Showing posts with label Realiteit. Show all posts
Showing posts with label Realiteit. Show all posts

Thursday, 14 August 2025

Dink daaroor: Jy het drie keuses ...

Jy het een van drie keuses
wanneer iets slegs met jou gebeur:
* Jy kan toelaat dat dit jou vernietig
of
* dit kan  jou nuwe realiteit word
of 
* dit kan jou sterker maak. 

Saturday, 16 May 2020

Inperkingsrealiteit

Ons almal byt vas en hoop net dat hierdie grendeltyd sinvol sy einde nader.

Kommer onder baie mense is dat  die slagoffers van die Covid-19 nie net fisiese siekte behels nie, maar meer armoede en hongersnood en depressie en allerhande sosio-maatskaplike kwessies meebring!

Daar is eintlik baie vorme en oorsake van depressie.

Oor die algemeen ervaar baie mens in hierdie tyd ‘n intense moegheid-moedeloosheid-doelloosheid ...

‘n Sielsmoegheid  en onsekerheid ...

Die ergste van alles is dat die kerk  (kinders van die Here, ek en jy) nie berading/ondersteuning kan verskaf nie!  

Ps 50:7 “God is jou God!” Suid Afrika!