Tuesday 31 July 2018

Krap-en-koopklerewinkel

Ma., Wo., Do. (10h00-13h00)
Dinsdae (12h00-13h00)
Vrydae   (10h00-12h00)

Daar is 'n dringende behoefte aan kinderklere.
Die winkel benodig ook winkelsakke.

Slegs gesinne wat geen salarisinkomste verdien nie, mag by hierdie winkel kom koop.

Die taal van emosie...


Monday 30 July 2018

Die bekende sopraan, Nellie du Toit oorlede ...

Nellie du Toit is in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Sy het 'n roemryke loopbaan gehad, maar beskeidenheid was een van haar uitstaande karaktertrekke. Sy was 'n baie private mens wat nie 'n bohaai oor haarself gemaak het nie, maar sy het eerder gefokus op haar studente en wat sy hulle kon leer.

Sy is op 17 Desember 1929 gebore en is op 29 Julie 2018 oorlede. Gaan lees gerus die artikel oor Nellie du Toit hier.   

Success means...


Sunday 29 July 2018

Vlytige vingers van die jong lidmate ...

Saterdag se dankfees is almal se fees en daarom word die kleintjies van heel vroeg af geleer om sommer so speel-speel saam te werk en hulle bydrae te lewer. Hulle spontane entoesiasme is aansteeklik.

Kom Saterdag na Dutoitspan se dankfees en bring vriend, vyand en familie saam. 

[Foto's: Christelle Hattingh; Carla Smith en Marí Mathyssen]








A Sunday well spent...


Saturday 28 July 2018

Die nederige toiletrol, kan geld laat inrol ...

Gaan kyk gerus na die honderde idees wat daar is om toiletrolle en die plastiese bottel te herwin. Trek dit 'n vrolike baadjie aan en sit dit dan op die lekkergoedtafel. Min kinders loop verby 'n kreatiewe lekkergoedhouer. Mooi boodskappies laat selfs die grootmense twee keer kyk. Maak 'n draai hier vir nog idees. Daar is nog so 'n paar dae oor, voor ons agter ons tafels moet staan! Lekker werk!


Basaar: moenie hierdie datum vergeet nie...

Daar is nog baie plek op
my tafel!!
Net so 'n vinnige basaar-herinnering wat nou uitgestel is na die begin van Augustus.

Dit is nog nie te laat om nog boeke, wit olifante, plante, bestanddele en kontant by die kerkkantoor te kom aflaai nie. Ons sien uit na die onverwagte en verrassende bydrae wat 'n blou Maandag onmiddellik groen verf!

Ek herinner julle aan 'n Farmer Brown hoender-advertensie so 'n hele klompie jare terug op TV: Die man het gesê dat die hoenders so lekker smaak, omdat hulle so lekker eet!  

Wel, ons hier by die gemeente vra graag, omdat ons graag artikels in kontant omsit, want ons help graag diegene wat dit nodig het ...

'n GROOOOT dankie aan elkeen wat so hard werk om ook van hierdie poging 'n sukses te maak.

Don't go to church...


Friday 27 July 2018

Thursday 26 July 2018

Tuesday 24 July 2018

Monday 23 July 2018

Sunday 22 July 2018

Ongeluk eis die lewe van 'n talentvolle jong man ...

Ethen, Eulise en Eloíse
Ethen Brown, seun van Eugene en Liesl Brown is op 19 Julie in 'n motorfietsongeluk oorlede. Hy is die kleinseun van Rinus en Selma Slabbert. Ethen was vanjaar in die belydenisklas en almal het net mooi herinneringe van hierdie lewenslustige jong man. Ons dink in die besonder aan dié gesin in ons gebede en glo dat hulle ongekende krag in hierdie moeilike dae van Bo sal ontvang.

Eugene en Liesl Brown saam met hulle kinders.


Die vrug van die Gees...


Saturday 21 July 2018

Ek sal hulle God wees...


Basaar: Moenie die datum vergeet nie...

Die jongeres het die "Fanta"-trein sommer baie
geniet en met 'n al twee sy duime in die lug, wys
Addie dat die wêreld reg is.  
Kom baai in die gasvryheid van die gemeente se kerkbasaar.

Laat die geur van kaneel, braaivleisvure, kerrie en sosaties jou aan die neus lei. Moenie die kleurvolle poeding, lekkergoed en kleinkoekies miskyk nie.

Begin met 'n kafeien-inspuiting sommer vroeg-vroeg in die oggend en werk jou pad oop tussen die gebak!

Vir die laatkommers sal daar nog jaffles, worsbroodjies en kerrie en rys wees.

Maak 'n draai by die wit olifanttafel en koop van die pragtige plantjies vir die tuin, handgemaakte naaldwerk, en konfyt vir diegene na aan jou.

Speletjies is vir die jongeres in die gemeente gereël.

Wanneer: 4 Augustus 2018

Friday 20 July 2018

Thursday 19 July 2018

Wednesday 18 July 2018

Tuesday 17 July 2018

Monday 16 July 2018

Sunday 15 July 2018

Saturday 14 July 2018

Friday 13 July 2018

Wednesday 11 July 2018

Tuesday 10 July 2018

Monday 9 July 2018

Sunday 8 July 2018

Friday 6 July 2018

Thursday 5 July 2018

Dutoitspan se noot vir 'n noot...


(Hierdie artikel het reeds op 28 Januarie 2018 in die blog verskyn. Hier is die eerste drie paragrawe. Gaan lees gerus die res van die artikel hier.)

"Die gemeente se orrel vra na meer as 60 jaar dringende aandag. Niemand van ons is so gelukkig om nooit in 60 jaar dokter toe te gaan nie - in kort, ons kort nou die bekwame hande van 'n "orreldokter" en dit kos geld!

Die oplossing? 'n Orrelfonds! Ons kort dringend papiernote vir die kerk se orrelnote!!

Hiervoor benodig ons elkeen se heelhartige samewerking en toewyding. 'n Klein bietjie agtergrond oor die orrel, sal ons net meer motiveer as ons weet waarvoor ons werk."

Let your heart show the way...