Showing posts with label Lente. Show all posts
Showing posts with label Lente. Show all posts

Saturday, 5 September 2026

Senior gemeentelede: Geniet julle lentefunksie

Die lente van die hart:

Met die winter wat finaal agter ons lê (ons hoop so), groet ons die koue en verwelkom ons die warm, lewendige kleure van die lente. Hierdie seisoen herinner ons daaraan dat hernuwing en skoonheid nie net aan die jeug behoort nie, maar dat die hart op enige ouderdom weer opnuut kan blom.

Met die geur van jasmyn in die lug en nuwe hoop in ons harte, hoop ons dat julle hierdie funksie terdeë sal geniet en deel sal maak van julle skatkis vol herinneringe. Mag dit vir jou vandag vrede en 'n glimlag bring!

Ons seënbede vir jou
Mag die Here jou hierdie lente en die res van die jaar ryklik seën met die warmte van Sy liefde en die lig van Sy teenwoordigheid. Mag Hy elke stram lit verkwik, elke bekommernis wegneem, en jou hart vul met 'n diep, standhoudende vrede.
Soos die natuur rondom ons nuut word, bid ons dat jou gees daagliks verfris sal word met nuwe krag, vreugde en dankbaarheid vir die pad vorentoe. Blom waar jy geplant is, omring deur Sy genade.
Amen.

Friday, 22 August 2025

Kontraste

Winter en lente (soos somer en herfs) is albei deel van een proses. Nes 'n mens gee en ontvang nie van mekaar kan skei nie, kan 'n mens ook nie een seisoen sonder die ander ervaar nie. As mense kan ons baie uit die tydlose wysheid van die natuur leer en in ons eie lewens toepas.

Die koue van die winter maak dat alles stadiger word en selfs in 'n winterslaap insluimer. En soms sterf goed ook af. Ek sien hierdie as 'n tyd om te rus en om na te dink oor waar jy jou in jou lewe bevind. Dit skep vir jou 'n geleentheid om te besluit wat vir jou in jou lewe belangrik is, en wat nie. En om dan stappe te neem om ontslae te raak van alles wat nie meer 'n positiewe rol in jou lewe speel nie. Kyk mooi na elke area van jou lewe: jou huis en besittings, jou werk, vriende, familie en ander verhoudings, kyk ook na jou emosies. En besluit dan wat jy wil hou, wat jy wil verander en wat jy van ontslae wil raak.

So sal jy jouself voorberei vir die nuwe lewe wat lente bring. Jyself gaan verjong en heel voel, reg om 'n nuwe seisoen in jou lewe te skep. Jy kan dit inkleur met al jou hartsbegeertes, soos 'n tuin in volle bloei.

Nes in die natuur, groei ons as mense in sarsies. Daar is tye van groei, tye om te voed, tye van bloei en tye van rus in elke lewe, joune ook.

Die kontraste tussen winter en lente herinner ons dat hierdie ook sal verbygaan. Ons word bewus van en dankbaar vir alles wat ons het. Dit gee ons ook die geleentheid om die mooi in die lewe weer raak te sien, al is dit soms vaal en grys.

In die lewe is daar seisoene. Soos die son soggens opkom en die sterre saans skyn, kan jy verskillende seisoene in jou lewe verwag. Jy kan óf daarteen baklei óf dit aanvaar en die beste maak van die omstandighede wat oor jou pad kom. Die keuse is joune!

Kies DIT wat jou gelukkig maak, DIT wat niemand skade aandoen nie, JY inkluis. En wanneer jy twyfel, kyk na die tydlose wysheid van die natuur vir antwoorde.

[Prince Albert Vriend, Oktober 2017, bl.9: Maruschka Erasmus - 'n NLP-lewensafrigter, EFT-praktisyn en 'n geregistreerde berader.]  

Friday, 22 November 2024

Terugblik: 2002 - Lentedagkaartjies


Lentedagboodskappies wat vir die senior burgers uitgedeel is, tydens die lentetee wat die gemeente vir hulle in die saal aangebied het.

Sunday, 1 September 2024

Lentegebed

Liewe Heer, ek aanbid U op hierdie lentemôre as die Skepper God
Nuwe lewe bot orals rondom my uit
Kom en vernuwe my ook deur U Heilige Gees
U ken my hart so goed, Here
Hier aan die begin van die lente vra ek U om al die dooie hout
van my lewe weg te snoei, en in die plek daarvan helderkleurige liefdesbloeisels te plant
Lekkerruik-mensweesblomme van sagte marsmallowspienk
en wit omdat my hart met U Gees gevul is
en ek elke dag met U water van liefde verfris kan word
Voed my met U Woord, liefde, vrede,vreugde en genade
sodat elke nuwe bot die heerlike Geesvrugte sal voortbring
Meester van my hart, laat groei in my U liefde
sodat ander U in my sal sien, hoor en voel
Dankie vir die pragtige lenteseisoen
waarmee U ons seën.
Amen

[Dankie, Rosetta vir die deel van hierdie lentegebed]

Afkondiging: Begin LENTE op 'n hoë noot

Monday, 18 September 2023

Dankie vir die lentefunksie

Klik HIER vir die foto's

Saturday, 16 September 2023

'n Heerlike lentefunksie

 






Klik HIER vir nog meer foto's.
[Fotograaf: Elsa Minne - baie dankie!]

Geniet die lentefunksie


Wednesday, 6 September 2023

Die meer volwasse gemeentelede van 60 jaar en ouer

'n Spesiale lekker lente-bederfoggend vir al die gemeentelede wat in die lente van hulle lewe is. Kom kuier oor 'n koppie koffie of tee, kom gesels oor die ou dae, diep staaltjies en stories van weleer op en kom giggel oor die guitighede van die jongere geslag.

Sien jou daar - onthou net om vroegtydig te bespreek. 

Friday, 1 September 2023

Lente 2023


Die eerste dag van 'n heerlike nuwe seisoen - lente - nie net in die natuur nie, maar ook in ons harte. Lente beteken meer sonlig, meer energie, meer lewenslus, warmer dae, plante wat uitloop en blom. Bome wat vrugte dra. Mag lente 2023 deursuur en vir ons gemeente geestelik ook `n tyd word van nuwe lewe, nuwe geleenthede en nuwe diensbaarheid in Sy Koninkryk - die nood rondom ons is groot ... die uitreikaksies daar ... die gewilliges ... nie altyd baie nie ... 

Mag ons elkeen deel wees van hierdie nuwe seisoen waarin die Lewendmakende Gees van God ons lewens sal laat bot sodat ons vrug kan dra!

Sunday, 1 September 2019

Lente ...