Monday 30 July 2018

Die bekende sopraan, Nellie du Toit oorlede ...

Nellie du Toit is in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Sy het 'n roemryke loopbaan gehad, maar beskeidenheid was een van haar uitstaande karaktertrekke. Sy was 'n baie private mens wat nie 'n bohaai oor haarself gemaak het nie, maar sy het eerder gefokus op haar studente en wat sy hulle kon leer.

Sy is op 17 Desember 1929 gebore en is op 29 Julie 2018 oorlede. Gaan lees gerus die artikel oor Nellie du Toit hier.