Showing posts with label Goeie Vrydag. Show all posts
Showing posts with label Goeie Vrydag. Show all posts

Saturday, 16 April 2022

Sondag: Sonsopkomsdiensby Rooifontein

Kom woon hierdie besondere diens by waar die week se verrigtinge afgesluit word, en waar ons lewe herdenk.

Wat sê ons Sondag vir mekaar ?

Ons sê dat die wonderwerk van Paasfees is nie net dat ons na ons dood opnuut sal lewe nie, maar dat ons deur die onbeskryflike groot krag van Jesus se opstanding nou reeds volkome nuut kan lewe.

En daarom kan elkeen van ons hierdie wêreld help vernuwe - ons het 'n verantwoordelikheid!!

Kom ons vier die nuwe lewe saam met Jesus in hierdie gebroke wêreld.

Soli Deo Gloria!!!

Tuesday, 12 April 2022

Die Heilige Week se aanloop na Goeie Vrydag!

Bid asb. vir ons & saam met ons vir die Heilige Week se aanloop na Goeie Vrydag!
 
Ons het 'n paar jaar gelede 'n "One Body/Een Liggaam"-groep van predikante & pastore oor denominasionele kerkgrense heen, in Kimberley begin. 

Hierdie is een van ons jaarlikse gesamentlike projekte. Nog ander is Pinkster (waar die AGS-pastore ook deelneem), asook die 1ste Sondagaand in Desember elke jaar wanneer ons die "Kersfees by Kerslig/Carols by Candlelight" gesamentlik aanbied. (Verlede jaar moes ons 2 sessies aanbied met 'n totaal van +-500!!!)
 
Soli Deo Gloria!!!

Friday, 8 April 2022

Die Heilige Week se aanloop na Goeie Vrydag