Tuesday 20 August 2024

Dit is nie maklik nie ...

Geen hartseer, pyn en wroeging
is maklik as ons dit alleen probeer dra nie.
Soveel makliker om hulp in gebed by Jesus te vra.
Hy beloof in Sy Woord om altyd daar te wees.
Ons van nuwe krag te voorsien deur die Heilige Gees.
Het jy al ooit na 'n storm na die reënboog gekyk?
Dis God wat belowe dat seerkry ook sal wyk.
Na die donkerste nag.
Skyn die son helderder die volgende dag.
Net soos 'n blom reën nodig het om te groei,
Word die mooiste 'blomme' gevorm in 'n hart wat bloei.

[Aangestuur deur Anoniem]