Friday, 31 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 13 - Vrydag)

3.1.5 God se Roepstem

Hiermee vra ons om verskoning dat daar nie vanoggend 'n video clip beskikbaar is nie. Ds. Hendrik Saayman, wat dit vir ons behartig, se suster is baie onverwags oorlede en hy moes vanaf Kleinmond na Groblersdal om vanoggend haar roudiens waar te neem. Kom ons gebruik die paar minute, wat ons aan die video clip sou spandeer, om vir hom en hulle as familie in hierdie hartseer oomblik in hul lewens aan die Here op te dra.

DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.1.3
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie
Week 1: God se Roepstem
Dag 5: Leef waardig aan jul roeping - in nederigheid en eenheid. 

Dink hieroor: 
Wys my houding en optrede dat ek my roeping van die Here ernstig opneem? 

Lees: Ef. 4:1-6

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Hoekom glo ek in God?

Ek het Hom nodig.

Hier is my antwoord:

Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so "awesome" en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!
 
Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys.
Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!
 
Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seermaak. En dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!
 
Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!
 
Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke "stupid" goed en sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer.
En Dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring
Dan is Hy daar!
 
Hy maak heel wat ekself verbrou het!
Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het!
Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in 'n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie.

En dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy's daar!
Heeltyd! Altyd!
 
In alles waardeur ek gaan, maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie, Hy is daar!

Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen nie.

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Thursday, 30 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 13 - Donderdag)

3.1.4 ‘... Ek sal julle vissers van mense maak.’ (God se Roepstem)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.1.4 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 1: God se Roepstem 
Dag 4: ‘... Ek sal julle vissers van mense maak.’ 

Lees: Mark. 1:16–20 


Oordink: 
Wat is die tipiese redes wat ek aanvoer wanneer ek nie doen wat die Here van my vra nie? 
Of is ek nie hieraan skuldig nie? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:

Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Dink hieroor: Vergifnis

Om te vergewe is om 'n gevangene vry te laat, 
net om te ontdek daardie gevangene was jyself.
Lewis B. Smedes

Wednesday, 29 July 2026

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp


Kom kuier gerus saam met ons om 11:00!

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 13 - Woensdag)

3.1.3 God roep nog voor geboorte (God se Roepstem)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.1.3 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 1: God se Roepstem 
Dag 3: God roep nog voor geboorte – roeping is deel van ons identiteit.

 Lees: Jer. 1:4–10 

Oordink: 
Glo ek werklik dat my lewe doelbewus deur God gevorm is as deel van sy Meesterplan in die wêreld – of glo ek dit is net die geval met sommige geestelik ‘begaafde’ mense? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!


Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Afkondiging: Besoek Sally Aucamp


Kom kuier gerus saam met ons!!

Mossiestilte: Gal. 3:26-27

Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Jesus Christus se bloed aan die kruis het jou skoon gewas van jou sonde. Jou geloof in Christus het jou gered. Die doop bevestig jou verhouding met God; 'n daad vanuit jou geloof in gehoorsaamheid aan God.
Christus het jou verander die ou dinge het verbygegaan, kyk dit het alles nuut geword; jy is nou met Christus beklee; jy is nou sy kind!

Dankie, Jesus, vir u redding aan die kruis vir my. Ek is nou beklee met Christus; ek is 'n nuwe mens; skoongewas deur die bloed van die Lam. Die doop bevestig dat ek met Christus een geword het; dat Christus vir my aan die kruis gesterf het en my in 'n nuwe lewe laat opstaan het. Ek het nou die Vader se kindskap deelagtig geword, deur die genade van Christus Jesus. Amen.

Tuesday, 28 July 2026

Statiestiek: Interessante brokkie inligting - Maandag 4 390 lesers

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 13 - Dinsdag)

3.1.2 ‘Hier is ek, stuur my!’ (God se Roepstem)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.1.2 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 1: God se Roepstem 
Dag 2: ‘Hier is ek, stuur my!’ – God roep en stuur dié wat beskikbaar is. 

