Vandag sal God jou red uit die hand van die bose, nie oor jou geregtigheid nie, maar sy geregtigheid.
God sal jou verlos van jou vyand omdat jy na God se hart handel.
God se Gees is in jou en Hy het jou met sy krag omgord.
Kap die hoof van jou vyand af vandag met sy eie swaard deur die kragtige werking van die Heilige Gees.
Heilige Gees van God die Vader, ek verwelkom U in my lewe en ek weet U sal my beskerm teen die bose, wat God en sy slagordes uitdaag. Soos Dawid nederig onder die koning gebly het, wil ek nederig onder my Koning Jesus bly. Ek het reeds die oorwinning en die vyand kan niks aan my doen nie. Heilige Gees, U is in my, soos die klip in die slingervel. In u outoriteit stap ek vandag die lewe met oorwinning in en sal die vyand verslaan in Jesus Naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]