Saturday 3 August 2024

Kerkgenotjies: 'n Klein dogtertjie bid een aand ...

'n Klein dogtertjie bid een aand ... 
Sy bid: "Jesus, dankie vir die kos, amen."
Haar ma sê: "Maar wat van jou pappa en mamma?"
Sy bid weer: "Jesus, dankie vir die kos en pappa en mamma, amen.'
Haar ma sê: "Maar wat van boetie en sussie?"
Sy bid nog 'n keer: "Jesus, dankie vir die kos en vir pappa en mamma en vir boetie en sussie, amen."
Haar ma vra: "En wat van jou klere?”
Sy bid: "Liewe Jesus, hou net aan, my ma wil ook met jou praat!"