Lees: Jes. 6:1–8 

Oordink: 
Is ek bereid om myself sonder voorbehoud en ongeag die ‘prys’ wat dit mag kos beskikbaar te stel vir wat God van my vra? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Plankvloere

My hart het ‘n plankvloer ... Met 'n skraapplek, ‘n seerkryplek, hier en daar,  en as jy mooi kyk, sal jy sien dit is nie splinternuut nie, ook 'n paar krakies sal jy gewaar.
Met politoer probeer ek om dit blink te hou.
Maar hoe fix ‘n mens ‘n harde hou?
Die water waarmee ek die vloer skoon wou maak, 
het tussen die krakies weggeraak.
Ek is kwaad, ek wil huil.
Die vloer van my hart is vol krake, dit is vuil.
Op my knieë het ek gaan sit, en tot my liewe Heer gebid. 
Vader, hoekom loop die water by die krake deur? 
Dit maak my hart so seer, 'n skoongewaste vloer is tog al wat ek begeer. 
My Vader vat my hand en droog my traan: "KYK, MY KIND,
KYK WAAR MY HOUTKRUIS STAAN,
MY BLOED HET IN DAARDIE KRAKE INGEGAAN
GEEN WATER SAL NOU DAARDEUR KAN GAAN, 
MY BLOED SAL NOU JOU HART HERSTEL.
WANT JY, MY KIND, DIS JY WAT TEL”
Nou sit ek stil en ek dink -
Al kan politoer jou vloer laat blink,
As dit gaan kraak en die onderhoud raak te veel ...
“Jesus maak graag die plankvloer van jou hart heel.

[Aangestuur]

Mandjie Hoop: Maklik vs moeilik

Maklik is dit om 'n plekkie in iemand se adresboekie te kry ...
Moeilik is dit om 'n plekkie in iemand se hart te kry ...
Maklik om die foute van ander te oordeel ... 
Moeilik om jou eie foute te erken ...
Maklik is dit om te praat sonder om te dink ... 
Moeilik is dit om die tong in toom te hou ...
Maklik is dit om iemand seer te maak vir wie jy lief is ... 
Moeilik is dit om die wonde te heel ...
Maklik is dit om die reëls neer te lê ... 
Moeilik is dit om dit te volg ...
Maklik is dit om oorwinning te vier ... 
Moeilik is dit om nederlaag met waardigheid te aanvaar ...
Maklik is dit om met 'n vrag te struikel ... 
Moeilik is dit om op te staan ...
Maklik is dit om elke aand te bid ... 
Moeilik is dit om die Hand van God in die swaarkry te sien ...
Maklik is dit om aan iemand te beloof ... 
Moeilik is dit om die belofte na te kom ...
Maklik is dit om te sê ek het jou lief ... 
Moeilik is dit om dit elke dag te bewys ...
Maklik is dit om foute te maak ... 
Moeilik is dit om van jou foute te leer ...
Maklik is dit om oor verlore liefde te ween ...
Moeilik is dit om te sorg dat dit in die eerste plek nie verlore gaan nie ...
Maklik is dit om te dink om jouself te verbeter ... 
Moeilik is dit om op te hou dink en tot aksie oor te gaan ...
Maklik is dit om te ontvang ... 
Moeilik is dit om hul te hou deur dade ...
Maklik om hierdie te lees ... 
Moeilik om dit te volg ...

[Geleen op FB]

Monday, 27 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 13 - Maandag)

3.1.1 Moses word geroep–God gebruik gewone mense vir buitengewone roepings. (God se Roepstem)

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 3.1.1 
Hoofstuk 3: Roeping - Missie - Visie 
Week 1: God se Roepstem 
Dag 1: Moses word geroep – God gebruik gewone mense vir buitengewone roepings. 

Lees: Eks. 3:1–12 

Oordink: 
Is ek deurgaans daarop ingestel en geestelik sensitief om te ‘hoor’ wanneer God op een of ander manier my ‘aandag trek’ en hoe reageer ek normaalweg daarop? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Statistiek: 546 000 gewaardeerde e-kuiergaste

Seënbede: Mag jy vandag 'n geseënde mens wees ...

Geseënd is die mens wat ...

in die Woord van die Here sy vreugde vind (Psalm 1:1-2).
in die Woord van die Here onderrig word (Psalm 94:12).
wandel volgens God se Woord (Psalm 119:1).

