Showing posts with label Covid-19. Show all posts
Showing posts with label Covid-19. Show all posts

Wednesday, 29 July 2020

How Are We to Live With The Coronavirus

Below is the writer C.S. Lewis’s response to the question, “How Are We to Live in an Atomic Age?”

The question was posed in 1948 by millions of panicked Americans, who firmly believed they were about to be blown to bits by an atom bomb. Imagine if C.S. Lewis was alive today, and been asked instead, “How are we to live with a novel coronavirus?” As you read his 300-word answer, simply replace the words "atomic bomb," with "coronavirus." I hope it brings as much perspective and peace to your life as it does to mine.

“On Living in an Atomic Age” (1948)

“How are you to live in an atomic age? Why, just as you would have lived in the sixteenth century when the plague visited London almost every year, or as you would have lived in a Viking age when raiders from Scandinavia might land and cut your throat any night; or indeed, as you are already living in an age of cancer, an age of syphilis, an age of paralysis, an age of air raids, an age of railway accidents, an age of motor accidents.

In other words, do not let us begin by exaggerating the novelty of our situation. Believe me, dear sir or madam, you and all whom you love were already sentenced to death before the atomic bomb was invented: and quite a high percentage of us were going to die in unpleasant ways. We had, indeed, one very great advantage over our ancestors—anaesthetics; but we have that still. It is perfectly ridiculous to go about whimpering and drawing long faces because the scientists have added one more chance of painful and premature death to a world which already bristled with such chances and in which death itself was not a chance at all, but a certainty.

This is the first point to be made: and the first action to be taken is to pull ourselves together. If we are all going to be destroyed by an atomic bomb, let that bomb when it comes find us doing sensible and human things - praying, working, teaching, reading, listening to music, bathing the children, playing tennis, chatting to our friends over a pint and a game of darts - not huddled together like frightened sheep and thinking about bombs. They may break our bodies, but they need not dominate our minds."
C.S. Lewis

Saturday, 25 July 2020

Die media bombardeer en ons kla ...

Dink 'n bietjie hieroor!

Ons het in die gewoonte verval om te kla - ons kla oor alles by almal wat 'n gewillige oor leen en sodoende dra ons by tot die donker gemoedstoestand wat oral sigbaar is. Covid-19 het hierdie kla-gewoonte van ons aangevuur tot hoër hoogtes. Miskien is dit tyd om versigtiger met ons woorde en klagtes om te gaan. Die media bombardeer mense met negatiwiteit oor alles - die nuus van die dag. En ons herhaal die nuus wat almal reeds van kennis dra. 'n Bose kringloop. Kom ons breek hierdie gewoonte en ons hou op kla, veral oor onbenullighede, soos die dra van 'n masker, die sosiale afstand, die weer, die swak diens, ens. Daar is mense tussen ons wat deur erger trauma gaan en enige tyd plekke sou wou ruil.

Die mense wat weet sê 'n mens moet elke dag 10 dinge op papier neerskryf waaroor jy dankbaar is. (Skryf dit sommer in 'n oefeningboek en blaai aan die einde van die jaar terug om jou te herinner aan al die goeie dinge wat gedurende die jaar met jou gebeur het.)

Die keuse is in jou hande. Jou gesindheid teenoor die pandemie is in jou hande. Moenie dat hierdie keuse deur die media beïnvloed word nie. Wees waaksaam, wees stil en weet wie die Here is.

Hy is nog altyd in beheer ...

Saturday, 4 July 2020

Besembos-kind

Hier waar ons vandag is, Here, lewe ons so koes-koes onder die besembosse deur. Nes Elia. Ons weghardloop-wegkruip-oomblikke lyk net so ‘n klein bietjie anders as die besembos van die Bybel.

Ons vlug vandag onder ons besembos in terwyl ons stil-stil 'n masker dra, en hoop alles gaan sommer net weg. Ons vlug onder ons besembos in wanneer ons hart se mens 'n lê-plekkie in die hospitaal kry, en ons nie daar naby mag gaan nie. Ons vlug onder ons besembos in wanneer ons werk sy deure toemaak en ons wonder waar ons geld gaan kry om deur môre te kom. Ons vlug onder ons besembos in wanneer ons ons jongste op die skool se sypaadjie agterlaat, klein en alleen, net met 'n masker en voetspoortjie wat hom wys waar hy moet staan. Ons vlug onder ons besembos in wanneer die virus sy kloue in ons huwelik inslaan, wanneer ons baklei, sommer net omdat ons almal bang en onseker is. Ons vlug onder ons besembos in wanneer ons na ons hartsmense daar ver verlang ...  Ja, Here, ons vlug na ons besembosse toe as ons magteloos staan teen elke plaasaanval, elke stukkie geweld in hierdie land.

