Tuesday 29 June 2021

Thursday 24 June 2021

Sunday 20 June 2021

'n Pa duisend ...

* Het jy al vir jou kind gesê jy is lief vir hom? Begin daarmee, sê dit elke dag. Stuur sommer nou 'n SMS of 'n WA, al is hy dalk al uit die huis uit.

* As daar dalk 'n breuk met jou kind is, wil jy dit nie vandag regmaak nie? Moenie eendag langs sy graf staan en dan is dit te laat nie.

* Moenie vir jou kind te veel geld gee nie. Dikwels doen 'n pa dit as 'n afkoopboete omdat hy nie betrokke is nie; ek sê vir jou: dit is fataal.

* Seën jou kinders. Lees Gen 49 : 22 waar Jakob vir Josef seën. Gebruik hierdie woord, of jou eie en spreek ’n seën oor jou kind uit.

* Bid vir jou kind - ook voor hom. Bid die krag en redding van God oor hom af.

* Wees lief vir sy / haar ma.

... begin vandag!

(www.heuning.co.za) 

Happy Father's Day!


Wednesday 9 June 2021

Be true ...


Sunday 6 June 2021

Die Tas

'n Man sterf en toe hy dit besef, 
sien hy God naderkom met 'n tas in Sy hand.

- God sê: Seun, dit is tyd om te gaan.
- Verbaas reageer die man:
  Nou? So gou? Ek het baie planne gehad ...
- Ek is jammer, maar dit is tyd om te gaan.

- Wat het U in die tas? het die man gevra.
- God het geantwoord: Jou besittings.
- My besittings? Bedoel U my goed, my klere, my geld?
- God het geantwoord: Daardie dinge het nie aan jou behoort nie. 
   Dit was Aardsgebonde.

- Is dit my herinneringe? het die man gevra.
- God het geantwoord: dit het nooit aan jou behoort nie. 
   Dit was Tydsgebonde.

- Is dit my talente?
- God het geantwoord: dit het nooit aan jou behoort nie. 
   Dit was Bykomstigheidsgebonde.

- Is dit my familie of vriende?
- God het geantwoord: Ek is jammer, hulle was nooit joune nie, hulle was 
   Omstandigheidsgebonde.

- Is dit my vrou of my seun of my dogter?
- God het geantwoord: Hulle was nooit joune nie. 
   Hulle was Hartsgebonde.

- Is dit my liggaam?
- God het geantwoord: Dit was nooit joune nie. 
   Dit was Aardsgebonde.

-Is dit my siel?
God het geantwoord: Nee, dit behoort aan My.

Gevul met vrees, het die man die tas van God geneem
en dit oopgemaak net om te vind dat die tas leeg was.

- Met 'n traan wat oor sy wang loop, 
   het die man gevra: het ek nooit iets gehad het nie???
- God het geantwoord: Dit is korrek, elke oomblik wat jy geleef het was joune.

Die lewe is net 'n oomblik, 'n oomblik wat aan jou behoort. 
Daarom, lewe die lewe terwyl jy dit het. 
Moenie dat enigiets wat jy dink aan jou behoort jou verhoed om te lewe nie.

-Lewe Nou.

- Lewe voluit elke oomblik.

- Moenie vergeet om gelukkig te wees nie, dit is die enigste ding wat saak maak.

- Materiële dinge en alle ander dinge wat jy geswoeg en baklei het voor, bly agter.

- ONTHOU JY KAN NIKS SAAMVAT NIE. 

[Dankie, vir hierdie gedagte wat anoniem op my tafel geland het.]