Knieltyd: Ons gemeente

Sunday, 26 July 2026

Meesterplan: Baie dankie!

1. Báie dankie aan die 58 respondente wat reeds die vraelys voltooi het.
2. Mag ek vir oulaas vra dat die ander dit groot asseblief nog sal oorweeg om dit voor vanaand invul. Dit neem minder as 3 minute. Onthou net om onderaan op “Submit” knoppie te druk.

Baie, baie dankie vir almal se geduld. Ek sal u nie verder met boodskappe hieroor pla nie.

Seënwense.

Klik HIER vir die VRAELYS.

Die Meesterplan: "God se Roepstem" is die simboliek van ons agtergrond prentjie soos volg:

Vir Hoofstuk 3
* Die alleenstaande figuur links bo
verteenwoordig die mens wat stil word voor God. Die roeping begin nie by aktiwiteit nie, maar by luister. Die figuur kyk nie na homself nie, maar na God se horison.

* Die herderstaf
simboliseer die roeping van Moses (Eksodus 3) en herinner daaraan dat God gewone mense roep en toerus vir buitengewone take.

* Die kronkelpad beeld God se roepstem uit wat 'n mens op 'n lewensreis neem. Roeping is nie net 'n enkele oomblik nie, maar 'n pad van gehoorsaamheid.

* Die klein groepie mense op die pad wys dat God deur die eeue steeds mense roep om Hom te volg. Dit sluit aan by Jesaja, Jeremia, die dissipels en uiteindelik elke gelowige gedurende hierdie week se leesrooster.  

* Die dorpie in die verte verteenwoordig die wêreld waarin God sy mense instuur. Die doel van roeping is nie om weg te vlug nie, maar om God daar te dien waar mense leef.

* Die oop landskap herinner daaraan dat God se roeping 'n nuwe perspektief oopmaak. Waar ons net ons eie pad sien, sien God reeds die groter prentjie van sy Meesterplan.

* Die warm goue lig simboliseer God se teenwoordigheid en leiding. Anders as vorige weke, waar die lig dikwels die bestemming beklemtoon het, val die klem hier op die lig wat die pad en die roeping sigbaar maak.

* Die dramatiese wolke dui daarop dat roeping dikwels in onsekerheid en spanning plaasvind. God se stem word nie net in rustige tye gehoor nie, maar juis wanneer die toekoms onbekend lyk.

Die sentrale boodskap:

Die beeld wil nie in die eerste plek sê: "Gaan!" nie, maar eerder: "Luister." Die roeping begin waar 'n mens stil word voor God, sy stem hoor en dan die pad van gehoorsaamheid begin loop. Dit pas goed by die weektema "God se Roepstem" en die vyf Skrifgedeeltes oor Moses, Jesaja, Jeremia, die eerste dissipels en Paulus se oproep om waardig aan ons roeping te leef. 

Oesmaande: Julie

Ons help tans 20 behoeftige gesinne met kospakkies.
Enige bydrae - klein of groot - is opreg welkom.
Ons vra dat elke lidmaat,
indien dit enigsins moontlik is,
om wanneer jy kruideniersware koop,
ietsie ekstra te koop.
Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring
of Sondae in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Mossiestilte: 2 Thes. 3:3

Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

Is jou lewe omvergewerp; het jy jou rigting verloor? 
Die Here wil jou met sy krag en wysheid versterk. 
God wil aan jou bewys dat Hy steeds getrou is en sal bly en alle werk van die geloof met krag volkome sal maak. 

