Showing posts with label Doop. Show all posts
Showing posts with label Doop. Show all posts

Monday, 25 August 2025

Doopsondag: Die doop is 'n genadeverbond

Ons as gemeente het Sondagoggend, 24 Augustus 2025, gedeel in die genade en vreugde om God se Woord te kon hoor en die doop van Azalia Natal te kon beleef wat deur ds. Ensie Enslin waargeneem is.

Die doop is die teken wat ons sekerheid gee van God se verbond van genade met ons en Jes 43:1 is as tekvers gegee: "MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!"

Leef dan in die genadeverbond deur die Heilige Gees met hierdie sekerheid onder alle omstandighede.

Sunday, 1 May 2022

150 genadejare: 1972 se feesdoopouers

Die heilige sakrament van die doop is tydens die Sondag aan die doopouers bedien, wat sommer 'n paar rye voor die preekstoel gestaan het. Hierdie foto is voor die kerk, na afloop van die diens geneem en het ook in die koerant verskyn. Hierdie eeufees-doopbabatjies het 'n spesiale Bybel as geskenk ontvang.


Hier is drie van die ouerpare in die kerk afgeneem voor die nuwe kanselkleed vir 1972.

Hannetjie en Tony Pride, ds. Siebert, Hendrik en
Sue Uys en Thys en Baby van Lingen.