Showing posts with label Sagaria. Show all posts
Showing posts with label Sagaria. Show all posts

Wednesday, 22 October 2025

Mossiestilte: Sag 12:10 Godspraak

Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.

Kom ons kyk weer na nog 'n profesie van Jesus. Maar let op, dit is God wat praat: En hulle sal opsien na "Hom" vir wie hulle deurboor het. 
Vir al die wat sê dat daar nêrens in die Ou Testament gesê word dat Jesus, God is.
Bestudeer die hoofstuk en die spesifieke vers by jouself en sien hoe lewendig word die openbaring van die Woord van God voor jou.
Vergelyk ook hoofstuk 13 vers 6 & 7.

Baie dankie, my Vader, wat in die hemele woon, vir die openbaring van Uself en die beklemtoning van die God drie-eenheid. U was geslaan vir my sonde en u wonde aan die kruishout, het erge bloed gestort om my sondes af te was en my te reinig, en my wonde te genees. Dankie dat U 'n waarmaker van u woord is. Ek verlustig my in U, in Jesus Naam. U is die Here my God! Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 4 May 2025

Mossiestilte: Sag. 13:9

Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos 'n mens silwer smelt en soos 'n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep,  en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: dit is my volk! En hulle sal sê: Die Here, my God!

Twee derdes van die volk word uitgeroei, maar een derde word deur die toets van God getoets, deur sy vuur gelouter, totdat net die beste silwer en beste goud uitkom.
God berei jou voor, voor die groot verskriklike dag van die Here aanbreek wanneer die hemelse sterre en son en maan hulle glans sal verloor.
Laat God jou suiwer en roep sy Naam aan sodat Hy jou sal verhoor. 
Spreek: Dit is jou God en Hy sal jou sy volk noem!

O Here, hoe verskriklik is u aangesig en die glans van u heerlikheid. U toets my en reinig my, sodat net die suiwerste deel oorbly. Ek roep U aan my God, en U noem my u volk. Op U vertrou ek en my knie buig en my tong bely dat U, Jesus Christus, die Here is. Amen.