Saturday 25 July 2020

Die media bombardeer en ons kla ...

Dink 'n bietjie hieroor!

Ons het in die gewoonte verval om te kla - ons kla oor alles by almal wat 'n gewillige oor leen en sodoende dra ons by tot die donker gemoedstoestand wat oral sigbaar is. Covid-19 het hierdie kla-gewoonte van ons aangevuur tot hoër hoogtes. Miskien is dit tyd om versigtiger met ons woorde en klagtes om te gaan. Die media bombardeer mense met negatiwiteit oor alles - die nuus van die dag. En ons herhaal die nuus wat almal reeds van kennis dra. 'n Bose kringloop. Kom ons breek hierdie gewoonte en ons hou op kla, veral oor onbenullighede, soos die dra van 'n masker, die sosiale afstand, die weer, die swak diens, ens. Daar is mense tussen ons wat deur erger trauma gaan en enige tyd plekke sou wou ruil.

Die mense wat weet sê 'n mens moet elke dag 10 dinge op papier neerskryf waaroor jy dankbaar is. (Skryf dit sommer in 'n oefeningboek en blaai aan die einde van die jaar terug om jou te herinner aan al die goeie dinge wat gedurende die jaar met jou gebeur het.)

Die keuse is in jou hande. Jou gesindheid teenoor die pandemie is in jou hande. Moenie dat hierdie keuse deur die media beïnvloed word nie. Wees waaksaam, wees stil en weet wie die Here is.

Hy is nog altyd in beheer ...