Showing posts with label Troos. Show all posts
Showing posts with label Troos. Show all posts

Tuesday, 11 November 2025

Mandjie Hoop: Troos

Troos bestaan nie uit 'n vloed van woorde nie.
Troos is 'n milde salf op diep wonde.
Troos is 'n onverwagte oase in 'n groot woestyn,
wat jou weer laat glo aan die lewe.

Thursday, 9 October 2025

Dink hieroor: In ons kitssamelewing ...

In ons kitssamelewing 
waar alles só vinnig herstel 
of liewer vervang word, 
is daar nie 'n kitsoplossing vir seer nie. 
Baie mense troos jou met die woorde dat tyd genesing bring - 
miskien is dit waar ... vir sommiges ... 
Die enigste tydelike heling, 
is jou herinneringe. 
Die herinneringe wat jy oor jare bymekaar gemaak het
en gekoester het.
Daardie herinnering is 'n pleister vir die seer.  

[Anoniem]

Thursday, 4 April 2019