Sunday 29 September 2024

Daarom sal ek bly hoop!

As ek vandag iets kon uitdeel,
sou ek vir almal hoop wou gee.
Hoop om vandag deur te kan gaan en
hoop om môre aan te kan gaan en
so ook die res van die week.
Jy kan nie hoop uit jou sak haal
en daarna kyk nie ...
tog verander hoop alles.
Hoop sluit die toekoms oop,
dit maak dat jy nie net opstaan
en gaan slaap nie.
Dit gee sin aan jou bestaan en
hoop laat jou vorentoe kyk.
Want al is ons omstandighede hóé donker,
is daar altyd nog 'n greintjie hoop -
iets om aan vas te hou.
Niks is ooit hopeloos nie.
Daarom sal ek bly hoop!