2 Thes. 1:12. sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.

Here, ek het u krag nodig om U te verheerlik vandag. Ek weet ek is swak, maar my geloof is in u sterkte. U bly getrou al is ek ontrou en swak. U krag is ewig en u sterkte ken geen einde nie. Ek glo en vertrou U my Verlosser en Saligmaker. U sal my met wysheid versterk en bewaar van die Bose. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Flitsgedagte: Genade

Saturday, 25 July 2026

Kerkgenotjies: Rekenaars

* Ons Silwer Surfers (dis nou die ouer garde op die internet) het soms probleme met ons rekenaars.Ek het gister 'n probleem gehad en toe skakel ek vir Boetman, die 11-jarige buurseun.
Boetman druk 'n paar knoppies en die probleem is opgelos.
So in die wegstap roep ek agter hom aan: "So wat was fout?"
en hy antwoord: "Dit was 'n ID-tien-T-fout!"
Ek wou toe nie te dom lyk nie, het darem ook my trots, maar vra nietemin: "'n ID-tien-T-fout? Wat is dit, ingeval ek nodig het om dit weer te gebruik?"
Boetman grinnik: "Het Oom nog nooit van ‘n ID-tien-T-fout gehoor nie?"
"Nee", antwoord ek eerlik.
"Skryf dit neer," sê hy, "ek dink Oom sal dit wel snap."
So skryf ek dit toe neer: 'IDIOT.'
Om te dink ek het voorheen so baie van die mannetjie gehou.

* Wat is die verskil tussen "e-mail" (e-pos) en g-mail?
Antwoord: E-mail word met elektrisiteit gestuur en g-mail met 'n generator.

* Wat het SA voor kerslig gehad?
Antwoord: Elektrisiteit.

Friday, 24 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 12 - Vrydag)

2.6.5 Die gemeente ... self ’n getuienis ... (Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.6.5 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 6: Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur 
Dag 5: Die gemeente se geloof en liefde word self ’n getuienis vir die wêreld 

Lees: 1 Tes. 1:2–10 

Oordink: 
Hoe word jou eie geloof en liefde sigbaar sodat dit ander na God toe trek? 
Is dit ook kollektief waar vir die geloofsgemeenskap waarvan jy deel is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER!

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Is dit nie wonderlik nie?

 Hoe sien ander ons gelowiges versus ongelowiges.

Lank gelede was daar ’n man wat graag die verskil wou weet tussen die gelowiges en die ongelowiges want dit wat hy in die alledaagse lewe kon sien het vir hom geen aanduiding gee van die verskil nie.

Albei groepe het baie seëninge ontvang soos gereelde reëns, suksesvolle oeste, geen groot teëspoed nie.
Hy het ernstig gebid dat hy die verskil tussen die twee groepe kon verstaan.

Eendag terwyl hy in die veld wandel kom daar ’n engel na hom en deel hom mee dat hy gestuur is om aan hom te toon die verskil tussen die gelowiges en die ongelowiges. Die engel het hom weggevoer en aan hom gesê dat hy hom eers gaan wys hoe is dit gesteld met die ongelowiges.

Hulle het in ’n groot vertrek gekom waar daar baie mense rondom ’n groot pot met bredie gesit het. Elkeen was uitgehonger en desperaat om van die bredie te eet.

Elkeen het ’n lepel gehad wat tot in die pot kon bykom maar die lepel se steel was langer as hul eie arm gewees en hulle kon die kos skep maar hulle kon nie die kos in hul mond kry nie ...

Die leiding was verskriklik gewees.

Die engel neem die man en sê, “Kom, nou sal ek jou die gelowiges gaan wys.”

Hulle het ’n ander vertrek binnegegaan, soortgelyk aan die eerste vertrek, die mense om die pot bredie, die lang steel lepels. Maar almal was gelukkig en goed gevoed.

“Ek verstaan dit nie” sê die man. “Hoekom is die klomp hier so gelukkig en opgeruimd terwyl die ander in die eerste vertrek verhongerd en misrabel is terwyl alles dieselfde is?”

Die engel glimlag. “Ah, dis baie maklik,” sê hy. “Hier het hulle geleer om mekaar te voed met die lang steel lepels.”

GOD het ons hierdie wonderlike aarde gegee ... om daar te wees vir mekaar ... mekaar te help ten alle tye!

Thursday, 23 July 2026

Peiling: Leesrooster - Die Meesterplan

Liewe vriende

’n Vriendelike versoek: Voltooi groot asseblief die peiling. Dit neem net sowat 3 minute.

Tot dusver het slegs 37 van die 173 groeplede dit voltooi. Ons benodig minstens 110 respondente om sinvolle afleidings te kan maak.

