Showing posts with label Glo. Show all posts
Showing posts with label Glo. Show all posts

Friday, 31 July 2026

Hoekom glo ek in God?

Ek het Hom nodig.

Hier is my antwoord:

Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so "awesome" en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!
 
Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys.
Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!
 
Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seermaak. En dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!
 
Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!
 
Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke "stupid" goed en sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer.
En Dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring
Dan is Hy daar!
 
Hy maak heel wat ekself verbrou het!
Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het!
Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in 'n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie.

En dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy's daar!
Heeltyd! Altyd!
 
In alles waardeur ek gaan, maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie, Hy is daar!

Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen nie.

Thursday, 7 May 2026

Ek glo - Efesiërs 1:19

"en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag." 

"Ons wat glo"  ... Watter groot genade lê opgesluit in hierdie woorde. Weet ons elke dag hoe gelukkig ons is om deel te wees van die skare wat mag sê: "Ons glo."

Ek glo aan 'n Almagtige God aan wie hemel en aarde behoort.
Ek glo aan 'n regverdige Heerser wat reg en geregtigheid laat geskied.
Ek glo aan 'n alomteenwoordige Drie-eenheid wat tyd en plek oorbrug.
Ek glo aan 'n dierbare Vader wat die wêreld so liefgehad het, dat hy sy enigste Seun gestuur het.
Ek glo dat Jesus Christus vir my sondes aan die kruis gesterf het.

Dankie, Grote God, dat ek my naam bokant die kruis mag skryf.

[Ds. Nico van Wyk - Dorstfontein: NG Gemeente Dutoitspan Maandblad Julie 1986 ]

Tuesday, 23 September 2025

Kry jou kaartjie betyds

Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
- Joh. 14:6

Jy kan op enige trein klim en afklim waar jy wil wees - solánk jy 'n kaartjie het! Dieselfde geld as jy met 'n vliegtuig êrens heen wil gaan. Jy kan heerlik gemaklik sit, 'n fliek kyk, iets drink en na énige plek in die wêreld vlieg - solank jy net 'n kaartjie het!

As jy eendag hemel toe wil gaan, moet jy reeds nóú jou kaartjie kry. Die enigste manier wat jy in die hemel gaan kom, is om in Jesus Christus te glo. Hý is die énigste weg!

Dierbare GOD, ek gló dat JESUS vir my sondes gesterf het. Ek glo dat HÝ in my hart lewe en daarom WÉÉT ek ek gaan HEMEL toe. Help my asseblief om vir ánder mense daarvan te vertel, sodat húlle óók hemel toe kan gaan. Amen

[Carolyn Larsen]

Tuesday, 19 August 2025

Mandjie Hoop: Ek is God se kind ...

Ek glo nie net in Jesus nie,
maar - 
ek aanbid Hom
ek vertrou Hom
ek is lief vir Hom
Ek volg Hom 
Ek preek Hom
Ek deel Hom
Ek dien Hom
Ek is God se kind!

Tuesday, 20 May 2025

Mandjie Hoop: Sien hoop raak

 Mag jy vandag opkyk in geloof
en hoop raaksien.
Mag jy aanhou hoop, glo en vertrou.
God is vir jou,
jy is steeds in Sy hande.
Laat Sy liefde jou elke dag lei.

Tuesday, 5 November 2024

Mandjie Hoop: Ek wens ...

Ek wens ek kon vrede in mense se harte lê,
Dat hul naasteliefde kan hê,
Want is dit nie die grootste geskenk om te gee,
As om met harde woorde die blydskap in ander dood te vee.
Ek wens ek kon begrip saai,
Dat almal wysheid kan maai,
Want hoeveel tyd gaan verlore,
Tyd vir luister en liefhê beskore.
Wens ek kon gebrokenes so van hul menswees gestroop,
Laat glo en hoop,
Vir nou en elke dag kan ek net wens,
Want ek bly maar net mens.

[Dankie, Rosetta]

Tuesday, 29 October 2024

Mandjie hoop: Sy liefde vir jou sal nimmer vergaan

In die waai van die wind, sê die Hèèr,
jy's sy kosbare kind.
In die rol van die branders,
jy's uniek soos jy is
en daar is niemand anders.
In die son se strale, sê Hy,
jy's kosbaarder as korale.
In die nagstilte van die maan, sê Hy,
Sy liefde vir jou sal nimmer vergaan.
In die trane van jou hart, sê Hy,
druk hy jou teen Sy boesem vas en dra saam jou smart.

