Showing posts with label Krag. Show all posts
Showing posts with label Krag. Show all posts
Sunday, 30 August 2026
Sunday, 23 August 2026
Thursday, 23 July 2026
Dink hieroor: Waar kry jy jou krag vandaan?
Jy leef uit die krag van die Een wat in jou woon.
Die waarheid is eenvoudig.
Bekommernis het geen krag nie.
Bekommernis kan nie jou toekoms verander nie.
Bekommernis kan nie jou verlede regmaak nie.
Bekommernis kan egter jou hede steel.
Maar geloof in God se Woord,
vervang die van angs met vrede.
"U sal hom in volkome vrede bewaar wie se gedagte op U gerig is"
(Jesaja 26:3).
Vrede is nie iets wat jy jaag nie.
Dit is iets wat jy binne jou ervaar
wanneer jy rus in die Een wat in jou woon.
[Aangestuur]
Sunday, 24 May 2026
Monday, 4 May 2026
Nooit alleen nie: Ek sal rustig wees, want ...
* Ek aanvaar die MIDDELE waardeur God my wil help. Daarom sal ek die dokter, verpleegsters en behandeling sien as instrumente in die hand van die Here. Ek sal SAAMWERK so ver as moontlik.
* Ek aanvaar die TYD waarop God my wil genees. Hy is my alwyse en liefdevolle Vader wat weet wat die beste vir my is, en wat die beste vir my wil doen.
* Ek aanvaar die WEG waarlangs die Here my lei. As Hy my genees, sal dit vir my 'n wonderwerk wees - of Hy middele gebruik of nie; of dit gou is of nie.
Ek aanvaar dat God nooit sy kind in die steek laat nie. Ek sal seker maak dat ek sy kind is, sodat ek ook kan weet: "Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie." Hebr. 13:5.
"Wees nie bevrees nie, want Ek is by jou." Jes. 43:5.
Die kerk staan by jou ...
Siekte raak nie net ons liggaam nie - dit het ook 'n invloed op ons gees. Ons gees het egter ook 'n invloed op ons liggaam.
Daarom wil die kerk met jou saamleef in tye van siekwees. Ons sal saamwerk en bid vir die versterking van jou gees en die genesing van jou liggaam.
Mag jy ondervind dat hierdie tyd nie verlore tyd is nie, maar dat dit blywende resultate lewer.
INDIEN JY 'N BEHOEFTE HET AAN HUIS-, HOSPITAAL-
OF SIEKEBESOEK, SKAKEL ASB DIREK VIR
DS. ENSLIN BY 079 522 9680.
Thursday, 30 April 2026
Die Krag Van Dankbaarheid In 'n Christen Se Lewe
Van al die maniere om God te aanbid,
Van die insekte tot die diere,
is dankbaarheid waarskynlik die een
wat die meeste deur ons misgekyk word.
Van die insekte tot die diere,
sien ons hoe God sy seëninge
oor al sy skepsels uitgestort het,
maar slegs die mens beskik oor die vermoë
om deur woorde en dade
uitting te gee aan dankbaarheid.
‘n Lewe van dankbaarheid lyk egter anders
as om bloot goeie maniere te hê en dankie te sê.
Die gawe van dankbaarheid word deel van ons lewe
wanneer ons ten volle besef wat God vir ons
uit genade gedoen het en dit ons dryfkrag word
om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
Begin vandag om elke dag dankbaar te leef!
Sunday, 19 April 2026
Tuesday, 17 March 2026
Mandjie Hoop: Hy verander my!
Treetjie vir treetjie lei Hy my,
dra Hy my,
kom soek Hy my,
leer Hy my,
stuur mense na my,
voed Hy my,
sorg Hy vir my,
gee my manna en heilige water,
vra Hy my om te getuig van Hom want sien
Nie ek nie,
Nie ek nie,
maar God verander my in Sy kind,
'n Christus-volger.
God verander my gedagtes,
my denke,
my hart van vrees of klip.
God was my en gee my witte klere,
salf vir my oë,
'n nuwe naam en 'n naamplaatjie.
God gee my geloof,
Sy Heilige Gees,
'n nuwe lid,
'n nuwe krag,
God maak my heel,
gesond en heilig.
Monday, 2 February 2026
Nooit alleen nie: Ek sal sterk wees, want ...
* Ek het 'n bron van krag wat altyd genoegsaam is: "Die Here is my lig en my heil, vir wie sal ek vrees?" Ps. 27:1
* Ek is hier op Gods bestelling en in sy bewaring: "Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom en Hy sal dit uitvoer." Ps. 37:5
* Ek is hier in die Skool van Christus en sal met 'n gewillige hart luister en leer: "Neem my juk op julle en LEER van my, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal RUS vind vir julle siele."
Mat. 11:29
* Ook my liggaam behoort aan die Here en is vir Hom van groot waarde: "Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort." 1 Kor. 6:20
Die kerk staan by jou ...
