Saturday 3 August 2024

Vrugteslaai: Warm vrugteslaai met brandewynstroop

Bestanddele:

Vrugte
2 Golden Delicious-appels in blokkies gesny
2 e druiwepitolie
4 vars perskes of pruime in blokkies gesny
200 g gedroogte sagte vye
Stroop
2 k appelsap
3/4 k brandewyn
2 kaneelstokkies
1 knippie sout
1/4 suurlemoen se sap

Metode:
Vir die vrugteslaai:
1. Verhit olie in pan en braai vrugte totdat dit begin verbruin.
(keer vrugte om i.p.v. roer)
2. Skep in poedingbakkies.

Metode:
Vir die brandewynstroop:
1. Verhit bestanddele in pan.
2. Laat prut totdat vloeistof halveer het.
3. Geur met knippie sout.
4. Skep bo-oor gebraaide vrugte

Wenk:
'n Skyfie of twee kaas kan saam met gebraaide vrugteslaai bedien word.

[Dankie, Anoniem]