Tuesday, 22 October 2024

Mandjie hoop: Bid en glo

Leef eenvoudig -
Al het jy baie.

Wees dankbaar -
Al het jy min.

Sê jammer -
Al was jy reg.

Wees geduldig -
Al is jy kwaad.

Lag hardop -
Al wil jy huil.

Vertrou die Here sal voorsien.
Maar die belangrikste van alles is -
BID en GLO.

Tuesday, 15 October 2024

Mandjie hoop: Die geskenk van geloof

Geloof los nie ons probleme op nie, maar ons geloof in God se trou help ons om ons probleme met meer kalmte te hanteer sodat ons daardeur kan groei. Hierdie kalmte kom uit die wete dat God in beheer is en dat Hy ons nooit sal verlaat nie, ongeag die omstandighede.

Geloof gee ons ‘n innerlike vrede en die vertroue om te weet dat ons nie alleen is nie, en dat elke uitdaging en oorwinning deel is van God se groter plan vir ons lewens. Dit is hierdie geskenk van geloof wat ons versterk en ons die moed gee om met hoop en volharding deur die lewe te gaan.

Tuesday, 1 October 2024

Mandjie hoop: Hy vou jou toe in liefde en genade

Soms skuif die Here die berg uit jou pad,
omdat JY glo HY kan,
en soms laat Hy jou oor die berg klim,
omdat HY glo JY kan.
Maar TOG trek Hy vir jou skoene van geloof aan en vat Hy jou hand as jy voel jy gaan val!
Mag Sy liefde en genade jou toevou en mag jy in die holte van ons Hemelse Vader se hand rus.
Seënwense!

Monday, 30 September 2024

Gee ons vandag kalmte, Heer

Op die Here se tyd.
Ons hoor dit tog so baie!
Glo jy dit?
Is dit vir jou ook?
Of wonder jy ook soms en smeek jy na bo: "Wanneer is dit dan nou tyd, Heer???"
Ons moet glo en vertrou.
Hoe moeilik ookal.

Here, help ons vandag om te besef dat U al lankal, van die begin van tyd af weet wanneer die regte tyd is vir alle planne wat ons het, alle hartsbegeertes om in plek te val. U weet wat U vir ons beplan het, en U beplan net goed. Gee ons vandag kalmte, Heer, om te kan vertrou. AMEN

Tuesday, 10 September 2024

Dink hieroor: Ek glo nie in tandartse nie ...

'n Meisie besoek die tandarts en hy sê vir haar die prosedure is voltooi. 
Sy antwoord: "Yes, thank God for that."
Die tandarts vra vir haar: "Wie in vandag se tyd, glo nog in God?"
Sy antwoord: "Ek glo in Hom."
Die tandarts sê: "Sien jy nie wat in die wêreld aangaan nie - hoe kan daar 'n God wees, terwyl daar soveel armoede, rampe, hartseer en ellende is?"
Die meisie kyk na hom en sê: "Wel, ek glo nie in tandartse nie!! As daar werklik tandartse was, hoekom is daar so baie mense met stukkende, gevlekte of bederfde tande?"
Die tandarts antwoord dadelik: "Wel, ek kan nie mense help wat nie na my toe kom nie."
Die meisie "boul" hom toe uit deur te sê: "Dit werk presies dieselfde met God. Hy kan jou nie help as jy nie bereid is om na Hom toe te kom en met Hom te praat nie.

[Dankie, Valerie, vir die aanstuur.] 

Sunday, 13 March 2022

Hoekom glo ek?

Hier is my antwoord:

Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so "awesome" en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!

Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys. Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!

Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seermaak. En dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!

Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!

Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke "stupid" goed en sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer. En dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring
Dan is Hy daar!

Hy maak heel wat ek self verbrou het!
Hy bring genade, selfs in seer wat ekself veroorsaak het!

Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in 'n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie. En Dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy's daar!

Heeltyd! Altyd!

In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie. Hy is daar!

Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen nie.

Ek glo in God, want ek het Hom nodig ...

Wednesday, 8 July 2020

Saturday, 27 June 2020

Thursday, 23 April 2020

Saturday, 21 September 2019

Thursday, 1 August 2019

Monday, 20 May 2019

Ek glo ...

Thursday, 27 September 2018

Glo...