Friday 13 September 2024

Vrugteslaai: Galasiërs 5:22-23

Die vrug van die Gees ... is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

As Suid-Afrikaners ken ons almal die resep vir ‘n goeie vrugteslaai. En ons deel graag resepte. Daar is min disse wat moeë mense so kan verfris op ‘n warm sonnige dag, soos vars koel vrugte. (Op hierdie blog is daar sommer 'n hele klompie vrugteslaairesepte - klik HIER vir 'n paar resepte.)

As Christene verstaan ons die woorde of geloofsresep, van Galasiërs 5 op ‘n soortgelyke manier. Daar is min dinge wat ons lewens verfris, soos die vrug van die Gees. Elkeen van hierdie “vrugte” is die gevolg van ons geloof in Jesus Christus. ‘n Keuse vir ‘n lewe aan die hand van God se Woord; ‘n aksie om my eie en ander mense se lewens positief te beïnvloed.

Mag die vrug van jou arbeid jou lewe verfris en vernuwe. Deel gerus Gal. 5 ook met jou vriende.