Sunday 22 July 2018

Ongeluk eis die lewe van 'n talentvolle jong man ...

Ethen, Eulise en Eloíse
Ethen Brown, seun van Eugene en Liesl Brown is op 19 Julie in 'n motorfietsongeluk oorlede. Hy is die kleinseun van Rinus en Selma Slabbert. Ethen was vanjaar in die belydenisklas en almal het net mooi herinneringe van hierdie lewenslustige jong man. Ons dink in die besonder aan dié gesin in ons gebede en glo dat hulle ongekende krag in hierdie moeilike dae van Bo sal ontvang.

Eugene en Liesl Brown saam met hulle kinders.