Friday 16 August 2024

MAAR, dan is daar altyd daardie IEMAND ...

Party dae kom mens by die werk aan en jy voel mismoedig, geïrriteerd met die medekollegas en sommer vies vir beurtkrag, beurtwater en die verkeer op pad werk toe. Of jy kom werk toe met hartseer en pyn, met geen lus vir die dag nie! Dit het al met ons almal gebeur.

MAAR, dan is daar altyd daardie IEMAND ...

IEMAND wat 'n simpel grappie vertel,
IEMAND wat 'n mooi boodskap in die oggende in jou gedagtes los,
IEMAND wat jou oorval met positiwiteit,
IEMAND wat altyd lag,
IEMAND wat 'n storie vertel, wat jou probleme klein laat voel,
IEMAND wat jou pyn raaksien en aan jou dink,
IEMAND wat jou beter laat voel!!

Jy was al daardie IEMAND vir 'n kollega! Dankie daarvoor!