Showing posts with label Storie. Show all posts
Showing posts with label Storie. Show all posts

Saturday, 17 January 2026

Kerkgenotjies: Hoe die seekoei Popeye-wange gekry het

Dit is Maandag 9:15. Tandpyn tref my soos 'n "nine mil-koeël." Ek het van disprins tot brandewyn probeer, maar tevergeefs.

Die tandpyn het kláár nesgeskop in my linkerkantste kies.

En die tandarts kon my eers die volgende dag spreek. Dán sou hulle my moes indruk, moes ek goed verstaan.

Ek was voorbereid op minstens drie stopsels en 'n tand wat getrek moet word.

"Nee, wat. Daar is nie fout met jou tande nie. Die fout lê by jou verstandtande. Hulle moet so gou as moontlik uit ..."

Ek het nie 'n woord verder gehoor nie, nie van waarom óf daarom nie. Niks! Selfs die tandpyn het koers gekies. Al wat oorgebly het, was ek en die toenemende vrees wat 'n volle 24 uur diens gedoen het. Elke dag. Tot die Saterdagoggend om 7:00.

Sommer vroeg dié snerpende oggend moes ek toe in 'n fyn "kebaaitjie" inspring. Dit het ook maar net hier en daar behoorlik toegemaak. Die klem het geval op my fyn heupbeenstruktuur.

Nou ja, as ek eerlik wil wees, het ek gelyk soos 'n mollige seekoeitjie in 'n ballet-tutu.

Die suster het met 'n blink bakkie "en so aan" die kamer binnegekom.

"Waarvoor is daai inspuitings?"

"Om jou spoeg te laat opdroog."

"Sowaar. Maar ek het nie spoeg nie."

"Jy hét! Alle normale mense het, en jy lyk ver van abnormaal af."

Skielik was die spuitnaald gereed in haar hand. Sy't gewag vir my boud. Ek het op my sy gedraai, my oë toegeknyp en hard op my tande gekners.

Selfs ek kon nie glo 'n matriekleerling kan só absurd bang wees vir 'n ou dun naaldjie nie.

Toe die tandarts en narkotiseur die kamer binnekom, was ek net vaagweg bewus van hulle. My kop was toe al besig om koers te kies, weg van hospitale en dokters.

My ma moes my vrae beantwoord. Ek kon nie.

Ek onthou net my 1,85 m lange lyf moes op 'n bedjies van 1,75 pas. Dit was vir my snaaks en ek is in 'n ligte luim die teater in.

Iemand het nog gesê: "Lekker slaap," toe is ek al weg.

[Hierdie koerantartikelfotostaat is gemaak in 1992 - dit het verskyn onder die opskrif: "Jong skrywers - jy kan ook R140 wen."]

Thursday, 22 August 2024

Verhaal: Goeie buurmanskap

‘n Suksesvolle graanboer in Amerika het jaar na jaar met die trofee by die landbouskou weggeloop. Kom ons noem hom Boer Jan. Sy medeboere het geglo dat dit sy bankbalans was wat hom so suksesvol gemaak het. Hulle was te bang om hom vir sy geheime plantresep uit te vra, want daar was maar, soos in enige bedryf, ‘n bietjie jaloesie onder die manne.

Maar die TV-joernalis het hom prontuit gevra waaraan hy sy sukses van die afgelope drie jaar toeskryf. Sonder om te aarsel het die boer geantwoord: “Natuurlik belê ek in die heel beste saad, want dis die begin van ‘n goeie oes. Maar dis nie waar my geheim lê nie.”

Die spanning het opgebou. Die meeste boere het ook goeie saad aangeplant, maar nie een het Boer Jan se kwaliteit graan geoes nie.

“My geheim lê in my bure,” het Boer Jan geantwoord, “Ek maak jaar vir jaar seker dat al my bure presies dieselfde saad gebruik as ek. Dit doen ek deur vir hulle die saad te gee.”

