Wednesday 21 August 2024

Mossiestilte: Ps. 91:1

Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.


Waar sit jy vanoggend; in die vrees van die onbekende of afwagtend op die aanvalle van die bose of dit wat kan skeefloop? Beweeg vinnig na jou God op wie jy vertrou, na die skuilplek wat Hy berei het vir jou.
Al gaan jy in 'n dal van doodskaduwee sal jy geen onheil vrees nie, want Hy is met jou. Jy sal nie net in God se skuilplek sit nie maar vernag in die Almagtige se skaduwee. God se stok en staf sal jou beskerm in die doodskaduwee, want jy sal in sy skaduwee vernag.

Dankie Almagtige Vader, vir U skaduwee waar ek veilig kan skuil by die Allerhoogste God. U vertroos my. U bewaar my van die onheil wat my wil oorval. Selfs in die nag is u skaduwee my beskerming en niks sal my ontbreek nie, want die Herder lei my deur die vallei van die skadu van dood. Die bloed van die Lam sal al my tekortkominge aanvul en die bose oorwin en alles oorkom. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]