Dit is ’n eenmalige peiling, en ons behoort jou nie weer gedurende die res van die Leesrooster hiermee lastig te val nie.

Klik asseblief sommer nou op die skakel en lewer jou bydrae. Die peiling is volkome anoniem.

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 12 - Donderdag)

2.6.4 Moenie die samekoms van gelowiges versaak (Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.6.4 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 6: Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur 
Dag 4: Moenie die samekoms van die gelowiges versaak nie - ons het mekaar nodig vir volharding. 

Lees: Heb. 10:19–25 

Oordink: Hoe dra jou deel-wees van ʼn geloofsgemeenskap by tot jou eie en ander se volharding en groei in geloof? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:

Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Dink hieroor: Waar kry jy jou krag vandaan?

Jy leef uit die krag van die Een wat in jou woon.
Die waarheid is eenvoudig. 
Bekommernis het geen krag nie. 
Bekommernis kan nie jou toekoms verander nie. 
Bekommernis kan nie jou verlede regmaak nie. 
Bekommernis kan egter jou hede steel. 
Maar geloof in God se Woord,
vervang die van angs met vrede. 
"U sal hom in volkome vrede bewaar wie se gedagte op U gerig is" 
(Jesaja 26:3). 
Vrede is nie iets wat jy jaag nie. 
Dit is iets wat jy binne jou ervaar
wanneer jy rus in die Een wat in jou woon.

[Aangestuur]

Wednesday, 22 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 12 - Woensdag)

2.6.3 Ons is lewende stene in God se huis (Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.6.3 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 6: Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur 
Dag 3: Ons is lewende stene in God se huis - Hy woon deur sy Gees in ons midde. 

Lees: Ef. 2:13–22 

Oordink: 
Hoe beïnvloed die wete dat jy ʼn ‘lewende steen’ is in die ‘goed saamgevoegde gebou’ jou eie leefwyse as gelowige – of dalk nie? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:

Klik HIER!
 
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Gebed vir vandag

Here, help my om vandag al my selfsugtigheid en eie wil weg te was,
sodat ek U die res van my lewe met nederigheid kan dien.
Here, stryk vandag al die plooie, wat deur die jare versamel het,
uit my gees sodat ek net die mooi in ander sal sien.
O God, help my dat ek sal regmaak waar ek ander te na gekom het. 

Here Jesus, help my om met die stoflap van u genade
die klein sondetjies wat in my hart skuil,
weg te vee en skoon te maak.

O God, gee my asseblief die wysheid om die dinge
te koop wat nodig is en nie wat ek begeer nie,
omdat ek weet Here, geen aardse skatte weeg op
teen dit wat in die Hemel wag nie. 

Help my, my Vader om die vrugte van die gees:
Liefde, Vriendelikheid, Hulpsaamheid, Sagmoedigheid,
Getrouheid en Selfbeheersing aan my naaste voor te sit.

O God, ek het my huis vir u voorberei.
Kom woon asseblief in my hart sodat ek die res van my lewe
in u teenwoordigheid kan deurbring.
Dankie Here, vir al my wonderlike vriende aan wie ek hierdie gebed kan stuur.
EK IS NIE SKAAM VIR MY HERE NIE.
Amen

[Dankie, Ann, vir die aanstuur.]

Tuesday, 21 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 12 -Dinsdag)

2.6.2 Die eerste gemeente leef in gebed, ... (Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.6.2 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 6: Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur 
Dag 2: Die eerste gemeente leef in gebed, gemeenskap en diens - ware kerkwees is dinamies. 

Lees: Hand. 2:41–47 

Oordink: 
Tot watter mate beleef jy die gedrag en leefstyl van die eerste gemeente in die geloofsgemeenskap waarvan jy deel is? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Julie-verjaardae

Mandjie Hoop: DIE WOORD sê dat GOD GETROU IS

GOD is NIE getrou aan die mens se eie planne, begeertes, verkeerde verwagtings, of verdraaide sienings van die Bybel NIE.

- GOD IS GETROU AAN HOMSELF.
- GOD IS GETROU AAN SY WOORD.
- GOD IS GETROU AAN SY WAARHEID.
- GOD IS GETROU AAN SY HEILIGHEID.
- GOD IS GETROU AAN SY GEREGTIGHEID.
- GOD IS GETROU AAN SY VERBOND.