“Maar dit moet jou ‘n fortuin kos!” het die joernalis uitgeroep. En wou weet waarom hy die onekonomiese strategie volg.

“Dis doodeenvoudig” was Boer Jan se rustige antwoord. “Die wind waai die stuifmeel na ons almal toe, en as my bure met swak saad boer, sal dit my oes beslis ook raak. Vandat ek my saad met hulle almal begin deel het, het dit die gehalte van die graan in ons omgewing op standaard gekry en ons pluk almal saam die vrugte daarvan. Dit was ook sommer goed vir goeie buurmanskap. Daar is geen kompetisie tussen ons nie, ons vat hande en ons maak almal saam seker dat daar geen minderwaardige graan in en om ons plase verbou word nie.”

Dis 'n mondvol en 'n hartvol om te verteer.

[Dankie, Estelle, vir die aanstuur van hierdie verhaal. Besoek gerus Lynette se webwerf HIER, lees meer omtrent die kursusse, kry inspirasie of koop sommer 'n boek aanlyn.]  

Tuesday, 30 July 2024

Een storie - twee perspektiewe

Vanoggend ontvang ek die storie van hoe 'n mens se gesindheid jou oordeel kan beïnvloed en ook jou houding teenoor storms en probleme in die lewe.

Dankie aan 'n ene Hannes wat die verhaal ingestuur het - dit het op 17 Februarie 2022 op hierdie blog verskyn, maar ons plaas dit weer vir diegene wat nie bekend is met die verhaal nie.

TEKS: “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.” Spr 23: 7.

‘n Bekende skrywer het by sy lessenaar gaan sit, sy pen opgetel en begin skrywe:

“Verlede jaar ... Ek het ‘n galblaasoperasie gehad om galstene te verwyder. Ek was lank in die bed ...
Dieselfde jaar het ek aftree-ouderdom bereik en ek moes die maatskappy waarvoor ek so lief was, en 35 jaar lank voor gewerk het, verlaat ...
Daardie selfde jaar is my moeder deur die dood van my af weggeskeur ...
En toe ... steeds dieselfde jaar, druip my seun sy finale mediese eksamen as gevolg van ‘n motor-ongeluk. Die herstelkkoste aan die motor was net die hoogtepunt van ‘n baie slegte jaar ...”
En toe aan die einde van sy klaagtoon, skryf hy: “Wat ‘n slegte jaar!”

Sy vrou stap die studeerkamer binne waar haar man bedroef en teneergedruk sit. Oor sy skouer lees sy stadig haar man se skrywe. Dan draai sy saggies om en verlaat die kamer. Vyftien minute later kom sy terug en plaas ‘n stukkie papier voor haar man neer met die volgende daarop geskrywe:

“Verlede jaar ... het my man uiteindelik dit reggekry om van sy galstene, wat hom vir jare soveel maagpyn veroorsaak het, ontslae te raak ...
Dieselfde jaar ... Ek is dankbaar dat my man in goeie gesondheid en gelukkig kon aftree. 
Ek dank die Here dat die Here hom die geleentheid gebied het om vir 35 jaar te kon werk en verdien om sy gesin te onderhou. Nou kan my man meer tyd aan sy skryfwerk, wat altyd sy stokperdjie was, spandeer.
In dieselfde jaar het my 95-jarige ou skoonmoeder sonder pyn stil heengegaan.
En steeds dieselfde jaar ... God het my seun gespaar na ‘n ernstige motorongeluk ... Ons kar was sleg deur die ongeluk beskadig, maar my seun het sonder enige nagevolge oorleef.”
In haar laaste sin skryf sy: “ Verlede jaar ... was ‘n jaar vol buitegewone seëninge van God ... en ons het dit vol verwondering en dankbaarheid beleef...”

Uit watter perspektief sien jy die lewe? Uit selfbejammering of uit dankbaarheid?

