Saturday 28 July 2018

Basaar: moenie hierdie datum vergeet nie...

Daar is nog baie plek op
my tafel!!
Net so 'n vinnige basaar-herinnering wat nou uitgestel is na die begin van Augustus.

Dit is nog nie te laat om nog boeke, wit olifante, plante, bestanddele en kontant by die kerkkantoor te kom aflaai nie. Ons sien uit na die onverwagte en verrassende bydrae wat 'n blou Maandag onmiddellik groen verf!

Ek herinner julle aan 'n Farmer Brown hoender-advertensie so 'n hele klompie jare terug op TV: Die man het gesê dat die hoenders so lekker smaak, omdat hulle so lekker eet!  

Wel, ons hier by die gemeente vra graag, omdat ons graag artikels in kontant omsit, want ons help graag diegene wat dit nodig het ...

'n GROOOOT dankie aan elkeen wat so hard werk om ook van hierdie poging 'n sukses te maak.