Watter gerusstelling is dit nie vir ons nie?!

Die geheim van die kleiballe

’n Man was besig om grotte langs die see te verken. In een van die grotte vind hy ’n seilsak met ’n klompie verharde kleiballe. Dit het gelyk of iemand die kleiballe met hul hande gerol het en hulle in die son gelaat het om kliphard te bak.

Hulle was nie indrukwekkend nie, maar het die man tog gefassineer en hy het die seilsak saam met hom uit die grot gedra. Terwyl hy langs die strand stap, het van die kleiballe geneem en hulle een vir een in die see gegooi sover as wat hy kan.

Hy het nie veel daarvan gedink nie, want dit is hoe hulle as kinders gemaak het met klippe as hulle langs die strand wandel, totdat hy een van die kleiballe laat val op ’n rots en dit oopkraak. Binne was ’n pragtige kosbare edelgesteente gewees!

Baie opgewonde begin die man die oorblywende kleiballe oopbreek. Elke een van die kleiballe bevat ’n soortgelyke skat. Hy het ’n paar duisend rand se waarde aan edelgesteentes in die 20 of so oorblywende kleiballe gevind.

Toe tref dit hom. Hy was al ’n hele wyle op die strand wat hy so kleiballe in die see gooi. Hy het maklik tussen 50 of 60 kleiballe in die see gegooi met hul verskuilde skat in. In plaas van ’n paar duisend rand se edelgesteentes kon hy 'n honderdduisend rand se edelgesteentes huis toe geneem het, maar hy het dit weggegooi!

Dit is ook so met mense. Ons kyk na iemand en ons sien net die buitenste kleihouer. Dit lyk nie na veel van buite nie. Dit is nie altyd pragtig en sprankelend nie, dus verwerp ons dit.

Ons sien die persoon as minder belangrik in vergeleke met iemand wat beeldskoon, of stylvol, of beroemd of ryk is. Maar ons het nie tyd gemaak om die versteekte skat wat binne die persoon begrawe is, te vind nie.

Daar is ’n skat in elke een van ons. Indien ons tyd sou maak om die persoon te leer ken en God te vra om ons te help om die persoon te sien soos Hy hom sien. Dit is dan dat die klei begin afdop en die mooiste skat begin skitter.

Mag ons nie aan die einde van ons lewe kom en uitvind dat ons ’n fortuin aan vriende weggegooi het net omdat die skat verborge was in ’n dun lagie klei nie.
 
Mag ons die mense met wie ons in aanraking kom, sien soos God hulle sien.

Monday, 20 July 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

* met die wete dat God jou geroep het met 'n doel, en dat jy daarin sal wandel.
* met jou talente, jou gawes en jou verhoudings.
* met jou finansies, jou besigheid en jou denke.
* met jou lewenstaak met vreugde, harmonie en liefde.
* in jou huwelik, jou gesin en jou drome.
* om jou identiteit te vind in Christus. 

Geseënd is jy, geliefde van God!

[Aangestuur deur Rosetta]

Knieltyd: Ons gemeente

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 12 - Maandag)

2.6.1 Ons is verskillende lede van een liggaam (Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.6.1 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 6: Die Missionale Kerk: God se Mense saam Gestuur 
Dag 1: Ons is verskillende lede van een liggaam - elkeen het ’n rol.

Lees: 1 Kor. 12:12–27 

Oordink: 
Hoe help jou plek as deel van die liggaam van Christus jou om jou eie rol en afhanklikheid van ander gelowiges te verstaan? 

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:

Klik HIER!
 
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Sunday, 19 July 2026

Peiling: Leesrooster - Die Meesterplan

Liewe Vriende

Ons probeer die Leesrooster verbeter sodat dit mense help om die Here se Woord met groter vreugde en dieper begrip te lees. Daarom sal ons dit waardeer indien jy hierdie kort peiling voltooi. Dit sal ongeveer 3 minute van jou tyd in beslag neem. Gebruik die skakel hieronder. 

Jou terugvoer sal ons help om te hoor wat werk, wat verbeter kan word en hoe die Leesrooster nog meer tot jou geestelike groei kan bydra. 

