Showing posts with label Koffiehuiskonsert. Show all posts
Showing posts with label Koffiehuiskonsert. Show all posts

Thursday, 6 June 2024

Foto's: koffiehuiskonsert (deel 2)

\

Die entoesiastiese bieërs by die uiters suksesvolle wildsveiling was Pieter Britz, Henry Weideman, Herman Combrink, Coen Visser en Marizaan du Toit (die leier).

Ds. Ensie was die goue leeu van Dutoitspan, bekend vir sy krag en dapperheid - die koning van die oerwoud. Malan Smith was die groot gesogte en trotse gemsbok wat seker die moeilikste is om te jag, die vlugvoetige, fassinerende loopvoël, algemeen bekend as die volstruis, was Dirk Marais, terwyl Jannie Stroebel die legendariese begeesterde Poenskop Bloubul was en aan stuur van die mikrofoon was die afslaer Fanie Minne. 

Ds. Ensie as The Jawning man

Ds. Ensie as Oriki
Klik HIER vir nog foto's.

Foto's: Elsa Minne

Saturday, 1 June 2024

Die koffiehuiskonsert met 'n koffiekinkel (Deel 1)


Die koffiehuiskonsert wat mense met 'n glimlag op die gesig en met ligter tred huis toe laat gaan het, is nou deel van 2024 se gemeente-geskiedenis. As jy nie die konsert kon bywoon nie, is daar ongelukkig eers weer volgende jaar 'n geleentheid om rondom die koffiekan te kan kuier.

"Soos professionele kunstenaars kan dié deelnemers gehuur word om kleur aan jou funksie te verleen. Kontak slegs die kerkkantoor om 'n datum te boek en tariewe te bespreek! Geen reiskoste in Kimberley-omgewing nie. Moenie hierdie eenmalige kans deur jou vingers laat glip nie."

Dankie vir die gehoor wat besluit het dat 'n lewendige konsert baie beter as die kommersiële TV-programme is. Dankie vir elke een wat gehelp het om die aand suksesvol te maak en 'n groot applous aan elke talentvolle deelnemer.

Klein Lisa, ouma Bets en Jannie du Toit
Foto's: Elsa Minne

Meimaand word op 'n vrolike noot afgesluit



Gaan maak 'n heerlike groot beker koffie, terwyl jy hierdie ruimte dophou vir nog foto's later vandag.
Klik HIER vir nog foto's!
Foto: Elsa Minne

Thursday, 30 May 2024

Meimaand se prettige poeding - het jy al 'n kaartjie?


Gesinspret! Gesinsvermaak! Gesinsontspanning!
Dutoitspan se koffiehuiskonsert!!

'n Opwindende koffiehuiskonsert is Meimaand se nagereg, aangebied deur die barmhartigheidsdiensgroep. 'n Feestelike basaar was Meimaand se hoofgereg.  

ONTHOU: VERVERSINGS SAL TE KOOP WEES!!!

KOM ondersteun LAG-LAG hierdie prettige fondsinsamelingspoging!

Friday, 24 May 2024

Koffiehuiskonsert: Lagterapie - 'n moet vir elkeen!!


Ons hou weer koffiehuiskonsert!!
Het jy al jou kaartjies gekoop??
Dit beloof om 'n heerlike lekker aand vol lag en pret te wees!
Bring gerus jou vriende, bure en skoonma saam!!

Kontak die kerkkantoor by 053 842 1100 vir meer inligting en vir spotgoedkoop kaartjies - geen inflasie en geen konsternasie!

Pieter kan ook gekontak word by 082 290 2104

Vergeet een aand van jou sorge en kom meld aan vir 'n lagsessie by die kerksaal.
Hulle wat lag, wen!

Saturday, 11 May 2024

Koffiehuiskonsert - lagterapie


Bring jou talent en kom wees deel van die lekker lag!

Kontak die kerkkantoor by 053 842 1100 vir meer inligting en vir kaartjies.

Pieter kan ook gekontak word by 082 290 2104

Vergeet een aand van jou sorge en kom meld aan vir 'n lagsessie by die kerksaal. Hulle wat lag, wen!

SIEN JOU DAAR!!!!

Wednesday, 8 May 2024

Koffiehuiskonsert - kom lag 'n slag


Bring jou talent en kom wees deel van die lekker lag!

Kontak die kerkkantoor by 053 842 1100 vir meer inligting en vir kaartjies.

Pieter kan ook gekontak word by 082 290 2104

Vergeet een aand van jou sorge en kom meld aan vir 'n lagsessie by die kerksaal. Volgens die dokter verhoog humor die mens se vermoë om stresvolle situasies te hanteer. Moenie hierdie doktersvoorskrif ignoreer nie.

SIEN JOU DAAR!!!!

Saturday, 27 May 2023

Koffiehuiskonsertfoto's 2023

Kimberley se koue is 'n koue wat deur murg en been sny om 'n vastrapplekkie in jou gebeente te soek. Fanie Minne lyk soos een van die drie wyse manne, maar hierdie was 'n koffiehuiskonsert en nie 'n kerskonsert nie. Dit was Fanie se poging om die koue te fnuik, iets wat baie moeilik is in 'n kerksaal agter die verhoog se gordyne.                                                                                                                                                                2023 se koffiehuiskonsert het egter gesorg vir warm harte, geoefende lagspiere en meer nog ... 'n ligte gemoed ... die koue ten spyt. Saterdagoggend het skaars aangebreek of hoogtepunte en lagwekkende dele word oor 'n koppie heerlike warm koffie weer vertel, gedramatiseer, weer gelag ... net om tot die slotsom te kom dat 2024 se koffiehuiskonsert 'n moet is op 2024 se kerkkalender.    


Ds. Ensie, Annatjie en Natalie Willemse in
Ek is nou nie 'n dokter nie.
Ds. Ensie en Pieter Britz in die Parlementsitting
(Kerkraadsvergadering)


Bets le Roux & Coen Visser -
trekklavier & kitaar




Elsa Minne & Wian Willemse (6 jaar oud) -
Ribbebeen




Foto's: Elsa Minne

Friday, 26 May 2023

Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023


LAG gewaarborg!!
Klim op die lekker-lag-vliegtuig en vergeet 'n wyle van PROBLEME!!  

Plek: Dutoitspan-kerksaal (Hier waar jy jou swaarkry-bekommernis kan vervang met lekkerkry-lag - met apologie aan Langenhoven.)

Nooi jou familie, bure, vriend en vyand om teen R10 per persoon te ontspan - beter as enige TV-program.

Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!

Moenie te laat wakkerskrik nie - beperkte aantal sitplekke!!!
KAARTJIES OOK BY DEURE BESKIKBAAR!!

Friday, 19 May 2023

Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023

Moenie wag nie!! Koop jou kaartjies vroegtydig!! 

Plek: Dutoitspan-kerksaal (Hier waar jy jou swaarkry-bekommernis kan vervang met lekkerkry-lag - met apologie aan Langenhoven.)

Nooi jou familie, bure, vriend en vyand om teen R10 per persoon te ontspan - beter as enige TV-program.  

Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!

Moenie te laat wakkerskrik nie - beperkte aantal sitplekke!!! 

Thursday, 18 May 2023

Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023

Koop jou kaartjies vroegtydig!! 

Hierdie is 50 jaar terug se kaartjiepryse en daarvoor kan jy vir twee heerlike ure vergeet van beurtkrag, waterprobleme, gate in die pad en die prys van petrol. Kom lag, gesels en ontspan. Vrydagaandete is by die koffiehuiskonsert beskikbaar en los sommer ma se probleem ook op.

Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!