Wednesday 21 August 2024

Dink hieroor: Die 10 gebooie wat 'n mens in jou lewe behoort te volg

1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.
 
2) Het jy al gedink hoekom 'n voertuig so 'n groot WINDSKERM het en slegs 'n klein truspieëltjie? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik soos jou TOEKOMS is nie. So, kyk vorentoe en beweeg aan.
 
3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.
 
4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer wees nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.
 
5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante word in goud geset.
 
6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor, dink jy dat dit die einde is, GOD glimlag dan daar Bo en sê: "Kalmeer, my geliefde kind, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"
 
7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.
 
8) 'n Blinde vra op 'n dag vir Paulus: "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Paulus antwoord: "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."
 
9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.
 
10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie gedagtes.]