Abraham Lincoln het gesê: “ Ons kan kla omdat roosbosse dorings het, of ons verheug dat doringbosse rose het.”

‘n Gospel-liedjie lui: “Count your blessings, name them one by one ... and it will surprise you what the Lord has done.”

Dankbaarheid is ‘n ingesteldheid, ‘n lewenstyl. Sien die klein dingetjies raak en moenie dit as vanselfsprekend aanneem nie.

Amore Bekker, die bekende radio-omroepster skryf:
“Klein, alledaagse vreugdetjies soos die son op jou gesig, die wind deur jou hare, ’n teksvers wat direk met jou praat, ’n vinkie se borrelliedjie in die tuin, jou man se goeiemôre-soen, jou kleinkinders se arms om jou nek, die reuk van jasmyn, ’n louwarm brood, die eerste koppie koffie soggens ... Ek sal sommer op die oomblik my hele boek kan vol skryf!

Selfs wanneer dit vir jou voel asof jy nie ’n enkele rede kan opnoem waarom jy vandag dankbaar behoort te wees nie, kan jy dankbaar wees vir Jesus. Dit is immers die boodskap van God se liefde vir jou wat Hy op aarde kom aflewer het, wat inhoud gee aan ons dankies. Ons het so baie - en elkeen van daardie dinge wat ons het, het ons van God ontvang. Kom ons onthou elke oomblik om vir Hom dankie te sê, want dankbare mense vind dit baie moeilik om moedeloos te bly.”

Kom bid saam: Hemelse Vader, help ons om ons oë van onsself af weg te draai en in dankbaarheid te kyk na al die mooi en goeie dinge waarmee U ons elke dag seën. Amen.    

Tuesday, 6 February 2024

A true story: A spider's web

A young soldier found himself in a terrible battle during the Scottish Reformation. The enemy was soundly defeating this young man's army. He and his comrades found themselves hastily retreating from the battle field in defeat, running away in fear of their very lives. The enemy gave chase. This young man ran hard and fast, full of fear and desperation, soon found himself cut off from his comrades in arms.

He eventually came upon a rocky ledge containing a cave. Knowing the enemy was close behind, and that he was exhausted from the chase, chose to hide there. After he crawled in, he fell to his face in the darkness, desperately crying to God to save him and protect him from his enemies. He also made a bargain with God. He promised that if God saved him, he would serve Him for the remainder of his days.

When he looked up from his despairing plea for help, he saw a spider beginning to weave its web at the entrance to the cave. As he watched the delicate threads being slowly drawn across the mouth of the cave, the young soldier pondered its irony. He thought, "I asked God for protection and deliverance, and he sent me a spider instead. How can a spider save me?"

His heart was hardened, knowing the enemy would soon discover his hiding place and kill him.

And soon he did hear the sound of his enemies, who were now scouring the area looking for those in hiding. One soldier with a gun slowly walked up to the cave's entrance. As the young man crouched in the darkness, hoping to surprise the enemy in a last-minute desperate attempt to save his own life, he felt his heart pounding wildly out of control.

As the enemy cautiously moved forward to enter the cave, he came upon the spider's web, which by now was completely strung across the opening. He backed away and called out to a comrade, "There can't be anyone in here. They would have had to break this spider's web to enter the cave. Let's move on."

Years later, this young man, who made good his promise by becoming a preacher and evangelist, wrote about that ordeal. He wrote: "Where God is, a spider's web is as a stone wall. Where God is not, a stone wall is as a spider's web."

[Author Unknown]

Click HERE for more stories.

Thursday, 17 February 2022

Een Storie ... Twee Perspektiewe

TEKS: “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.” Spr 23: 7.

