed doen, omdat U goed is. Here, wie is soos U onder die gode. U is my Skepper en U het my herskep, omdat ek U verlaat het. Ek wil sommer vroeg u Naam besing met lof en juig oor u getrouheid. U het alles reeds vir my vooruit beplan vir die dag. Omdat U leef, sien ek kans vir vandag. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]