Ons God, ons hulp deur die eeue heen,
Ons hoop vir heel die toekoms,
Ons beskutting as die storms kreun,
'n Ewige tuiste vir ons.
- Isaac Watts -
Showing posts with label Ewigheid. Show all posts
Showing posts with label Ewigheid. Show all posts
Tuesday, 27 August 2024
Wednesday, 21 August 2024
Dink hieroor: Die 10 gebooie wat 'n mens in jou lewe behoort te volg
1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.
2) Het jy al gedink hoekom 'n voertuig so 'n groot WINDSKERM het en slegs 'n klein truspieëltjie? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik soos jou TOEKOMS is nie. So, kyk vorentoe en beweeg aan.
3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.
4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer wees nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.
5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante word in goud geset.
6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor, dink jy dat dit die einde is, GOD glimlag dan daar Bo en sê: "Kalmeer, my geliefde kind, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"
7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.
8) 'n Blinde vra op 'n dag vir Paulus: "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Paulus antwoord: "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."
9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.
10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie gedagtes.]
Tuesday, 13 August 2024
Dink 'n bietjie ...
- Een is absoluut getrou.
'n Mens kan omgekoop word
- Een bly by Sy woord.
'n Mens kan ineen stort
- Een se krag is van Ewigheid af.
'n Mens kan ongeduldig word
- Een verdra alles
Ek vertrou op God.
Hy is God.
[Martin Gutl]
Wednesday, 31 July 2024
Versekeringsportefeulje
Hier op aarde is ons baie besorg oor ons VERSEKERINGSPORTEFEULJE, want dit is belangrik dat ons voldoende voorsorg moet tref vir ons aftrede en die versorging van ons familie as ons tot sterwe mag kom.
Hoe lyk ons VERSEKERINGSPORTEFEULJE vir die EWIGHEID??
"Want ons het NIKS in die wêreld gebring nie; dit is duidelik dat ons ook NIKS daaruit kan wegdra nie!!
1 Tim. 6:7
Friday, 8 September 2023
Ons klop aan die hemel se deur
Elke keer as ons bid, dan klop ons aan die hemel se deur ... Ons lysie wat ons aan die Here voorhou, is lank. Dis versoeke word afgerammel, want die Here weet in elk geval wat ons gaan vra. Verder is ons vinnig om te kla as ons gebede nie gou genoeg na ons sin beantwoord word nie. Ons vergeet egter die Here se tyd is volmaak.
Kom ons ruil die situasie om. Het jy al daaraan gedink hoeveel keer klop die Here aan jou deur sonder dat jy oopmaak?
Volgende keer as daardie sagte stem vir jou fluister met 'n opdrag ... antwoord asseblief die deur ... Jesus wil jou gebruik.
Rick Warren het in sy boek, Die doelgerigte lewe, gesê dat jy op die aarde geplaas is om vir die ewigheid voor te berei.
Kom ons ruil die situasie om. Het jy al daaraan gedink hoeveel keer klop die Here aan jou deur sonder dat jy oopmaak?
Hy klop sodat jy jou talente vir die kerk kan gebruik, maar jy antwoord nie ...
Hy klop sodat jy deel van 'n gebedsgroep of 'n Bybelstudie kan wees, maar jy antwoord nie ...
Hy klop sodat jy aan die arm gesin 'n brood en melk moet vat, maar jy antwoord nie ...
Hy klop sodat jy vir die petroljoggie of die sekuriteitsbeampte 'n toebroodjie kan vat, want jy is dikwels die enigste Bybel wat hierdie mense sien, maar jy antwoord nie ...
Hy klop omdat daar kinders is wat nie warm klere het om in die koue te dra nie, maar jy antwoord nie ...
Hy klop omdat jou buurvrou 'n dierbare aan die dood moes afgee en jy haar kan bemoedig, maar jy antwoord nie ...
Hy klop want daar is iemand wat 'n gebed en 'n drukkie nodig het, ... maar jy antwoord nie.
Hy staan by jou deur en klop, omdat Hy jou hande en voete nodig het vir Sy diens, maar jy sit gemaklik agteroor en luister nie na die klop aan jou deur nie. (Miskien het ons doof geword vir Sy stem, is die TV te hard aan of is ons te besig met ons slimfoon)
Hy staan by jou deur en klop, omdat Hy jou hande en voete nodig het vir Sy diens, maar jy sit gemaklik agteroor en luister nie na die klop aan jou deur nie. (Miskien het ons doof geword vir Sy stem, is die TV te hard aan of is ons te besig met ons slimfoon)
Volgende keer as daardie sagte stem vir jou fluister met 'n opdrag ... antwoord asseblief die deur ... Jesus wil jou gebruik.
Sunday, 16 May 2021
Jy is op die aarde geplaas ...
Jy is nie op die aarde geplaas
om onthou te word nie.
Jy is hier geplaas
om vir die ewigheid voor te berei.
- Rick Warren (Die doelgerigte lewe) -
Monday, 31 August 2020
Tuesday, 22 May 2018
Subscribe to:
Posts (Atom)