DIE PEILING IS VOLKOME ANONIEM en daar is geen manier vir ons om agter te kom wie watter response gegee het nie. 

Klik HIER en vul die vorm asb. in.

Die Meesterplan: SIMBOLIEK van hierdie week se agtergrond-prent

Die kerkgebou links herinner dat die kerk nie die bestemming is nie, maar die vertrekpunt van God se sending. Die fokus verskuif daarom van die gebou na die mense wat daaruit die wêreld instap.

Die groep gelowiges wat saam op die pad beweeg, beeld die kerk as een liggaam uit. Hulle stap nie alleen nie, maar as 'n geloofsgemeenskap met 'n gedeelde roeping.

Die ligpad simboliseer Christus wat sy gemeente lei. Dit verbind die kerk, die mense en die wêreld, en herinner dat God sy kerk saam stuur om sy lig oral te laat skyn.

Die kleiner groepies mense langs die pad verbeeld die lewe van die eerste gemeente: gebed, gemeenskap, dissipelskap, diens en onderlinge bemoediging. Sending gebeur nie net deur prediking nie, maar ook deur verhoudings.

Die stad verteenwoordig die wêreld waarin God sy mense stuur. Die kerk onttrek haar nie aan die wêreld nie, maar leef daarin as 'n sigbare getuienis van Christus.

Die opkomende lig aan die horison herinner dat Christus die bron van hoop en die Lig van die wêreld is. Die gemeente weerspieël hierdie lig; sy skep dit nie self nie.

Die hele prent vertel een verhaal: God roep sy mense saam, vorm hulle as een geloofsgemeenskap en stuur hulle saam die wêreld in sodat sy teenwoordigheid deur hulle sigbaar word.

Mossiestilte: Rom 10:6a - 13

Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: 
Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig; As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Here, my God, en my Vader, ek kom na U in die Naam van Jesus Christus. Ek bely dat Jesus my geregtigheid is. Ek het die woord in my mond en in my hart. Dit is my geloof wat ek verkondig. Ek glo met my hart en ek bely met my mond tot my redding. Ek sal nie beskaam staan nie. Ek roep die Naam van Jesus Christus aan en ek sal gered word. Amen. 

Vergelyk: Joh. 16:8-11 en Op. 12:11

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Flitsgedagte: Gehoorsaamheid

Saturday, 18 July 2026

Kerkgenotjies: 'n Gewigtige kwessie

 * Ek is 'n getroue FB-ondersteuner en daar lees ek dat kaneel so goed is vir 'n mens.
Dit laat jou gewig verloor, verlaag jou cholesterol en nog baie meer. Dis 'n wonderkuur, maar die dokters het nog nie daarvan gehoor nie.
Ek was so beïndruk met die nuus, ek het onmiddellik 7 melkterte gaan koop! (Dankie, FB)

* Ek dink ek moet 'n bietjie gewig verloor.
Vanoggend sien ek toe 'n pratende skaal voor die apteek in die stad.
Ek klim daarop en die skaal sê: "Net een op 'n slag asseblief!"

* My vrou is voortdurend aan die regpak, wegpak en weggee. Een so 'n goeie oggend kom ek in die kamer en sien dat haar hele hangkas op die bed uitgepak is. Al haar klere in geordende hope. 
Ek vra toe ewe belangstellend wat haar plan met die klere is.
Sy sê toe sy wil haar ou klere skenk vir mense wat honger ly. Ek sê toe vir haar dat mense wat in haar klere pas, nie honger ly nie."
Nou praat my vrou nie meer met my nie.

Friday, 17 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis: GROEPWERK (Week 11 - Vrydag)



Lees: Joh. 17:9–23

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting: https://chat.whatsapp.com/DqhojlL6XCx3BI7UHeT5Eb?s=cl&p=i&mlu=0

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 11 - Vrydag)

2.5.5 Soos U My gestuur het, stuur Ek hulle (Die Lewe van 'n Gestuurde: Getuig, Verskil, Groei)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.5.5 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 5: Die Lewe van 'n Gestuurde: Getuig, Verskil, Groei 
Dag 5: Soos U My gestuur het, stuur Ek hulle - ons eenheid en liefde wys die wêreld Wie U is. 

