Nellie du Toit is in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Sy het 'n roemryke loopbaan gehad, maar beskeidenheid was een van haar uitstaande karaktertrekke. Sy was 'n baie private mens wat nie 'n bohaai oor haarself gemaak het nie, maar sy het eerder gefokus op haar studente en wat sy hulle kon leer.
Sy is op 17 Desember 1929 gebore en is op 29 Julie 2018 oorlede. Gaan lees gerus die artikel oor Nellie du Toit hier.
Showing posts with label Nellie du Toit. Show all posts
Showing posts with label Nellie du Toit. Show all posts
Monday, 30 July 2018
Thursday, 5 April 2018
Nellie du Toit en Dutoitspan...
![]() |
Nellie du Toit se ma het in Dutoitspan se kerkkoor
gesing. In 1916, in ds. Kotzé se tyd, is die nuwe
orreltjie in gebruik geneem. Mej. Annie Maritz (Slabbert)
was destyds die orreliste en onder die koorlede vind ons
die name van Hennie en Lettie Venter, asook van mejj.
Ricca van Reenen en Maggie Shingler (Du Toit).
Laasgenoemde is die moeder van Nellie du Toit, die
sangeres van Pretoria.
(Van haar moeder, wat self baie musikaal was, het sy haar eerste onderrig in sang en musiekontvang - Gaan lees gerus weer die berig.) Vandag is die Nellie du Toit-merietebeurs 'n nalatenskap van alles wat sy al in die lewe bereik het. |
Internet: Nellie du Toit
Sunday, 4 February 2018
Agtergrond van Nellie du Toit
Nellie du Toit (* 17 Desember 1929 in Pietersburg, Transvaal (vandag Polokwane, Limpopo)) is 'n Suid-Afrikaanse liriese sopraan. Van haar moeder, wat self baie musikaal was, het sy haar eerste onderrig in sang en musiek ontvang. Ná matriek het sy haar by die Suid-Afrikaanse Musiekkollege in Kaapstad laat inskryf en is verder deur Adelheid Armhold en Gregorio Fiasconaro onderrig.
Aan die einde van 1952 het sy die Diploma in Opera met lof verwerf en die volgende jaar na Londen vertrek, waar sy haar studies onder Tatiana Makushina voortgesit asook rolle in Le Nozze di Figaro en La Cenerentola vir die English National Opera vertolk het. Ná haar terugkeer na Suid-Afrika het sy saam met die beroemde tenoor Marcel Mittrisch 'n toer deur die land onderneem met die oog op die verwerwing van 'n Lisensiaat in sang. Sy het haar studie voortgesit aan die Universiteit van Suid-Afrika. Op grond van haar prestasie in dié studie het sy 'n Unisa-beurs verower, wat haar in staat gestel het om weer oorsee te gaan studeer - dié keer in Wene onder Maria Hittorff.
Na haar terugkeer was sy aktief betrokke by opera-opvoerings dwarsdeur Suid-Afrika. Die Nederburg-operaprys is reeds drie keer aan haar toegeken – die laaste keer vir haar vertolking van Tosca in 'n produksie van Sukovs. Dié toekenning is ook 'n aanduiding van haar beheersing van dramatiese rolIe.
Hoogtepunte in haar loopbaan was haar deelname aan die première van Henk Badings se radiofoniese
opera Asterion (N.P. van Wyk Louw, 1958) en in 1970 aan die Ballade van die Bloeddorstige Jagter (G.A. Watermeyer) van dieselfde komponis. In 1972 het sy 6e geëindig in die Madame Butterfly-kompetisie in Japan. Etlike operarolle het sy herhaaldelik gesing, byvoorbeeld Madama Butterfly, wat sy meer as honderd keer gesing het, Mimi in La Bohème, Violetta in La Traviata, Lucia in Lucia di Lammermoor en Norma in die gelyknamige opera. Ook die Lieder-kuns het sy nooit verwaarloos nie en het dikwels in Liederkonserte opgetree en radiouitvoerings gegee. (Bron: Wikipedia)
Foto-erkennings:
Nellie 1 - http://versindaba.co.za/2009/12/17/nellie-du-toit/
Nellie 2 - The Heart & Soul of Gé Korsten (Gallo CDREDD 645)
[https://af.wikipedia.org/wiki/Nellie_du_Toit]
Dankie vir al die terugvoer wat ontvang is van die lesers. Baie dankie aan André van Dyk vir 'n heerlike e-pos vol inligting. Die verband tussen Nellie du Toit en Dutoitspan sal later hierdie week bekend gemaak word. Gaan luister intussen na die pragtige werke op YouTube en gaan Google gerus haar interessante loopbaan.
Wednesday, 31 January 2018
Nellie du Toit en Dutoitspan?
Weet enigiemand wat die verband tussen hierdie gemeente en die baie bekende Nellie du Toit is?
Stuur gerus 'n e-pos en hou die blog dop vir die antwoord!
[http://www.sahistory.org.za/dated-event/petronella-nellie-du-toit-south-african-soprano-singer-born]
Stuur gerus 'n e-pos en hou die blog dop vir die antwoord!
[http://www.sahistory.org.za/dated-event/petronella-nellie-du-toit-south-african-soprano-singer-born]
Subscribe to:
Posts (Atom)



