Showing posts with label Kassier. Show all posts
Showing posts with label Kassier. Show all posts

Monday, 11 April 2022

150 genadejare: Terugblik - kassiere


Die kassiere wat die afgelope 150 jaar in die gemeente werksaam was, is:
1.   JH Liebenberg
2.   DEE Potgieter (1920-1927)
3.   J Vivier (1927-1931)
4.   PR Botha (1931-1935)
5.   J Lubbe (1935-1939)
6.   HG Gouws (1939- Jan. 1957)
7.   AJ Combrink (1957-1960)
8.   SJ Beukes (1960-net vir 6 maande)
9.   SW Pienaar (vanaf Julie 1961-Julie 2016)
10. J Genis (2016-huidig) 

Saturday, 26 February 2022

150 genadejare: Mnr. HG Gouws - 1972 se eeufeesbladredakteur


Mnr. Gouws was sedert 1929 lidmaat van die gemeente Dutoitspan. Hy het John Lubbe opgevolg as kassier en het hierdie posisie beklee van 1940 tot 1957. Hy dien terselfdertyd in talle kommissies van die kerkraad, verteenwoordig die gemeente tydens ringsittings en is 'n afgevaardigde na die Kaapse sinodes van 1965 en 1969 en die twee algemene sinodes van 1966 en 1970. Hy was ook lid van die skoolraad van Kimberley.

In 1929 begin hy sy onderwysloopbaan by die Laerskool Dutoitspan in Kimberley en vanaf 1939 tot en met sy aftrede in 1964 was hy die skoolhoof. 'n Onderwysman wat bekend was vir die ywer, takt, ewewigtigheid, deeglikheid en pligsgetrouheid waarmee hy sy taak volvoer het. 'n Eerbare en betroubare man, met 'n gematigde persoonlikheid.

Mnr. HG Gouws was die redakteur van die NG Gemeente Dutoitspan se eeufeesblad in

1972. Hy moes geweldig navorsing vir die blad doen en het notules, koerantberigte, Kerkbodes, verslae, ens. deurgewerk. Hy het die vorige predikante gekontak en met baie van die ouer gardes onderhoude gevoer, soos bv. Tannie Lizzie van Wyk, broerskind van die eienaar van die plaas waarop Dutoitspan-gemeente is, was in 1972 reeds 53 jaar in die gemeente. Sy het die voorreg gehad om op 'n betreklike hoë ouderdom deel te wees van die kerk se 100-jarige feesvieringe. Mnr. Gouws het ook die McGregor-museum besoek waar mev. H Geldenhuys, die gidslektrise van groot hulp was. Hy het dae in die argiewe van Kaapstad deurgebring - feite opgediep en gekruiskontroleer, deur al die stof gewerk en nagte geskryf aan 'n kosbare eindproduk, wat sommer die geskiedenis van Kimberley insluit.

In die wandel het almal hom oom Gouwsie genoem, 'n geliefde, beminde en gewaardeerde persoon.

Tuesday, 14 June 2016

Basaar-nabetragting!

2016 se basaar was die laaste een waar ek
werksaam was. Van nou af, gaan ek dit net
bywoon!!   
2016 se basaar het sy kwota koue gebring en al die Kimberliete is nie ewe dapper om die koue te trotseer vir heerlike outydse gemmerbier, poedings, pannekoek en braaivleis nie.

Verder het ek gedog dat die jongmense en kinders in groot getalle sal opdaag. Dis mos baie lekkerder om te basaar as om te studeer, maar hierdie ou omie was verkeerd.

Ons het julle gemis by die basaar. Maak 'n plan om volgende jaar in groot getalle op te trek.

En so merk ons nog 'n aktiwiteit op 2016 se kalender af. Om te basaar of nie te basaar nie, die gees is belangrik en die samesyn was heerlik.

Sunday, 8 March 2015

Dié pos het my gekies ...

Hoe het ek in hierdie pos beland?
Schalk Pienaar in die kantoor met 'n basaar!!


Ons het in Julie 1958 in Dutoitspan-gemeente ingetrek. Nie lank daarna nie, het ds. Smit na Kaapstad as argivaris na Kaapstad vertrek. Ds. WJ Steenkamp het hom as predikant opgevolg toe hy die beroep na Dutoitspan-gemeente aanvaar het. Hy het van Olifantshoek af gekom. en het sy intreepreek op 5 Februarie 1960 gegee - my verjaardagdatum!!

Die kassier op daardie stadium was mnr. Andries Combrinck. Hy was kassier van 1957 tot 1960. Hy word skielik verplaas en mnr. Saly Beukes neem as kassier oor. Ongelukkig kon hy net 'n paar maande aangaan, tot Junie 1961, toe hy ook verplaas word. Die skriba- en kassierwerk is deeltyds gedoen deur werkende persone, sodat die kerk nie 'n salaris aan die persone hoef te betaal nie. Hulle het slegs 'n honorarium gekry. Dutoitspan was nog nooit 'n ryk gemeente nie en moes in die verlede, net soos nou, sy sente omdraai om al die gate toe te stop.

Ds. Steenkamp het my genader en gevra of ek bereid is om oor te neem as kassier, aangesien ek op daardie stadium die enigste een in die gemeente is, wat 'n boekhouer was. Vir elke verskoning wat ek gemaak het, het hy 'n oplossing gehad. Op die ou end is ek sedert Julie 1961 in die pos aangestel en moes ek myself leer wat aangaan. My salaris was vir baie lank R15,00 (7 Pond 10) 'n maand, maar ek het dié werk met groot liefde gedoen.

Op daardie stadium was mnr. Piet Labuschangné, 'n onderwyser van beroep, die skriba van Augustus 1955. Na sy dood, het ek ook dié werkie gedoen. Tot en met 2011 was ek die skriba-kassier en het saam met verskeie predikante saamgewerk. Elmie Bean het by my oorgeneem as skriba.

As ek vandag terugkyk oor 'n leeftyd van diens, dan besef ek dat alles net genade is. Na 54 jaar is ek nog steeds in diens van die Dutoitspan-kerk.