Lees: Joh. 17:9–23 

Oordink: 
Tot watter mate is die eenheid waarvoor Jesus bid sigbaar tussen gelowiges? 
Het jy self verhoudings wat nie die eenheid en liefde tussen God se mense weerspieël nie?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting: https://chat.whatsapp.com/DqhojlL6XCx3BI7UHeT5Eb?s=cl&p=i&mlu=0

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 

Kom ons sien onsself soos God ons sien ...

God sê:
Jou titel is nie sukkelaar nie.
Jou titel is nie sieklik nie ,
Is nie armoedig nie,
Is nie ongeluksvoël nie,
Is nie vreesagtig nie,
Is nie verwerpte nie,
Is nie minderwaardig nie,
Is nie verloorder nie,

Hier is jou Goddelike Titels soos God jou sien:
Kosbare kind van die Allerhoogste God,
Spesiaal. 
Ja, sê die Here, Ek het vir jou ‘n Nuwe naam gegee,
Koningskind,
Erfgenaam van God,
Oorwinnaar,
Uitverkorene
Appel van My oog,
Jy is presies wie Ek sê jy is!
 
Hou op om vir jouself vals titels te gee! 
Spreek lewe oor jouself,
want lewe en dood is in die mag van die tong, 
wie dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet! 
Spr 18:21.
Glo dit!
Leef dit!

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Thursday, 16 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 11 - Donderdag)

2.5.4 Oorwin kwaad met goed ... (Die Lewe van 'n Gestuurde: Getuig, Verskil, Groei)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.5.4 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 5: Die Lewe van 'n Gestuurde: Getuig, Verskil, Groei 
Dag 4: Oorwin kwaad met goed - missionaal leef is om anders te reageer as die wêreld en só ‘n verskil te maak tot Gods eer. 

Lees: Rom. 12:9–21 

Oordink: 
Paulus kontrasteer die leefstyl van gelowiges met die van ongelowiges – dus ʼn alternatiewe leefstyl. 
In watter aspekte van jou lewe sukkel jy om so ʼn alternatiewe leefstyl te vertoon – en wat moet jy doen om dit reg te stel?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting: https://chat.whatsapp.com/DqhojlL6XCx3BI7UHeT5Eb?s=cl&p=i&mlu=0

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Dink hieroor: Watter soort blom is ek?

'n Kaktus het ook ‘n blom, 
mooi om na te kyk en bewonderingswaardig, 
maar sleg om aan te vat ... 
moenie ‘n kaktus wees nie. 

Mense word dikwels met blomme vergelyk.
As mense egter soos blomme was, 
dan was daar geen nydigheid nie, 
want elke blom staan kleurvol trots en fier - 
die kleineres en die fyneres, 
net so mooi soos die sterkeres en groteres. 
Almal kry 'n plekkie in die grond en in die son. 
En saam maak almal die mooiste bos blomme. 
Selfs die blare is 'n fees vir die oog.

Onthou, elkeen is 'n unieke blom
en saam is ons 'n unieke bos blomme 
want saam kan ons soveel meer doen,
meer vermag
meer verander
tot eer van Hom wat die Skepper van hemel en aard is.

Kom ons leef so dat dit 'n fees vir Sy oog is.

Wednesday, 15 July 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 11 - Woensdag)

2.5.3 Bid vir oop deure om die evangelie te deel (Die Lewe van 'n Gestuurde: Getuig, Verskil, Groei)

Klik HIER en kyk na die video

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 2.5.3 
Hoofstuk 2: Missionale identiteit 
Week 5: Die Lewe van 'n Gestuurde: Getuig, Verskil, Groei 
Dag 3: Bid vir oop deure om die evangelie te deel - spreek met wysheid en genade. 

Lees: Kol. 4:2–6 

Oordink: 
Vra jy daagliks dat die Here vir jou deure sal oopmaak en sal lei om die evangelie deur jou leefstyl te verkondig?
Indien nie, waag dit en kyk wat gebeur wanneer jy intensioneel daarop ingestel is.


Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou