Showing posts with label Moedersdag. Show all posts
Showing posts with label Moedersdag. Show all posts

Sunday, 10 May 2026

Moedersdag: Gedig

Ma, toe ons klein was,
wou jy ons vashou op jou skoot
en jou liefde in ons oortjies fluister.
Maar ons het honde en maats
en sonlig buite gesien
en ons uit jou arms losgewikkel.

Nou kom ek terug soos die één melaatse
wat darem onthou het
voordat dit te laat was.
Ek het Ma lief, 
want ek wéét nou
die sonlig was nooit buite nie:
die sonlig was Ma. 

[Dankie, vir die deel, Ann]

Moedersdag: Liewe Ma

Jou voorbeeld het my lewe gevorm, Ma.
Jy het my geleer van 
     liefhê
          en omgee
              en aanhou gee.
Jy is my inspirasie.
Jy het my leer droom.
Jy is altyd daar vir my -
en ek sal jou altyd liefhê.

Ma, jy het my geleer ...
Om te lag; 
       dis medisyne vir die hart.
Om 'n storie goed te vertel;
       dis soos sonskyn in 'n donker vertrek.
Om vriendelike dinge van mense te sê;
       dit doen niemand kwaad nie.
Om sarkasme te vermy; 
       dit gee tog geen blywende bevrediging nie.
Om so min moontlik te kla;
       'n glimlag koop meer vriende as 'n frons.
Om my kritiek vir myself te hou;
       niemand wil dit in elk geval hê nie.
Om die beste in ander raak te sien;
       dit maak die wêreld soveel mooier
[Lord Langdale]     

Waar daar 'n ma in die huis is,
          loop dinge glad.
Sy ken my - beter as
      enigiemand anders.
Sy het my lief - meer as
      die meeste minnaars.
Sy lag nie as ek 'n fout
      maak nie, maar sy huil
      as ek seerkry.
Sy is so sterk soos 'n eik
      maar so buigsaam
      soos 'n wilg.
Sy het simpatie met my
      swakhede, maar luiheid
      en valsheid duld sy nie.
Sy is my ma - en ek het
      haar baie, baie lief.

Dankie, Ma, vir alles wat Ma vir my doen en beteken.         

Sunday, 11 May 2025

Vir ‘n Moeder op Moedersdag

Dit was die sesde dag toe God moeders gemaak het.
Hy het al oortyd gewerk, toe die Engel vir hom sê: “U vroetel darem baie rond met hierdie een”
En God antwoord: “Hierdie werk moet My meesterstuk wees”
Sy moet heeltemal wasbaar wees, maar nie plasties nie.
Sy moet 180 vervangbare dele hê.
Sy moet met min tevrede kan wees.
Sy moet ‘n skoot hê wat verdwyn as sy opstaan.
Sy moet met soentjies alles kan gesond maak – van ‘n gebreekte been tot ‘n gebreekte hart.
Sy moet ook meer as een paar hande hê”
Die Engel skud sy kop en sê: “So baie hande”
“Dis nie die hande wat my bekommer nie,” antwoord God, “maar die baie oë wat oral moet kan sien.
Nadenkend sê God: “Ja, een paar oë wat deur geslote deure sien as sy vra wat jy doen.
‘n Ander paar wat sien wat sy nie moet nie en nog ‘n paar wat na haar geliefdes kyk om te sê:
“Ek verstaan jou. Ek weet jy wou nie rêrig nie en ek is lief vir jou.”
Met ‘n sagte blik sê die Engel: “Here God, wil U nie maar gaan rus nie?”
“Ek kan nie,” sê God. “Ek is so na aan klaar om iets na My beeld te skep."
Ek wil graag hê dit moet iemand wees wat haarself gesond kan maak wanneer sy siek is.
Sy moet ‘n familie van sewe met een pond maalvleis kan voed.
Sy moet ‘n sproetgesig, uithanghemp nege-jarige seuntjie sover kan kry om te gaan bad.”
“Is dit dan moontlik,” vra die Engel
“Vir hierdie moeder moet dit moontlik wees om haarself onvoorwaardelik te kan gee.”
Toe buk die Engel en streel oor haar wang. “Hoekom is hier dan ‘n druppel?”
“Dit is nie ‘n druppel nie,” sê God “Dit is ‘n traan”
“Waarvoor is dit”
“Dit is vir geluk, hartseer, teleurstelling, pyn, eensaamheid en trots”
Met verwondering sê die Engel: “ Dit is voorwaar ‘n geniale skepping”
En God sê: “Dit is ‘n MOEDER!"

Sunday, 12 May 2024

'n Ma se liefde is die grootste

'n Parodie op 1 Korinthiërs 13 vir die moderne ma.

Al sou ek die mooiste huis hê en die smaaklikste etes vir my huismense voorberei, maar ek doen dit nie met liefde nie, dan is ek so waardeloos soos 'n leë kastrol of 'n stukkende eierklitser. Al is ek die besigste ma in die beheerraad en ek koop vir my kinders die duurste sporttoerusting, maar ek het nie tyd om hulle langs die sportveld aan te spoor nie, dan sal dit my niks baat nie. Al koop ek 'n kamer vol opvoedkundige speelgoed en betaal ek sakke vol geld vir ekstra klasse, maar ekself sit nie by my kinders en speel of worstel met die skoolwerk nie, dan is ek nog nie 'n ware moeder nie. 'n Liefdevolle ma is geduldig - sy tel maar die klere en speelgoed op.

'n Liefdevolle ma is lankmoedig en vriendelik - sy laai haar motortjie vol kletsende, swetende skoolkinders. 

Sy vergelyk nie haar kinders met ander nie en sy is nie verwaand oor hulle prestasie nie. Sy bedek alle skrape met liefde en pleister en glo in haar kinders, hoop net die beste en verdra al die klaery en kritiek.

'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek bly lank in 'n kinderhart, maar gestrykte wasgoed word weer vuil en 'n netjiese huis word weer deurmekaar en vol stof ...

Eendag as die Volmaakte gekom het, sal jou huis en sy binnekant tot niet gaan, maar die lewende siele van jou kinders sal ondersoek word.    

[Bron: Onbekend]

'n Huldeblyk aan alle moeders

In Mei klop ons harte rooi, spesiaal vir ons ma's en sommer vir vrouwees in die algemeen. 

Met Moedersdag om die draai, bring Elsona Steyn hulde aan al die ma's onder ons. Om 'n ma te wees beteken jou hart loop buite jou lyf rond.

'n Ma se hart is 'n snaakse ding; dit wil altyd weet waar en hoe en wat met betrekking tot haar kinders.

Waar is hulle en hoe gaan dit met hulle? Is hulle gelukkig? Want as hulle gelukkig is, is sy gelukkig. Sy beplan warmhart-doendinge vir hulle, onthou-dinge wat hulle vir altyd met hulle kan saamdra. 

Ek bring ook hulde aan al die tweede ma's van die kinders van ons wêreld. Die wat as werker na ander se kinders omsien en hulle soos haar eie grootmaak. Dié wat hulle voed, stories vertel en hulle medisyne gee as die koors rooi op hulle wange uitslaan. Dié wat hulle sag aan die slaap sing as die vaak 'n kombers oor hulle kinderogies gooi en daarna die pad huis toe neem en tuis haar kinders gaan versorg en die rol van moeder, trooster, skoonmaker, kok, onderwyser en anker ook daar vervul.

'n Ma is die een mens wat jou aanvaar soos wat jy is en jou ondanks alles altyd sal liefhê.

Sy vou steeds saans die sagkombers styf agter hul rug in, al is hulle groot. Sy bid steeds dat hulle koersvas op die regte pad sal bly, gee hulle soggens as die dag breek vir haar Here en haar God. En tussendeur onthou sy baie dinge ... Kleintyd-sêgoed, saamwees-tye ...

'n Ma voed haar kinders na liggaam en na siel vir solank as sy leef. Van vroeg af seën sy hulle met kos. Sy staan voor die stoof en haar oë word stil terwyl sy die aartappels skil, die pot se deksel lig en die geure inadem. Sy spoor hulle aan, bederf hulle en bly onbaatsugtig as dit by hulle behoeftes kom.

Daar kom lê 'n saligheid en 'n blywees en 'n diep dankie in die binnekamers van jou hart. Net omdat jy weet jy het die voorreg om 'n ma genoem te mag word.

Hallo jy, fynere geslag. Hier is my Moedersdagwense vir jou:
Mag jou jeans vandag perfek sit, jou hare vandag ekstra blink, sjokolade (net vir vandag) glad nie vet maak nie, mag jy vandag (en veral elke dag hierna) glad nie aan jou potensiaal twyfel nie, selfvertroue uitstraal en jou vrouwees geniet, want sien, om vrou te wees, om ma te wees, is só lekker.

[Elsona Steyn - lesersjoernalis - Noordkaap, Woensdag 7 Mei 2014. Hierdie wense en gedagtes is vandag nog net so relevant. 'n Wonderlike en geseënde Moedersdag.]

Tuesday, 6 June 2023

87 000 keer dankie aan al ons getroue lesers


Meer as 'n 1000 e-besoekers in twee dae. Vir Dutoitspanblog is dit 'n rekord. Dankie vir elke getroue besoeker. Indien daar enige voorstelle, staaltjies of gebeure is wat jy graag met ons wil deel, stuur 'n e-pos aan aldawelman@gmail.com. Ons sien uit daarna om van jou te hoor.
Ons e-lesers is versprei oor die wêreld
840 lesers 20:00 op 6 Junie 2023

1094 lesers 22:45 op 6 Junie 2023

114 mense het vandag hierdie braaistorie gelees

Sunday, 4 June 2023

86 000 keer dankie

436 lesers teen 13:00 (4 Junie 2023)

724 lesers teen 19:00 (4 Junie 2023)

782 lesers teen 22:00 (4 Junie 2023)
826 lesers teen 24:00 (4 Junie 2023)

Monday, 15 May 2023

Interessante statistiek na Moedersdag


Moedersdagbladsy is 344 keer besoek.
'n Kortkop agter die eerste bladsy is die een oor die basaaridees.

 

Thursday, 4 May 2023

Onthou Moedersdag: gee jou blomme voordat dit te laat is ...

"As jy die mense op straat, in die winkel, kafee of werksplek hoor praat, kry jy die indruk dat die meeste mense slegte mense is. As jy dan vir een week lank by alle begrafnisse in jou omgewing aandoen en al die Ter herinnering aan lees, sal jy dink dat daar nie slegte mense bestaan nie en dat alle vaders en moeders ideale vaders en moeders is en dat al die eggenotes teergeliefd en vol toewyding en sorg was! 

Nooit lees jy in 'n doodsberig die nuus: Hy was 'n buffel  of  Sy was 'n kwaadstoker of Sy was 'n slegte ma nie. Ons kan van 'n grafskrif alles leer, behalwe een ding: Moenie wag tot iemand dood is voor jy vir hom of vir haar 'n pluimpie gee nie! Bring jou blomme nou voordat ek dood is!" 

Moedersdag lê om die draai en met bogenoemde in gedagte: Onthou om vir jou ma blomme te koop hierdie MOEDERSDAG of gaan drink net 'n koppie tee saam met haar. 'n Dankie of 'n pluimpie kos nie geld nie, doen dit sommer vandag nog.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie stukkie waarheid.]

Sunday, 8 May 2022

'n Ma het vir haar kinders gesê:

Wanneer ek eendag sterf, mag jy dalk huil. 
Ek gaan nie weet nie, so huil nou oor my.
Jy gaan blomme na my graf bring, maar ek gaan dit nie sien nie. 
Bring dit nou vir my.
Jy gaan op my begrafnis mooi woordjies praat, ek gaan dit nie hoor nie. 
Sê dit nou vir my.
Jy gaan my foute vergeet, maar ek gaan nie daarvan weet nie. 
Vergewe my nou.
Jy gaan my mis, maar ek gaan dit nie weet nie. 
Mis my nou.
Jy gaan wens jy't meer tyd saam met my spandeer, spandeer dit nou ...
Want ek is geleen aan jou

Saturday, 30 April 2022

Sunday, 10 May 2020

Die Hemel het ‘n nommer ...

Ek wil my ma bel.
Ek moet eenvoudig met haar praat. 
Al is dit net vir drie minute. 
Ek wil haar stem hoor ... ek wil hoor hoe sy vir my sê: ‘My wêreld, is dit jy? En hoe gaan dit ...?"

Maar ek kan nie my ma bel nie. 
Want die Hemel het nie ‘n nommer nie. 
Nie onder die "H’s" in die telefoongids nie; 
nie eers in die Geel Bladsye nie – dis verstommend: 
in hierdie tegnologiese eeu, met knoppies en rekenaars en satelliete, 
is daar gee direkte lyn Hemel toe nie.

In desperaatheid droom ek een nag, dat ek deurkom Hemel toe.
"Kan ek asseblief met my ma praat?" vra ek. "Sy is Hettie Ellis – net vir drie minute, asseblief?"
"By watter afdeling is sy?" vra ‘n sagte stem.
"Afdeling? ... Sy ... sy is seker by die hekel- en breiafdeling?"
Haar hande was nooit stil as sy televisie gekyk het nie, altyd hekel- of breipenne wat saggies, gerusstellend, klik-klik-klik.
Maar die stem sê: "Ons het nie ‘n hekel- of breiafdeling nie. Ons is omgewe van die lig ... ons word omvou deur Sy warmte ...” Hulle dra dus nie klere nie. Hulle brei nie.

"Probeer asseblief die bak-afdeling."
Natuurlik, sy sal daar wees.
Na haar dood het ek naarstiglik die laaste stukkies beskuit uit die blik gaan haal en dit gevries.
Ek sou dit nie kon eet nie ... ek moes dit hou – sommer net om na te kyk.
Maar die stem sê: "Ons het nie ‘n bak-afdeling nie. Ons lewe van die vrugte van die Gees"

Ek bly ‘n rukkie stil. "Probeer asseblief die tuinafdeling."
Sy was so lief vir die grond, so deel van die aarde ... maar die stem antwoord: "Ons saai nie en ons plant nie. Ons besit reeds die Ewige Saad"

Ek raak desperaat en ek vra:
"Nou watter afdelings is daar dan?"
Die stem is sag en geduldig. "Ons het kore ..."
"Kore?" vra ek, "Ek weet darem nie ... sy was nooit juis ‘n voorsanger nie ... wat is daar nog?"
Die stem raak nie ongeduldig nie. "Daar is ook hulle wat sit by die voete van die Een wat onderrig."
"Sit hulle net?" vra ek nuuskierig. "Ek weet darem nie. Ek het my ma nooit juis sien sit nie."
"Hulle sit en luister na die Stem."
"O, ja! Sy sal dáár wees!” jubel ek. Ja, ek moes dit mos geweet het!
My ma was ‘n simpatieke, en intense luisteraar. Haar oë, haar gesig, haar hele lyf het altyd saam geluister. "Kan ek met haar praat?" vra ek opgewonde. "Ek is seker sy sal daar wees!"
"Hulle wat luister, word nie onderbreek nie," sê die stem baie sag. "Maar as jy wil, kan jy kom saamluister."
Die droom is verby.
Maar in die môre, toe ek my stiltetyd hou, onthou ek dit weer.
En toe ek kniel, bid ek nie.
Ek luister.
En ek hoor ‘n stilte vol vrede ... en in die vrede is daar troos.
En in die troos is daar Sy arms wat my vashou.
En Sy vashou voel soos my ma se lyf ... nog beter: volkome.
Ek word bewus van die direkte lyn Hemel toe.
Die lyn wat daar was, van die heel begin af.
Nog voordat almal so slim geword het.
Die lyn wat nooit onderbreek word nie, nooit beset is nie.
Die lyn wat verniet is, en waarvoor jy nie eers ‘n rekening hoef te betaal nie.
Jy hoef selfs nie eers ‘n nommer te onthou nie.

Want die Hemel is net ‘n stiltetyd, dis net ‘n gebed ver.

~ Nelia ~

Gelukkige Moedersdag ...


It comes with a mother ...


Sunday, 12 May 2019

Saturday, 11 May 2019

Van 'n ouer aan 'n kind ...


Ek het jou die lewe gegee, maar ...
ek kan dit nie vir jou lewe nie.
Ek kan jou dinge leer, maar ...
ek kan jou dit nie maak leer nie.
Ek kan jou probeer rigting gee, maar ...
ek is nie altyd daar om jou te lei nie.
Ek kan jou vryheid toelaat, maar ...
ek kan nie vir dit verantwoording doen nie.
Ek kan jou kerk toe neem, maar ...
ek kan jou nie maak glo nie.
Ek kan vir jou mooi klere koop, maar ...
ek kan jou nie van binne mooi maak nie.
Ek kan jou raad gee, maar ...
ek kan dit nie namens jou aanvaar nie.
Ek kan jou liefde gee, maar ...
ek kan dit nie op jou afdwing nie.
Ek kan jou leer om mededeelsaam te wees ...
ek kan jou nie onselfsugtig maak nie.
Ek kan jou leer om respek te hê, maar ...
ek kan jou nie dwing om eer te bewys nie.
Ek kan jou raad gee oor jou vriende, maar ...
ek kan hulle nie vir jou kies nie.
Ek kan jou leer omtrent seks, maar ...
ek kan jou nie rein hou nie.
Ek kan jou die feite van die lewe vertel maar ...
ek kan nie jou reputasie behou nie.
Ek kan jou vertel van drank, maar ...
ek kan nie namens jou nee sê nie.
Ek kan jou waarsku oor dwelms, maar ...
ek kan nie verhoed dat jy dit gebruik nie.
Ek kan jou vertel van hoë prestasies, maar ...
ek kan hulle nie vir jou bereik nie.
Ek kan jou vertel van goedheid, maar ...
ek kan jou nie forseer om genadig te wees
Ek kan jou waarsku omtrent sonde, maar ...
ek kan nie jou standaarde stel nie.
Ek het jou lief as my kind, maar ...
ek kan jou nie God se kind maak nie.
Ek kan jou leer van Jesus, maar ...
ek kan nie Jesus jou koning maak nie.
Ek kan jou leer van die lewe, maar ...
ek kan jou nie die Ewige Lewe gee nie. 

Liefde Mamma

Sunday, 13 May 2018

One mother...

Go to "Moedersdag" page!




















Moedersdag!

Gaan na die Moedersdag-"page".



































Bron: Internet