Showing posts with label Keuse. Show all posts
Showing posts with label Keuse. Show all posts

Thursday, 14 August 2025

Dink daaroor: Jy het drie keuses ...

Jy het een van drie keuses
wanneer iets slegs met jou gebeur:
* Jy kan toelaat dat dit jou vernietig
of
* dit kan  jou nuwe realiteit word
of 
* dit kan jou sterker maak. 

Friday, 8 August 2025

Maklik vs. Moeilik

Waarom is dit so moeilik om die waarheid te praat 
en tog so maklik om 'n leuen te vertel?
Waarom word ons so vaak in die kerk,
maar skielik nugter wakker onmiddellik na die preek verby is?
Waarom is dit so moeilik om oor God te praat,
terwyl dit maklik is om oor lelike dinge te praat?
Waarom is dit so vervelig om in 'n Christelike tydskrif te lees, 
maar soveel makliker om in 'n smerige een te kyk?
Waarom word 'n e-pos met 'n godvresende strekking so maklik uitgewis, 
terwyl ons al die smeriges aanstuur?
Waarom word die kerke al hoe kleiner,
terwyl die kroeë en klubs al groter word?
Die keuse is joune en joune alleen.
Mag God jou bewaar en jou seën.

Thursday, 1 May 2025

Dink hieroor: Die verligting van vergifnis is ook in jou are

Ek glo in die son,
selfs al skyn dit nie.
Ek glo in liefde,
selfs al is ek alleen.
Ek glo in God,
selfs wanneer Hy stil is.
Ons almal is menslik, en almal kry seer.
Ons het almal ons lesse om uit die lewe te leer.
Ons almal wil graag vergifnis hê,
Maar dis soms so moeilik net om jammer te sê.
Ons almal het stories, van trane en spyt,
Ons almal het verhale van liefde en verwyt.
Niemand is perfek nie, en nie almal is mooi nie,
Maar onthou, die lekkerste appels is nie altyd rooi nie.
Vergewe en vergeet, is soos bitter en soet.
Die soet laat jou hart klop en die bitter vergiftig jou bloed.
Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe jou nie.
Dis nie die moeite werd om dinge teen mense te hou nie.
Leer om te lewe en ander te laat leef,
Leer om na die goeie in die lewe te streef.
Daar’s net een van jou, en net een kort kans,
Om op die ritme van jou geluk, in die lewe te dans.
Verlos jouself en begin diep binne rond delf.
Maak stupid grappies en lag hardop vir jouself.
Daar’s beter dinge as rykdom en geld,
Al bly jy in ‘n tent iewers in die veld.
Dis jou eie keuse maak of breek,
Kyk bietjie wat jy in jou binneste wegsteek.
Tel op jou kop, hou jou trane vir ‘n ander dag,
Dink terug aan goeie tye, en mis dit vir ‘n slag.
Dink aan al die dinge wat jy al behaal het,
En buitendien is dit God wat jou lewe bepaal het.
Voel die verligting van vergifnis in jou are!

Tuesday, 3 December 2024

Mag jy 'n positiewe dag hê ...

Die lewenspad is soms vol opdraandes,
soms gelyk,
soms taai.
Tree vir tree en
dag vir dag vorder jy hierop.
Partykeer is die pad begaanbaar ander kere verdwaal jy.
Dit voel dalk vir jou of ander mense jou pad vir jou bou.
Dis nie waar nie!
Jy HET 'n keuse!
Vader het immers vir jou verstand gegee.
Jou sleutel tot geluk lê in jou kop.
Begin om reg te dink.
Maak jou gedagtes vol van Vader.
Jou lewenspad loop deur jou kop - altyd.
Daar begin jy elke dag.
Gee jou gedagtes vandag nog vir die Vader!
En elke dag gedagte vir gedagte.
Dan kry jou lewenspad skielik nuwe betekenis
en nuwe rigting!

Thursday, 26 September 2024

Dink hieroor: Jy het 'n keuse


Keuses is die kragtigste wapen wat ons het. Alles wat ons doen of sê kom neer op 'n keuse, want met elke keuse sluit jy vir jouself 'n hele klomp moontlikhede oop of toe.
Op enige stadium van jou lewe kan jy die rigting van jou lewe verander met slegs een keuse - as dit jou nie langer pas nie, stap weg.

Die keuse is in jou hande.

Saturday, 25 July 2020

Die media bombardeer en ons kla ...

Dink 'n bietjie hieroor!

Ons het in die gewoonte verval om te kla - ons kla oor alles by almal wat 'n gewillige oor leen en sodoende dra ons by tot die donker gemoedstoestand wat oral sigbaar is. Covid-19 het hierdie kla-gewoonte van ons aangevuur tot hoër hoogtes. Miskien is dit tyd om versigtiger met ons woorde en klagtes om te gaan. Die media bombardeer mense met negatiwiteit oor alles - die nuus van die dag. En ons herhaal die nuus wat almal reeds van kennis dra. 'n Bose kringloop. Kom ons breek hierdie gewoonte en ons hou op kla, veral oor onbenullighede, soos die dra van 'n masker, die sosiale afstand, die weer, die swak diens, ens. Daar is mense tussen ons wat deur erger trauma gaan en enige tyd plekke sou wou ruil.

Die mense wat weet sê 'n mens moet elke dag 10 dinge op papier neerskryf waaroor jy dankbaar is. (Skryf dit sommer in 'n oefeningboek en blaai aan die einde van die jaar terug om jou te herinner aan al die goeie dinge wat gedurende die jaar met jou gebeur het.)

Die keuse is in jou hande. Jou gesindheid teenoor die pandemie is in jou hande. Moenie dat hierdie keuse deur die media beïnvloed word nie. Wees waaksaam, wees stil en weet wie die Here is.

Hy is nog altyd in beheer ...

Friday, 4 January 2019