* Drie soorte mans kry dit nie reg om vrouens te verstaan nie:
1. Jong mans
2. Ou mans
3. Middeljarige mans
* Daar is net twee tye in 'n man se lewe wanneer hy nie vroue verstaan nie:
* voor die huwelik en
* ná die huwelik.
* Hoe kan 'n man verwag om vroue te verstaan as die vrou geskep is terwyl die man vas geslaap het? Daarom is die beste manier om 'n maat se geheimsinnige bui te hanteer, om bloot daaroor te slaap.
* Om te probeer verstaan wat 'n vrou wil hê, is soos om te probeer uitvind watter kleur die letter sewe ruik.