Saturday 21 September 2024

Kerkgenotjies: Boete

Piet Swart word die eerste Donderdag van die maand aangekeer vir ‘n verkeersoortreding. Hy vervies hom vir die ywerige verkeerskonstabel en noem hom ‘n esel. Die verkeerskonstabel daag hom voor die hof vir naamskending.

“Meneer,” sê die landdros, “jy mag nie vir konstabel Van der Merwe ‘n esel noem nie. U word met R1000 beboet.”

“Ek mag nie vir ‘n verkeerskonstabel sê hy’s ‘n esel nie?”

“Dis korrek.”

“Mag ek ‘n esel ‘n verkeerskonstabel noem?”

“As dit jou plesier sal verskaf.”

Piet draai stadig en moedswillig om, kyk die konstabel vas in die oë. “Tot siens, verkeerskonstabel,” sê hy.