Monday 30 September 2024

Gee ons vandag kalmte, Heer

Op die Here se tyd.
Ons hoor dit tog so baie!
Glo jy dit?
Is dit vir jou ook?
Of wonder jy ook soms en smeek jy na bo: "Wanneer is dit dan nou tyd, Heer???"
Ons moet glo en vertrou.
Hoe moeilik ookal.

Here, help ons vandag om te besef dat U al lankal, van die begin van tyd af weet wanneer die regte tyd is vir alle planne wat ons het, alle hartsbegeertes om in plek te val. U weet wat U vir ons beplan het, en U beplan net goed. Gee ons vandag kalmte, Heer, om te kan vertrou. AMEN