Wednesday 14 August 2024

Mossiestilte: 1 Kor. 13:1

Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidendende simbaal geword.


Dit is nie altyd maklik om almal om jou lief te hê nie, veral as iemand jou herhaaldelik te nagekom het. Jy word egter net geraas as jy daardie persoon nie lief het nie. God het egter vir ons gewys hoe dit gedoen word.

Sy eie mense het hom verwerp, en hardloop agter ander gode aan en tart Hom uit, maar Hy het al sy liefde getoon teenoor die hele wêreld se sondaars. God het jou gered in sy liefde en aan jou die ewige lewe gegee deur tot die dood toe vir jou te betaal, onvoorwaardelik.

Dankie Here, vir u soendood wat my gered het. Ek sondig baie keer deur nie in liefde te vergewe nie. U leer ons om ons vyande ook lief te hê. Maar toe ek vyandig was teenoor U, het U my kom red uit my sondige toestand. U het my deel gemaak van u koninkryk. Ek deel nou in God die Vader se nalatenskap saam met U. Ek loof en prys U, vir u groot geregtigheid aan my. Nou sal ek ander onvoorwaardelik vergewe. Ek leef in oorwinning deur u genade elke dag. Amen.