Siekte raak nie net ons liggaam nie - dit het ook 'n invloed op ons gees. Ons gees het egter ook 'n invloed op ons liggaam.
Daarom wil die kerk met jou saamleef in tye van siekwees. Ons sal saamwerk en bid vir die versterking van jou gees en die genesing van jou liggaam.
Mag jy ondervind dat hierdie tyd nie verlore tyd is nie, maar dat dit blywende resultate lewer.
INDIEN JY 'N BEHOEFTE HET AAN HUIS-, HOSPITAAL-
OF SIEKEBESOEK, SKAKEL ASB DIREK VIR
DS. ENSLIN BY 079 522 9680.
Monday, 25 August 2025
Gebed: Gebed veroorsaak 'n beroering
ELKE keer wanneer ons BID,
is daar ‘n BEROERING in die HEMELE en op AARDE.
Elke GEBED wat ons BID,
sneller ‘n Goddelike REAKSIE in die GEES.
Die ALLERHOOGSTE GOD mis nie een gebed nie.
Elke gebed wat ons BID,
het bonatuurlike MOMENTUM en KRAG.
Gebed verander nie net OMSTANDIGHEDE vir ons nie.
Dit verander ook ONS vir die omstandighede.
Soms bid ons vir die BERG om te skuif …
maar dikwels skuif die HERE ons.
Soms gee die HERE nie vir ons wat ons gevra het nie,
want Hy het iets BETERS in gedagte.
Solank ons net glo en verstaan:
HY weet altyd die BESTE vir ons.
Daarom het HY die LAASTE SÊ!
GEBED is altyd ‘n teken
van ons KINDERLIKE geloof in die Lewende GOD.
Dankie VADER dat U altyd na ons GEBEDE LUISTER!
Amen.

Tuesday, 29 July 2025
Mandjie Hoop: Sterker
Moenie bid vir 'n gemaklike lewe nie,
maar bid om sterker te kan wees.
Moenie bid vir 'n taak wat by jou kragte pas nie,
maar bid om krag vir jou taak.
Phillips Brooks (1835–1893)
maar bid om sterker te kan wees.
Moenie bid vir 'n taak wat by jou kragte pas nie,
maar bid om krag vir jou taak.
Phillips Brooks (1835–1893)
Tuesday, 8 April 2025
Mandjie Hoop: Wense vir jou lewenspad
* Gemaklik stapskoene vir jou lewensreis aanhê.
* Presies weet waar jou motorsleutels en selfoon is.
* Betyds vir 'n werksonderhoud wees.
* Presies weet waarheen jy op pad is.
* Jou sambreel onthou - al skyn die son as jy die huis verlaat.
* Die vulstasie haal voordat jou brandstof op is.
* Betyds die melk uit die mikrogolfoond haal.
* Geluk in jou lewe ervaar.
* Oor die nodige innerlike krag beskik om moeilikhede die hoof te bied.
Monday, 10 February 2025
Terwyl 'n vrou eendag bid, vra sy:
"Wie is U, Here?"
Hy antwoord haar toe: "EK IS."
"Maar wie is EK IS?" vra sy.
God sê: "EK IS Liefde;
EK IS Vrede;
EK IS Genade;
EK IS Vreugde;
EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe;
EK IS die Lig;
EK IS jou Vertrooster;
EK IS Krag;
EK IS die Skepper;
EK IS die Alfa en die Omega - Die Begin en die Einde."
Sy vra toe: "Maar Here, wie is ek dan?"
God vee haar trane af en sê: "JY IS MYNE

Tuesday, 4 February 2025
Mandjie Hoop: Vertrou die Allerhoogste
Die mens wat standvastig op die Allerhoogste vertrou,
staan kragtig in sy krag,
wys in sy wysheid,
gelukkig in sy geluk.
[Joseph Addison]
staan kragtig in sy krag,
wys in sy wysheid,
gelukkig in sy geluk.
[Joseph Addison]
Thursday, 30 January 2025
Loof-prys U Naam!
By die 👣 van Jesus word ons stil voor Hom
By die 👣 van Jesus hoor ons Sy stem
By die 👣 van Jesus spreek Hy woorde soet
By die 👣 van Jesus vind ons krag in gebed
By die 👣 van Jesus kan ons ontspan elke dag
By die 👣 van Jesus kry ons oorwinning oor twyfel
By die 👣 voete van Jesus verdwyn alle vrees
By die 👣 van Jesus is heling vir die gees
By die 👣 van Jesus vind ons troos vir ons gemoed
By die 👣 van Jesus is vrede te kry
By die 👣 van Jesus vloei genade vry
By die 👣 van Jesus is genesing vir die seer
By die 👣 van Jesus is liefde in oorvloed!

[Dankie, Rosetta!]
Tuesday, 21 January 2025
Mandjie Hoop: God het my geleer ...
om nie bekommerd te wees nie.
Ek het gister oorleef.