Ons besembosse lyk dalk ‘n klein bietjie anders as die Bybel se besembos. Daardie besembos het blare en takke gehad - ons vlug na die veiligheid van ons eie hart, daar waar niemand ons kan sien en seermaak nie. Ons raak stil, raak sommer net weg sonder dat iemand dit agterkom.  Ons besembosse lyk dalk ‘n klein bietjie anders, maar dit pla U nie, want U is steeds dieselfde God.

U weet van die plek waar ons wegkruip vir die wêreld. U stap nooit verby ‘n besembos nie. Nee, Here. As een van U kinders verward en stukkend onder ‘n besembos gaan lê, is U die Een wat stil-versigtig die takke wegskuif, U hand sag op ons skouer lê en stil vir ons sê: “Kom, eet iets, anders gaan die pad vir jou te lank word.” En wanneer U ons versorg het, vir ‘n rukkie langs ons gesit het en seker gemaak het ons het genoeg krag vir die pad wat voor ons lê, stap U stil saam met ons verder.

En iewers êrens op hierdie woestynpad, Here, is dit U wat sag vir ons vra: “Wat maak jy hier ...?” En dan borrel dit so deurmekaar soos Elia se woorde daar in die besembos-woestyn ... dan vertel ons vir U van die stukkend nadat ons kind doodgegaan het, van die onsekerheid en angs oor ons werk wat toemaak, van ons bekommerd-wees oor die finansies, die kinders, die skool. Van ons hartseer oor 'n geliefde wat in ICU lê. Dan vertel ons vir U van die verlang na ons hart se mense, van ons wakker-lê elke nag.  En wanneer ons klaar vir U vertel het, Here, is dit U wat stil langs ons sit en ons rustig maak. Vir ons weer en weer wys dat U groter is as die bos en die woestyn in ons lewe.

Wanneer ons klaar vir U vertel het, is dit U wat stil weer vir ons die pad wys wat ons moet verder loop, nes destyds vir Elia.

Dankie dat U nie skrik vir ons besembosse nie, Here.
Dankie dat U nooit ‘n besembos mis of sommer net ongeërg verbyloop nie.
Dankie dat U kinders se besembosse vir U saakmaak.
So baie saakmaak dat U nie omgee hoe lank U by ‘n besembos moet stilstaan nie.
Solank die een wat onder die bos lê, net weet dat U daar is en dat U nie gaan weggaan nie.
Nooit gaan weggaan nie.
Dis vir U belangrik, Here.
Dankie dat U geduldig is, ook met my, U besembos-kind.

1 Kon. 19

[Baie dankie, Christelle Hattingh dat jy hierdie besondere stukkie met ons deel.]

Asemhaal-moontlikhede

Dalk kan hierdie wenke vir iemand tot waarde wees, of
dalk aan die dink sit waar daar nog spaarmoontlikhede is.
[Dankie, ds. Ensie vir hierdie gedagte.]









Sunday, 14 June 2020

Tegniese probleme

Weens tegniese probleme is daar ongelukkig
geen opname om op die blog te laai nie.


Tuesday, 28 April 2020

Die kerk in die gemeenskap ...

Klik op die prent om beter te kan lees.






 

Dagstukkies vir die jongere geslag ...

30 dagstukkies wat jy op jou eie kan deurwerk. Dankie vir diegene wat hierdie boekie aanlyn beskikbaar gestel het. Die boekie is in OneDrive gestoor. So klik op die skakel en gee kans dat dit oopmaak. Laai dan gerus die boekie af. Klik HIER!!

Beskikbaar: Handreinigers

Daar is 'n ernstige vraag na handreinigers - veral met skole wat begin en sommige besighede wat kan oopmaak na die grendeltyd.

Hier is 'n aanbod - dit is beskikbaar ook in groot hoeveelhede.

Pryse: 5 liter @ R550, 750ml @ R120, 500ml @ R90.

Kontakpersoon: Meisie Opperman 0834611892

[As jy jou eie houer bring vir handreiniger, dan kry jy R20 afslag.]