‘n Bekende skrywer het by sy lessenaar gaan sit, sy pen opgetel en begin skrywe:

“Verlede jaar ... Ek het ‘n galblaasoperasie gehad om galstene te verwyder. Ek was lank in die bed ...
Dieselfde jaar het ek aftree-ouderdom bereik en ek moes die maatskappy waarvoor ek so lief was, en 35 jaar lank voor gewerk het, verlaat ...
Daardie selfde jaar is my moeder deur die dood van my af weggeskeur ...
En toe ... steeds dieselfde jaar, druip my seun sy finale mediese eksamen as gevolg van ‘n motor-ongeluk. Die herstelkkoste aan die motor was net die hoogtepunt van ‘n baie slegte jaar ...”
En toe aan die einde van sy klaagtoon, skryf hy: “Wat ‘n slegte jaar!”

Sy vrou stap die studeerkamer binne waar haar man bedroef en teneergedruk sit. Oor sy skouer lees sy stadig haar man se skrywe. Dan draai sy saggies om en verlaat die kamer. Vyftien minute later kom sy terug en plaas ‘n stukkie papier voor haar man neer met die volgende daarop geskrywe:

“Verlede jaar ... het my man uiteindelik dit reggekry om van sy galstene, wat hom vir jare soveel maagpyn veroorsaak het, ontslae te raak ...
Dieselfde jaar ... Ek is dankbaar dat my man in goeie gesondheid en gelukkig kon aftree. 
Ek dank die Here dat die Here hom die geleentheid gebied het om vir 35 jaar te kon werk en verdien om sy gesin te onderhou. Nou kan my man meer tyd aan sy skryfwerk, wat altyd sy stokperdjie was, spandeer.
In dieselfde jaar het my 95-jarige ou skoonmoeder sonder pyn stil heengegaan.
En steeds dieselfde jaar ... God het my seun gespaar na ‘n ernstige motorongeluk ... Ons kar is sleg in die ongeluk beskadig, maar my seun het sonder enige nagevolge oorleef.”
In haar laaste sin skryf sy: “ Verlede jaar ... was ‘n jaar vol buitegewone seëninge van God ... en ons het dit vol verwondering en dankbaarheid beleef...”

Uit watter perspektief sien jy die lewe? Uit selfbejammering of uit dankbaarheid?

Abraham Lincoln het gesê: “ Ons kan kla omdat roosbosse dorings het, of ons verheug dat doringbosse rose het.”

‘n Gospel-liedjie lui: “Count your blessings, name them one by one ... and it will surprise you what the Lord has done.”

Dankbaarheid is ‘n ingesteldheid, ‘n lewenstyl. Sien die klein dingetjies raak en moenie dit as vanselfsprekend aanneem nie.

Amore Bekker, die bekende radio-omroepster skryf:
“Klein, alledaagse vreugdetjies soos die son op jou gesig, die wind deur jou hare, ’n teksvers wat direk met jou praat, ’n vinkie se borrelliedjie in die tuin, jou man se goeiemôre-soen, jou kleinkinders se arms om jou nek, die reuk van jasmyn, ’n louwarm brood, die eerste koppie koffie soggens ... Ek sal sommer op die oomblik my hele boek kan vol skryf!

Selfs wanneer dit vir jou voel asof jy nie ’n enkele rede kan opnoem waarom jy vandag dankbaar behoort te wees nie, kan jy dankbaar wees vir Jesus. Dit is immers die boodskap van God se liefde vir jou wat Hy op aarde kom aflewer het, wat inhoud gee aan ons dankies. Ons het so baie - en elkeen van daardie dinge wat ons het, het ons van God ontvang. Kom ons onthou elke oomblik om vir Hom dankie te sê, want dankbare mense vind dit baie moeilik om moedeloos te bly.”

Kom bid saam: Hemelse Vader, help ons om ons oë van onsself af weg te draai en in dankbaarheid te kyk na al die mooi en goeie dinge waarmee U ons elke dag seën. Amen. 

[Dankie, ds. Ensie, dat jy hierdie met ons deel.]

Tuesday, 8 December 2020

Watter sonde?

Dankie, Oranjemund!

Friday, 13 December 2019