Ek hanteer vandag.
En met God se hulp,
kan ek môre aanpak
en alles wat op my pad kom.
[Dankie, Ena]
Monday, 28 October 2024
Rots in ons pad
'n Seuntjie het buite gespeel en hy was besig om vir hom huisies te bou en paaie te maak, sodat hy met sy karretjies daarop kon ry.
Sy pa het saggies oor sy koppie gestreel, en vir hom gesê: "Maar jy het nog nie alles probeer nie."
Die seuntjie het opgespring en oortuig van sy saak gesê: "Maar Pappa het self gesien hoe sukkel ek."
Here, hoe dikwels het ons hierdie vreeslike rots in ons pad, en niks wat ons doen of sê beweeg dit nie, en as ons dan op 'n hopie neersak en ons wil huil van moedeloosheid, dan vra U so saggies: "
My kind, het jy my al gevra?" Ons erken vandag dat ons eers in ons eie krag probeer, en as niks wil werk nie, dan gaan ons na U toe as 'n laaste poging. Here, van hierdie dag af, onderneem ek om eerste by u voete te gaan sit, dan het ek nie nodig om my eie kragte so uit te put nie.
Amen
In die bouproses was daar 'n baie groot rots wat in sy pad was, en hy het alles probeer om die rots geskuif te kry. Hy het dit getrek, hy het dit gestoot, hy het naderhand sy fietsie gaan haal en 'n tou daarom vasgemaak en dit so probeer wegtrek, maar alles tevergeefs. Die sweet het hom afgetap, en hy het moedeloos langs sy pa gaan sit wat onder 'n boom op 'n bank gesit het, en hierdie hele petalje aanskou het. Sy pa het hom vol liefde aangekyk en vir hom gevra: "Boetman, het jy nou alles probeer?"
Baie verontwaardig sê hy vir sy pa: "Pappa het gesien hoe hard ek gesukkel het, ek is nou so moeg en die rots beweeg nie."
Sy pa het saggies oor sy koppie gestreel, en vir hom gesê: "Maar jy het nog nie alles probeer nie."
Die seuntjie het opgespring en oortuig van sy saak gesê: "Maar Pappa het self gesien hoe sukkel ek."
En toe antwoord sy pa in 'n sagte stem, "Nee, my Seun, jy het nog nie alles probeer nie, want jy het my nog nie gevra nie."
Here, hoe dikwels het ons hierdie vreeslike rots in ons pad, en niks wat ons doen of sê beweeg dit nie, en as ons dan op 'n hopie neersak en ons wil huil van moedeloosheid, dan vra U so saggies: "
My kind, het jy my al gevra?" Ons erken vandag dat ons eers in ons eie krag probeer, en as niks wil werk nie, dan gaan ons na U toe as 'n laaste poging. Here, van hierdie dag af, onderneem ek om eerste by u voete te gaan sit, dan het ek nie nodig om my eie kragte so uit te put nie.
Amen
Tuesday, 20 August 2024
Dit is nie maklik nie ...
Geen hartseer, pyn en wroeging
is maklik as ons dit alleen probeer dra nie.
Soveel makliker om hulp in gebed by Jesus te vra.
Hy beloof in Sy Woord om altyd daar te wees.
Ons van nuwe krag te voorsien deur die Heilige Gees.
Hy beloof in Sy Woord om altyd daar te wees.
Ons van nuwe krag te voorsien deur die Heilige Gees.
Het jy al ooit na 'n storm na die reënboog gekyk?
Dis God wat belowe dat seerkry ook sal wyk.
Na die donkerste nag.
Skyn die son helderder die volgende dag.
Net soos 'n blom reën nodig het om te groei,
Word die mooiste 'blomme' gevorm in 'n hart wat bloei.

[Aangestuur deur Anoniem]
Tuesday, 6 August 2024
Dankie, vir liefde ongekend
maar ek weet U sorg vir skoene aan my voete.
Soms is die opdraande steil,
maar ek weet U maak my pad gelyk.
Soms raak my bene moeg,
maar ek weet U gee my weer krag.
Dankie vir U liefde, Heer,
dis U wat my deur alles dra,
keer op keer.
[Dankie, Ena.]
Thursday, 25 July 2024
Jesaja 40 se trooswoorde:
Die gras verdor, die blom verwelk,
maar die WOORD van onse GOD hou stand in ewigeid!
Weet jy dit nie?
Of het jy dit nie gehoor nie?
'n EWIGE GOD is die HERE!
SKEPPER van die eindes van die aarde;
HY word nie moeg of mat nie;
daar is geen deurgronding van SY verstand nie.
HY gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte
vir die wat geen kragte het nie.
Die jonges word moeg en mat
en die jongemanne struikel selfs;
maar die wat op die HERE WAG,
kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat -
dis van Jesaja 40 se trooswoorde,
en die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word.
[Dankie, Rosetta]
Subscribe to:
Posts (Atom)